IN ’N BLIK
SWAARGEWIGTE. Dié twee reuse-osse wat saam 2,5 ton geweeg het, is saam vir bykans R100 000 opgeveil tydens die Windhoek-skou om geld vir die skou se beestekomitee in te samel. Gentle Giant (links), ’n kruising tussen ’n Chianina-bul en ’n Simbra-tipe koei, het lewend 1 290 kg (droë gewig) geweeg en 816 kg (warm gewig) uitgeslag. Big Blue (regs), ’n Belgiese Blou-Simbra-kruising, het lewend 1 180 kg en 760 kg aan die haak geweeg. Tussen dié twee staan ’n Beefmaster-tipe koei van 602 kg. Mnr. John Pearson van die Brakwater-abattoir by Windhoek het albei karkasse gekoop. Mnr. Sigi von Lüttwitz, voorsitter van die skou se beestekomitee, sê hulle het sowat R10 700 verdien uit lootjieverkope om die osse se gewig te raai, en die 7%-veilingskommissie wat die Wagnouboerdery, wat die…