IN ’N BLIK
OORVLOED. “Dit voel asof ek ’n groot geskenk gekry het om van ons mooi wêreld foto’s te kan neem. Ek wens net ’n mens kon die reuk van die laatmiddagson en die ryp graan ook vasvang,” sê me. Amelia Uys, wat dié foto van oestyd vroeg vandeesmaand op haar en haar man, mnr. Josef Uys, se plaas, Weideland naby Heidelberg in die Suid-Kaap, geneem het. Die plaas word tans verhuur aan mnr. Jacobus Human, wat hier besig is om koring te oes. Uys neem graag foto’s van landboubedrywighede in die omgewing, en dié foto is ook wyd op sosiale media gesien. Boere by Heidelberg is tans volstoom besig om te oes. Volgens Uys is dit ’n oorvloedige jaar en is hulle opreg dankbaar teenoor hul hemelse Vader. Volgens die Nasionale…