DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
HULP NÁ BRAND Suid-Vrystaatse boere ontvang ’n skenking van 22 ton voerkorrels van die voermaatskappy Nutrifeeds nadat hul winterweiding op 12-13 Julie deur ’n brand verwoes is. Boere het ook ’n skenking van veemedisyne ontvang. Vrystaat Landbou (VL) beraam die waarde van weidingsverliese op sowat R345,5 miljoen. Die vroeë beraming van die verlies aan vee en infrastruktuur beloop sowat R33,5 miljoen. Me. Santa Ferreira, nasionale bemarkingsbestuurder by Nutrifeeds, sê dit is vir die maatskappy belangrik dat soveel diere moontlik in die gebied behou word. Mense wat wil help, kan VL se webwerf besoek by vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund/. Lees ook die berig op bl. 20. — VIDA BOOYSEN DRAF VIR SONKRAG Die Laerskool Calvinia beoog van 27-29 Augustus ’n aflosresies wat 5 km buite Calvinia begin en via die Tankwa-Karoo tot in die Paarl strek om geld…