IN ’N BLIK
PANNEKOEK VIR JOU? Mnr. Stephan Coetzee, eienaar van die Coetzrand Brahman-stoetery by Carletonville, voer ’n rooi Brahman-bul ’n stukkie pannekoek tydens die BKB-Afrika-lewendehawe-ekspo wat op Parys gehou is. Die bul het nie hierdie kans laat verbyglip nie en het die pannekoek gretig verorber. Die skou is een van die min landbouskoue in die noorde van Suid-Afrika wat sedert sy ontstaan drie jaar gelede nie deur die covid-19-pandemie ontspoor is nie en elke jaar sterker anderkant uitgekom het. Altesaam 618 beeste — 422 Brahmane, 170 Simbras, 14 Santa Gertrudis en 12 Limousines — is vir die skou ingeskryf wat vanjaar die derde keer gehou is. Die Brahman-genootskap het ook sy nasionale veiling daar gehou, terwyl die SA Vleismerino-genootskap ’n jongramveiling aangebied het.…