Landbouweekblad 22 Jul 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

VEILINGVERLIGTING Die rooivleisbedryf het die opheffing van die twee weke lange verbod op lewendehawe-veilings weens covid-19 kort voor druktyd verwelkom. Sedert 11 Julie word samekomste by landbou- en wildveilings toegelaat, onderhewig aan die streng nakoming van gesondheidsprotokolle. “Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het hard agter die skerms gewerk om dit saam met ander belanghebbendes in die bedryf te versoek en te motiveer. Ons is dankbaar en sal baie hard werk om die nuwe biosekerheidsmaatreëls by veilings in werking te stel en toe te pas”, sê mnr. Koos van der Ryst, RPO-voorsitter. BORREL-HERRIE Die Franse is woedend oor ’n nuwe Russiese wet wat Franse sjampanjevervaardigers gelas om hul bottels as vonkelwyn te etiketteer — ondanks Frankryk se streng wette waarvolgens slegs dié land se vonkelwyn sjampanje genoem mag word. Rusland het onlangs nuwe wetgewing aangekondig waarvolgens…

1 min
konferensie nou aanlyn gehou

Die lesingsdag en praktiese dae van Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) en die Soil Health Support Centre se Jack Human Bewaringslandbouweek vind vanjaar alles aanlyn plaas. Vanjaar se tema is “Bewaringslandbou: waardetoevoeging deur ervaring en navorsing.” Van 4 tot 6 Augustus kan boere en ander belangstellendes ’n lesingsdag en twee praktiese dae aanlyn volg. Kaartjies kos R120 (webinaar en albei praktiese dae) en R50 as jy by net een van die praktiese dae wil inskakel. Kaartjies vir studente kos R80 en is geldig vir die webinaar en albei praktiese dae. Bespreek op Quicket by https://qkt.io/ J0rfHw en kontak events@landbou.com met navrae. Vir nog inligting oor die sprekers, besoek bit.ly/3wsouoX.…

landbouza210722_article_004_02_01
1 min
syfers

R1,5 miljard Die drankbedryf vra deur die Suid-Afrikaanse drankhandelsmerkvereniging (Salba) vir uitstel op aksynsbelasting van minstens R1,5 miljard weens die verbod op alkoholhandel. Salba verwag die verbod sal lei tot verlore kleinhandelverkope van R6,1 miljard, of 4,1% van 2021 se verwagte verkope. Soortgelyke versoeke deur die bedryf is reeds vorige kere toegestaan toe alkoholverkope weens covid-19 verbied is. Salba verteenwoordig onder meer Distell, Heineken, Diageo, Pernod Ricard en DGB. – Moneyweb 287 Altesaam 287 kleinskaalse suikerrietkwekers aan die KwaZulu-Natalse Noordkus het baat gevind by ’n gesamentlike ses jaar lange projek van Tongaat Hulett en die KwaZulu-Natalse departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake ter waarde van R74 miljoen. Daaronder is suikerriet gevestig op 3 000 ha private en kommunale grond. Die maatskappy het tegniese en finansiële steun verleen. Die provinsie het R51,8 miljoen…

1 min
in ’n blik

RAAKVAT EN VASVAT. Pakkers by die Mahela-groep se Junction-pakhuis in Letsitele, Limpopo, pak Midnight Valencia-lemoene met vinnige hande en geoefende koördinasie. Die groep is nou midde-in die besigste sitrusoes- en paktyd van die noordelike sitrusproduserende gebiede. In dié pakhuis word suurlemoene, lemoene en pomelo’s gepak. Saam met Mahela se nuwe pakhuis naby Ohrigstad, waar hoofsaaklik sagtesitrus, suurlemoene en lemoene sedert 2020 gepak word, is die totale pakhuisoppervlakte 20 000 m2 . Wanneer werkers dubbelskofte werk, kan 1 200 ton vrugte per dag gepak word. Die meeste hiervan is bestem vir die uitvoermark en gaan na Europa, Asië, Japan, die Midde- en Verre Ooste en Rusland. Die nuutste graderings- en sorteringstoerusting maak dit moontlik dat pakkers gelyktydig vrugte vir verskillende markte en eindbestemmings kan pak. Covid-19-maatreëls om werkers te beskerm, sluit…

landbouza210722_article_005_01_01
1 min
die ander sê

DIE algehele waarde van landbou-uitvoer het in 2020 met ongeveer 18% tot R169,2 miljard gestyg. Syfers van die Internasionale Handelsentrum dui daarop dat die waarde van landbou-invoer van R95 miljard in 2019 tot R97,9 miljard in 2020 gestyg het, dus met slegs 2,9%. Die sektor se positiewe handelsbalans van R71,3 miljard in 2020 was ’n allemintige 47,9% hoër as R48,2 miljard in 2019. In 2020 was die toptien beste bestemmings vir Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer Nederland, Brittanje, Botswana, Namibië, Mosambiek, Zimbabwe, China, Amerika, Lesotho en die Verenigde Arabiese Emirate. Die sitrusbedryf se uitvoerverdienste het van R20 miljard tot R25 miljard in 2020 gestyg. Suid-Afrika was in 2020 die wêreld se negende grootste mielieprodusent, maar die sewende grootste uitvoerder van dié kommoditeit. Die geskatte waarde van die mielie-uitvoer in 2020 was R9,6 miljard. Die totale mielie-uitvoer…

landbouza210722_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

MNR. GERHARD MEYER, bestuurslid van die Stompdrift-Kammanassie-watergebruikersvereniging, oor die benarde stand van besproeiingswater in die Klein-Karoo. Bl. 17 ‘Ek vermoed in die Vrystaat is die rede hiervoor dat die tekort in die begroting nie werk nou toelaat nie.' MNR. FRIEDL VON MALTITZ, boer van die Ficksburgomgewing, oor hoekom werk aan die provinsie se treurige paaie tot stilstand gekom het. Bl. 19 ‘Die bedryfsmarge vir aartappels oor ’n lang tydperk bly afneem omdat die inflasie-aangepaste prys oor jare heen sywaarts beweeg en die insetkoste baie vinniger as inflasie styg.’ MNR. WILLIE JACOBS, uitvoerende hoof van Aartappels Suid-Afrika, oor die kwesbaarheid van die plaaslike aartappelbedryf teen goedkoop invoer. Bl. 17 ‘Ons glo daarom dat die beleid rondom die alkoholverbod heeltemal onvanpas en lui was, omdat dit nie die fyner nuanses van verbruikspatrone en verbruikersgedrag in ag geneem…