IN ’N BLIK
KOP EERSTE! Die wees witrenosterbul Oz, wat ’n lywige een ton weeg, is die eerste renoster om ’n CT-skandering in Suid-Afrika te ondergaan. Oz is sedert 2015 by die Care for Wild Rhino Sanctuary, waar ’n swelling vroeër vanjaar in sy gesig opgemerk is. Danksy verskeie betrokkenes, soos me. Petronel Nieuwoudt van Care for Wild, dr. Albertus Coetzee van West Acres-dierehospitaal op Mbombela (Nelspruit), dr. Jacques O’Dell, wildlewe-veearts en senior dosent en wildlewe-klinikus van die Universiteit van Pretoria (UP) se departement produksiedierestudies, prof. Gerhard Steenkamp, veeartsenykundige tandartsspesialis en maksillofasiale chirurg (gesig en kake) aan die UP, en mnr. Louis van Wyk van Wildlifevets.com is Oz na die Onderstepoort Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal in Pretoria gebring. Die CT-skandering het ’n tandwortelabses getoon, waarvoor hy toe behandel is.…