IN ’N BLIK
KURKDROOG. Een van die treffende hommeltuigfoto’s in die fotojoernalis Marzahn Botha se boek Lafenis in die droogte is van ’n toegeslikte Nqwebadam buite Graaff-Reinet. Sowat 43% van die dam is toegeslik. Volgens dr. Gideon Groenewald, hoofgeoloog van Gift of the Givers, is 75 000 dooie visse teen September 2019 uit die dam opgetel en weggery. “ ’n Mens kon die droogte ruik … Saans het die wind in die riviervalleie afbeweeg. Jy kon nie meer leef op die dorp nie.” Nou, ná twee jaar, sê hy die waterprobleem op die dorp is opgelos. “Graaff-Reinet is weer aan die gang. Die grootste probleem is die omliggende plase. Die droogte is hoegenaamd nie gebreek nie.” Die sikloon Eloise het die enigste somerreën in die streek gebring, maar Graaff-Reinet het buite dié reënvalsirkel…