IN ’N BLIK
HOOP IN DIE DORHEID. SA for Hope, ’n organisasie sonder winsoogmerk, het op 20 November met voer, water en kruideniersware na die De Bad-boeregemeenskap by Calitzdorp in die Klein-Karoo uitgereik om broodnodige verligting te bring. Mnr. Pieter du Plessis, direkteur van SA for Hope, sê terwyl die voortslepende droogte ’n verwoestende effek op boeregemeenskappe het, bring dit ook Suid-Afrikaners wat wil help, bymekaar. Die organisasies Role-models Foundation en We Are South Africans het met SA for Hope saamgewerk en meer as 50 voertuie was deel van die uitreik. Terwyl sowat 100 mm reën onlangs op onder meer Oudtshoorn aangeteken is, wag De Bad nog op noemenswaardige reënval. Mnre. Jaco Mei-ring, ’n boer, en Jordan Julies, ’n plaaswerker, sê die skenkings gee hulle weer hoop dat dinge beter sal raak, al…