Landbouweekblad 08 Jul 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

SOET VRUGTE Die ondertekening van ’n suurlemoenprotokol tussen Suid-Afrika en China sal R325 miljoen nuwe uitvoerwins en 800 werkgeleenthede vir Suid-Afrika beteken, lui ’n verklaring deur die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging. China sal nou ’n belangrike nuwe uitvoermark wees. Dit het ses jaar gekos om die hersiene protokol af te handel nadat die sitrusbedryf versoek het dat suurlemoene vrygestel moet word van die regulatoriese vereistes vir valskodlingmot aangesien hulle nie ’n gasheer vir dié plaag is nie. Suid-Afrika sal Argentinië en Chili, tans die Suidelike Halfrond se grootste suurlemoenuitvoerders na China, verbysteek wanneer die nuwe protokol in werking tree en sal teen 2024 sowat 25 000 ton suurlemoene per jaar soontoe uitvoer. TJIPS-TARIEF Twee voedselinvoerders het onder meer mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, hof toe gesleep nadat die hersiening van die…

1 min
propdief betrap

Die tweejarige Lady, ’n Jack Russell van mnr. Carl Schultz, Hartenberg Landgoed se wynmaker, is op heter daad betrap waar sy ’n sponsgatprop uit ’n wynvat probeer gaps het. Schultz sê dié jonge dame het toenemend met sponsgatproppe begin rondloop en hulle het eers gedink dis oortollige voorraad. Rubberproppe seël die gaatjie in die vat (die sponsgat) en beskerm só die wyn teen mikrobiese bederf en oormatige blootstelling aan suurstof. Lady, wat van ’n dieresorgorganisasie in Gordonsbaai kom, woon nou ses maande op Hartenberg en “werk” saam met haar eienaar, meestal tydens sekuriteitspatrollies, maar sy doen ook roetine-knaagdierpatrollies. Haar wel en weë kan op Hartenberg se sosialemedia-profiele gevolg word.…

landbouza210708_article_004_02_01
1 min
syfers

R3,9 mjd Dit was die Suid-Afrikaanse kosen drankbedryf se inkomste in April 2021, volgens inligting van Statistieke SA. Dit is 1 961% meer as April 2020 se R189,1 miljoen, toe die inperking weens Covid-19 ingestel is. In die drie maande van Februarie tot April 2021 het die bedryf se inkomste met 33,2% gestyg teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die verkope van kitskos en wegneemetes het die grootste bydrae gelewer tot die groei wat in dié drie maande aangeteken is. – Vida Booysen 5,2% Suid-Afrika se inflasiekoers in Mei 2021 was 5,2%, sê Statistieke SA. Dit is die eerste keer in 30 maande dat die syfer bo 5% gestyg het. Die styging word toegeskryf aan hoër voedselpryse asook ’n styging in vervoerkoste (wat brandstof insluit) en behuising. Kerninflasie, wat kos- en brandstofpryse uitsluit,…

1 min
in ’n blik

OP ’N EILAND. ’n Boom probeer moedig regop bly teen die aanslag van die elemente op ’n eiland in die verdorde dam op die plaas Grootfontein tussen Hanover en Richmond. Mnr. Frans Kock, plaaseienaar, vertel dat die dam voor die droogte so vol reënwater was dat hulle daarop kon waterski en waterponie ry. Visarende het vanuit hoë bome in die bos langs die dam uitgekyk en soms het flaminke in die water gedans. Sy oupagrootjie het die dam in die vroeë 1900’s gebou, waarna sy oupa die damwal hoër en breër gemaak het. Die dam, wat in die ou taal 300 morg groot is, het in 1974 en 1988 oorgeloop. Sedert 2015 het dit weens laer reënval begin leegloop en teen 2018 was dit kurkdroog. Kock, wat met Merino’s boer,…

landbouza210708_article_005_01_01
1 min
die ander sê

BRITTANJE se nuwe handelsooreenkoms met Australië bevat ’n klousule wat van belang kan wees vir Suid-Afrikaanse handelsowerhede, naamlik ’n perk van 15 jaar op die volume tariefvrye goedere wat kragtens die ooreenkoms toegelaat word. Dit is ’n nuwe bepaling vir Brittanje, en dié ooreenkoms kan ’n model vir toekomstige Britse handelsverdrae word. Die ekonomiese vennootskapsooreenkomste (EVO’s) tussen die Europese Unie (EU) en Afrika het voordele sowel as ontberings vir Afrikalande gebring. Nadat die EU se handelsooreenkoms met Suid-Afrika, wat tariewe op EU-hoendervleis oor 12 jaar uitgefaseer het, van krag geword het, was daar ’n vloed van pluimveeinvoer uit die EU. Geen kwotas word toegelaat nie en geen nuwe tariewe kan sonder die EU se toestemming ingestel word nie. Brittanje stel invoerkwotas vir 15 jaar vir ’n verskeidenheid Australiese landbouprodukte in om Britse boere…

landbouza210708_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Selfoonrekords kon ook in hierdie stadium ingespan word om van die ander verdagtes tot die sindikaat te verbind.’ MNR. JOHAN DE BEER van Senyaka Nyaka Sekuriteit oor 'n maande lange ondersoek waarin 17 lede van 'n veediefstalsindikaat vasgetrek is. Bl. 14 ‘Ons het elke jaar vir vier weke ’n droë periode, en dan moet die departement die kanale nagaan en seël waar daar lekplekke is. Hy doen dit nie meer nie.’ MNR. CHRISTO KOTZÉ, uitvoerende hoof van die Groot-Visrivier-watergebruikersvereniging, oor die departement van behuising, water en sanitasie se agterstallige instandhoudingswerk aan waterinfrastruktuur in die Oos-Kaap. Bl. 16 ‘Dit is baie frustrerend vir veeprodusente in die kwarantyngebied wat diere gereed het om te verkoop, veral die voerkrale, en hulle sukkel nou om geld te kry om die diere aan te hou voer.’ MNR. ANGUS WILLIAMSON, voorsitter…