IN ’N BLIK
GEMEENSKAPSDIENS: Die afslaermaatskappye BKBVanWyk en BKBLouwid, asook OVK en Vleissentraal het onlangs oorgeskuif na die unieke Hoëveld-veilingsentrum naby Standerton. Hier sal voortaan elke Vrydag veiling gehou word. Mnr. Frik Verster, hoof van BKBVanWyk, is die baasbrein agter die ontwerp van die planmatig geboude sentrum wat saam met BKB en Frik Verster-trust opgerig is. “Ons kon nie meer staatmaak op basiese dienste soos krag, water en kommunikasie by die munisipale geriewe nie,” vertel Verster. “Om ons gemeenskap reg te dien, wou ons ook al ons afslaers saamvat. Ons boere verdien ’n beter markplek.” Die nuwe veilingskrale is oorgehaal om voldoende naspeurbaarheid te kan uitoefen om veilings te kan hou al is daar ’n uitbreking van bek-en-klouseer. “Ons het behoorlike dakke en modern laaibanke, en voldoen aan al die vereistes van dieresorgorganisasies,”…