DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
SILO WORD KLINIEK Vierhonderd plaaswerkers is verlede maand teen covid-19 ingeënt by Senwes se Geneva-silo by Kroonstad. Die inentings het geskied danksy die aanvoorwerk van mnr. Jaco Els, ’n boer van die distrik, wat met die Fezile Dabe-distriksgesondheidsdiens gereël het om plaaswerkers van verskeie plase hier te laat inent. Covid-19-gevalle het teen druktyd ’n opwaartse neiging getoon in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-, Noord- en Wes-Kaap. FOTO: JACO ELS LA NIÑA KOM Daar is tans ’n 70%-kans dat ’n swak tot matige La Niña-weerverskynsel van September of Oktober gaan begin voorkom. Dit sal voortduur tot ongeveer die herfs van 2022, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Volgens hom is die veranderlikes in die Indiese Oseaan tans baie gunstig vir somerreën en vir ’n vroeë aanvang van die somerreënseisoen. “Voorspellings dui…