IN ’N BLIK
NUWE LEWE VIR OU STAATMAKER. Met die nuwe generasie katoenstropers kry boere ’n plukker-en-baler, maar teen ’n stewige prys. Baie katoenboere het vasgebyt met hul ou stropers en katoen in tradisionele modules bekend as brode aan pluismeulens gelewer. Dit is egter moeilik om te hanteer en duur om te vervoer. Daarom word dit nou uitgefaseer.Net toe dit lyk of ’n klomp goeie, betroubare katoenstropers waardeloos gaan word, het mnr. Petrus Nel van Drawid Agri nuwe lewe aan die ou stropers gegee met sy Drawid Agri-katoenbaler. Dit maak ronde katoenbale van 1,5 m x 1,2 m wat 550 kg weeg, soos hierdie een wat Nel (voor) saam met een van die eerste eienaars van ’n nuwe baalmasjien, mnr. Jan Young van Roedtan, aanrol na die oplaaipunt. Lees binnekort die volle storie…