IN ’N BLIK
VERSKROEIDE AARDE. Een van die 20 bastergemsbokke wat mnr. Tienie Neethling en sy seun, Paul, van die plaas Langberg buite Kimberley, einde September in die verwoestende brande verloor het. Twaalf van die bastergemsbokke wat gevrek het, was kalfies van jonger as drie maande. Die Neethlings het ook agt beeste, vyf koedoes, 20 rooibokke, 10 steenbokke en 10 duikers verloor. In dieselfde week is aangekondig dat die wysigingswetsontwerp op Nasionale Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998) weer voor die parlement sal dien nadat die kabinet dit goedgekeur het. Dié wetsontwerp maak onder meer voorsiening vir die skep van strukture in die openbare sektor en op gemeenskapsvlak om samewerking te bevorder om die risiko van veldbrande te verminder, asook doeltreffende voldoening aan wetgewing en wetstoepassing. Dit is nog nie duidelik hoe…