IN ’N BLIK
PRESISIEVLUG. Koringlande in die Swartland word bespuit met swamdoder, wat ook boor in die mengsel het. Mnr. Jaco Smit, sakeman en deeltydse boer van die Swartland, het die foto geneem terwyl mnr. Michael Orsmond, vlieënier van WP Oesbespuiting, koring op die plaas Witkei tussen Malmesbury en Moorresburg bespuit het. Dit is koring van mnr. JP Truter, wat die plaas huur. Smit sê die Swartland ervaar tot dusver ’n baie goeie seisoen. “Die gesaaides lyk vanjaar ekstra mooi.” Hy is ’n ywerige fotograaf en neem graag foto’s wanneer hy nie boerdery verpligtinge het nie. Hy en sy seun, Theo, is Angus-stoetboere en boer ook met Hampshire Down-stoetskape. Hulle saai net vir voer vir die beeste en skape. Smit sr. is ook die direkteur van Taurus-Evolution wat genetiese materiaal reg oor Suid-Afrika…