IN ’N BLIK
TWEE BEOORDELAARS. Die nege maande oue Fran-Maré Rossouw het alte lekker saam met haar pa, Francois, geskou tydens die Oos-Kaapse Vleismerinokampioenskap wat op die Cradockskou aangebied is. Saam met hulle is, van links, mnre. Lawrence Kalipa en Pietman Lande (hanteerders) en Cor Uys, een van die beoordelaars. Francois, wat opgetree het as junior beoordelaar, sê Fran-Maré is nog ’n bietjie jonk om alleen saam met hom op die plaas, naby Tarkastad in die Oos-Kaap, rond te ry wanneer hy boer, maar sy is gereeld saam met hom as hy by die huis met die skape in die kraal of in die skuur werk tydens skeer, die weeg van die skape of kunsmatige inseminasie. Die skou was die eerste geleentheid waarby Francois as beoordelaar betrokke was. Hy skou self en het…