Landbouweekblad 05 Aug 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

SPOG-BONSMARABUL HAAL R1,5 MILJOEN Up George Bonsmaras het dit op 22 Julie amper reggekry om sy eie Suid-Afrikaanse rekordprys vir ’n Bonsmarabul op ’n veiling te ewenaar toe die bul LAR17-399 vir R1,5 miljoen verkoop is op die 23ste produksieveiling van Up George Bonsmaras. Die rekordprys van R1,8 miljoen is in 2018 behaal. Die koper van die spogbul van R1,5 miljoen is Tambaraine (Edms.) Bpk. van mnr. Eloff Muller van Mosselbaai. Volgens mnr. Brandon Leer, die afslaer, is die bul uitsonderlik uit eie reg, maar sy stamboom maak hom nóg meer spesiaal. “Sy moeder is vir byna R300 000 verkoop en het nog uitstekende bulle gelewer. Sy vader en van sy broers is in die verlede vir groot bedrae op veilings verkoop. Dit is ’n kombinasie van ’n spesiale dier en…

landbouza210805_article_004_01_01
1 min
syfers

319 BlackRock, die wêreld se grootste batebestuurder, het in die jaar tot 30 Junie sy steun geweier aan 319 maatskappye se bestuur op grond van klimaatsoorwegings, teenoor 53 die vorige jaar. Die maatskappy sê in ’n verslag hy het 35% van 843 resolusies deur aandeelhouers gesteun, teenoor 17% die vorige jaar. Die maatskappy het twee derdes van resolusies oor die omgewing ingestem, teenoor 11% die vorige jaar, en sowat ’n derde van maatskaplike voorstelle, teenoor 7% die vorige jaar. – Bloomberg 20 000 ton Sowat 20 000 ton ingevoerde hoendervleis kon weens vertragings en struikelblokke ná middel-Julie se onluste nie van die Durbanhawe af versprei word nie. Die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) verwag dié volumes kan toeneem omdat nóg vragskepe met tonne ingevoerde hoendervleisprodukte reeds na Suid-Afrika onderweg was. Volgens mnr. Paul…

1 min
die ander sê

DIE jongste voorgestelde wysigings van artikel 25 van die Grondwet, wat einde Julie vir finale kommentaar gepubliseer is en vandeesmaand aan die nasionale vergadering voorgelê word, maak voorsiening daarvoor dat onteiende grond vir grondhervorming aan die staat oorgedra kan word en onbepaald in voogdyskap gehou word. “Hierdie konsepwetgewing stel die staat in staat om ’n nuwe kategorie van onteiening te skep. Amptenare sal kan besluit dat die grond van hierdie mense, wie se regte onseker is in kommunale grondbesit of in ander vorms van gemeenskaplike besit, die regte plek is om te begin met onteiening sonder vergoeding,” sê me. Tshepo Fokane, navorser van die Alliansie vir Landelike Demokrasie. “Ons ervaring van staatsvoogdyskap oor grond, al is dit net tydelike voogdyskap, is neerdrukkend en baie, baie kommerwekkend. Dit is asof die regering ons…

landbouza210805_article_005_01_01
1 min
in ’n blik

MET SNEEU GETOOR. Die sneeu lê wit op Toorberg agter die opstal van mnr. Roche en me. Lesley-Ann van Heerden op die plaas Doornbosch in die distrik Murraysburg in die Karoo. Die fotograaf Jan-Hendrik Swiegers sê die kwik het die oggend toe hy dié foto geneem het, tot -11 °C gedaal. “Die paaie was só gevries dat dit motors laat gly het. Om 11:30 was dit steeds -2 °C en die wind was snerpend.” Swiegers sê Toorberg, wat 2 270 m bo seespieël is, is die einste Toorberg van die gelyknamige roman deur Etienne van Heerden, wat op Doornbosch grootgeword het. Toorberg is deel van die Sneeuberg-bergreeks. Die Van Heerdens is die vyfde geslag op die plaas en boer met beeste en Merino’s. Die distrik ervaar ’n besonder koue winter,…

landbouza210805_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Hierdie uitspraak het net op die regte tyd gekom.’ MNR. THEO BOSHOFF, hoof van regsintelligensie by Agbiz, oor die appèlhof se beslissing dat inspeksiedienste behoorlik moet konsulteer oor hul heffings. Bl. 14 ‘Uit eie ervaring word die hulp nie regverdig onder boere versprei nie. ’ MNR. DOUG STERN, voorsitter van Agri Oos-Kaap, oor die jongste rampdroogteverklaring en wat dit vir boere kan beteken. Bl. 16 ‘Rentekoerse beweeg wel sywaarts, maar ons sien al hoe meer dat banke versigtig is en hul aptyt vir risiko verminder.’ MNR. FRANCOIS STRYDOM, uitvoerende hoof van Senwes, oor een van die faktore wat boere se insetkoste in die komende seisoen drasties kan verhoog. Bl. 18 ‘Die rondloperdiere is ’n ernstige probleem vir die biosekerheid van kommersiële boere se vee.’ MNR. COERT JORDAAN, voorsitter van die Komgaboerevereniging, oor dié probleem wat voortduur ondanks…

3 min
|redakteursbrief

ANDERKANT DIE REËNBOOG VERMORSING Op pad terug van die Wildekus af ná ’n paar dae se visvang saam met die seuns is dit opvallend hoeveel nuwe huise in die golwende landskap van die voormalige tuislande Transkei en Ciskei gebou word. Dit is nie die ou modderrondawels van my kinderjare nie, maar netjiese baksteenhuise. Baie het ’n paar buitegeboue en almal het watertenks en ’n omheinde lappie grond. Die koste om al dié huise te bou, moet honderde miljoene rand beloop en is ’n ironiese behuisingsontploffing te midde van ’n vuisvoos ekonomie. Van die groter huise is danksy staatsalarisse, maar baie van die kleiner plekkies is seker van mense wat in Gauteng of die Wes-Kaap werk en hul spaargeld gebruik om ’n aftreeplekkie te bou. Wat egter vir baie mense soos ’n bate mag…

landbouza210805_article_006_01_02