DIE WEDUWEE SE KRUIK
Daar is darem geen beter gevoel as wanneer ’n stuk tegnologie werk nie. Jou .308 se nuwe teleskoop vir die Karoovlaktes of ’n katrol wat uiteindelik jou aas moeiteloos in die blou water agter daardie verste rotsrif kan kry. Of miskien nog beter – ’n stuk gereedskap, plan of iets wat jy self prakseer wat die boerdery net daar bietjie lekkerder maak. Die diep bevrediging elke keer dat jy daardie stukkie tegnologie kan gebruik. Daar is geen einde aan tegnologiese innovasie nie. Die een of ander tyd is daar altyd ’n nuwe insig wat tot ’n verbetering lei. Koop vandag die mees gevorderde stroper, soos BP Greyling van Wakkerstroom (bl. 58), en binne ’n paar jaar is daar weer iets nuuts op die mark. ’n Weduwee se kruik van vernuwing, aangevuur…