IN ’N BLIK
ÓP VIR VRUGTEDIEWE. Ongeveer 65 boere en plaaswerkers van die Paarl in die Wes-Kaap het op 6 Desember te midde van ’n sterk polisieteenwoordigheid vreedsaam betoog by die borgtogaansoek van mnre. John Woest en Jan (JT) Basson, die twee boere wat aangekla is in verband met die skietdood van mnr. Chatwell Rogers op 30 November. Rogers het na bewering vrugte op hul plase gesteel. Volgens boere in die omgewing voer gewapende diewe ’n skrikbewind in die omgewing. Mnr. Uys van der Westhuizen, voorsitter van Agri Wes-Kaap se landelike veiligheidsbeleidskomitee, sê hulle het al talle kere met die owerhede hieroor vergader, “maar ooglopend is dit nie ernstig opgeneem nie”. Hy meen die plaaslike owerheid moet verantwoordelikheid aanvaar. Teen druktyd (6 Desember om 14:00) was die uitslag van die borgtogaansoek nog nie…