EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
LééfLééf

Lééf

January 2017

Lééf is vir die hart en siel. Dit is ‘n Afrikaanse vroue tydskrif vir die moderne vrou wat geestelike pitkos soek vir alles oor haar lewe en haar omgewing. Die tydskrif bied aan konstruktiewe artikels en stories wat ‘n riem onder die hart is. Dié tydskrif het ook skoonheid en mode wenke, gesondheid en finansiele raad, reis artikels, raaisels en veel meer.

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R412,80
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
na aan my hart

‘God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug’ PSALM 62:8Vandag is gepas ’n grys en bewolkte dag. Die voëls in die bome voor die venster is stil. Tot laatnag nog het bemoedigende boodskappe van vriende en geliefde kollegas my foon laat piep. Ek self het gesukkel om aan die slaap te raak, want gister het ons finaal verneem dat Lééf nie langer as hierdie uitgawe sal bestaan nie.Vir my voel dit soos die afstaan van ’n geliefde aan die dood en ek beleef die fases van rou in die bestek van ’n enkele dag. Lééf was vir meer as 11 jaar die middelpunt van my daaglikse doen en late. My opstaan en my slaap is dikwels deur die ritme van die…

access_time1 min.
ons raak saam kreatief!

1 Delene du Plooy, Mariaan Muller, Estie de Beer; Nicole de Beer, Izaan de Beer, Suné Conradie VOOR Janke Muller & Nareanka Lombaard2 Belinda Smit, Tersia Borageiro, Susan Kühn, Cindy Sutherland & JP Kühn,3 Elmé Swanepoel & Riana Strauch4 Charmaine van Jaarsveld & Esther Oosthuizen5 Marilette Kriek, Sanet Kotzé & Amorie van Rooyen6 Derika Volpi, Anél Sticker-Bessenger & Yolandi Ferreira ■…

access_time1 min.
woord uit die woord

Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting!’ PSALM 59:10Wat is jóú gunstelingwoord in die Bybel? In samewerking met afrikaans.com, waar Afrikaans gevier word, vra ons lesers om hul gunsteling- Afrikaanse Skrifgedeelte of woord in die Bybel te deel. Vandeesmaand se woord is hoop. hoop s.nw [geen mv] 1 verwagting: vooruitsig; iemand hoop gee; goeie hoop hê. 2 dit waarvan mens iets goeds verwag: vertroue dat jou verlange/verwagting werklikheid sal word; jou hoop op sukses stel. Die hoop beskaam nie: heel dikwels kry ’n mens waarop jy hoop. (HAT, 6de uitgawe, Pearson 2015) Lees meer op afrikaans.com of sê jou sê op ons Facebookblad, www.facebook.com/leef.tydskrif ■…

access_time2 min.
sit jou hart op papier

Loop en vraOp Kimberley het mense gereeld aan ons voordeur kom klop vir hulp. Ons het nooit geld gegee nie, maar ná ’n werkie sou ons help met kos, klere, komberse, ’n warm bad en soms ook skoolgeld betaal.Een vrou bly my deur al die jare by. Sy het gereeld kom vra en geduldig met die tuinvurkie onder die koelteboom gesit en onkruid uithaal terwyl ons vir haar tee gemaak het. Soms het ek by haar gaan sit en gesels en my verwonder aan haar lewenstorie en wyshede.Die alkohol het geleidelik sy tol begin eis. Een oggend staan sy weer daar en sê: “Ek is net iemand wat loop en vra.” Van toe af sou “Loop en vra” sonder die tuinvurkie onder die koelteboom sit, haar tee geniet en ’n…

access_time1 min.
wenbrief!

Wen! Nadia wen Placecol se Clearing Scrub Mask 50 ml (R285), Clear Skin Therapy 30 ml (R305) en Spot-On Therapy 15 ml (R200).Nooit alleenOns verdwaal so maklik in die chaotiese wêreldgebeure en situasies wat ons lewe ruk. In die verwarring voel dit of ons soos ’n veertjie in ’n sikloon rondgeslinger word. Dan word “weet” en “vertrou” ’n vae herinnering wat in die verskrikking van onsekerheid verlore gaan.Maar as die gemene wind van siekte, ’n stukkende huwelik, finansiële sorge, opstandige kinders of gebroke verhoudings jou hare pietsend in jou oë waai, is dit tyd om weer vir ’n oomblik stil te staan en te onthou hoe belangrik dit is om terug te kyk na God se geskiedenis en Sy ontwyfelbare teenwoordigheid in jou lewe. Om die jotas en kleinste…

access_time3 min.
dit wat bly

(ILLUSTRASIE Hanlie Kotze)Die geliefde, ou kelim voel bekend onder my hande toe ek dit uit die stoorkamer gaan red. Alles om my in ons nuwe woonplek is nog woes en leeg. Maar die uitrol van die mat help. Ek is skielik meer tuis, ’n Bedoeïen wat ná ’n lang dag op ’n kameel se rug met sonsondergang weer haar eie mat onder haar voete voel.’n Mens moenie vaskleef aan jou goed óf jou verlede nie. Maar die kelim laat loop my kop soos ’n bok op sy bekende paadjie water toe.Ek is skaars tien toe Ma die dag ons al vyf in die kar bondel om te gaan mat koop in die Kaap. Die vooruitsig om in die stad te kom, is genoeg om my die vorige nag omtrent nie…

RECENT ISSUES

help