EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
LééfLééf

Lééf August 2016

Lééf is vir die hart en siel. Dit is ‘n Afrikaanse vroue tydskrif vir die moderne vrou wat geestelike pitkos soek vir alles oor haar lewe en haar omgewing. Die tydskrif bied aan konstruktiewe artikels en stories wat ‘n riem onder die hart is. Dié tydskrif het ook skoonheid en mode wenke, gesondheid en finansiele raad, reis artikels, raaisels en veel meer.

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R412,80
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
na aan my hart

‘Wat as jy vandag wakker word met slegs dié dinge waarvoor jy gister dankbaar was?” vra die aanbieder van die oggend se verrigtinge. Ek is ’n gas by die bekendstelling van vanjaar se SPAR Women’s Challenge Pretoria. Dis ’n oggend vol inspirasie en bemoediging. Vanjaar is die tema van hierdie bekende padwedloop “dankbaarheid”. Ons luister na drie jongmense wat onder meer die gebruik van hul ledemate verloor het. Hul dapperheid en positiewe ingesteldheid is verstommend! Die trane wel op as ek dink aan my eie kinders en alles wat ek het om voor dankbaar te wees. Met ’n oorvol hart en gemoed arriveer ek by my volgende afspraak vir die dag. Ek is genooi vir ’n behandeling by die nuwe Rain Africa Day Spa in Brooklyn, Pretoria. Ek word gul ontvang…

access_time1 min.
ons 10de nikon-hartfotofinalis!

Maarten Brits (21) van Polokwane is die Augustus-wenner in ons Wys jou hartfotokompetisie saam met Nikon in Suid-Afrika. Hy het die trekker afgeneem terwyl sy pa die lande spuit, maar hy en sus Marijke het eers ná tyd die hart in die wolke gesien. “My broer se liefde vir die plaas is so groot soos daai hart,” sê sy. WEN! Stuur vir ons jóú mooiste foto van enige hart! Elke maandwenner wen ’n COOLPIX L320 van R1600. Die algehele jaarwenner kry ’n Nikon D3200 DSLR-kamera plus 18-55mm VR-lens en kamera-opleiding van R7 100. Tweede en derde plek wen elk ’n Nikon COOLPIX P520 van R4 000. SÓ NEEM JY DEEL 1 Stuur jou foto (300 dpi) per e-pos na foto@leef.co.za of pos dit na Léé/Nikon-wedstryd, Posbus 785240, Sandton 2146. 2 Sluit jou volledige…

access_time3 min.
sit jou hart op papier

Wenbrief! Die pragtige gewaarwording Ek is in Hanoi, hoofstad van Viëtnam. Dis baie ver van Afrika, nietemin het ek vanoggend op die maat van Afrika-musiek gedans; voor in die kerk, asof ek weer in Malawi is. Dit was ’n Afrika-praise and worship in die hartjie van Hanoi. Daar was selfs Mandela-passies betrokke. En moontlik ’n hoë “lalalalalaleeee” Ons dien regtig ’n God sonder grense. ’n Kleurblinde God. ’n God wat dansende massas liefhet, maar ook stilswyende sittendes koester. ’n God met ’n humorsin. Ek is seker Hy kyk af en lag vir my met sagte oë en ’n fluweelstem fluister Hy: “Ja, Marais, dat Ek jou nou so ver moes wegstuur om My so te ervaar – asof Suid-Afrika nie divers genoeg is nie.” Partykeer is iets seker so voor die hand liggend dat…

access_time3 min.
oral & altyd

Immaculée. Immaculate. Suiwer. By haar geboorte in Rwanda in 1972 kon Immaculée Ilibagiza se ouers beswaarlik raai hoe gepas die naam is wat haar pa vir sy enigste dogter gekies het. Later in haar lewe sou haar dorstige soeke na die Here te midde van enorme donkerte en verlies haar behoud wees. Die bykans instinktiewe keuse van ’n jongeling wat haar pad suiwer bly hou het deur dit na die Woord te hou – dit was al wat sy in haar hart kon bêre toe sy niks anders kon saamvat nie. Nie haar pa of haar ma of hul huis nie. Nie haar lieflingbroer of haar belowende akademiese loopbaan nie. En ook nie haar steierende land nie. Terugskouend was die Franssprekende Immaculée se lewe byna ondraaglik soet voor die Rwandese menseslagting…

access_time2 min.
vir augustus

‘Geloof is nie om te glo God kán nie, maar wel dat God sál’ANONIEM‘Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is’SPREUKE 4:18‘Elke loot aan my wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nóg meer vrugte kan dra’JOHANNES 15:2‘Vrees minder, hoop meer… kla minder, haal meer asem, praat minder, sê meer, haat minder, wees meer lief – en goeie dinge sal na jou toe kom’SWEEDSE SPREEKWOORD‘Niemand begaan ’n groter fout as hy wat niks gedoen het nie, omdat hynet ’n klein bietjie kon doen’EDMUND BURKEDra dié maand ons skone land en mense op die hart, met dank en lof vir God se seën oor iedereen Dagboek 4-6 Die !Naba-kos-en-wynfees word by…

access_time8 min.
my hart klop in die bosveld

SY HANDEWERK “Die Bosveld is soos ’n ander planeet, ver weg van stede, selfone, ligte en tegnologie. Jy raak weg in elke sonsondergang en glo jy aanskou die handewerk van God” Die bekroonde TVaanbieder en rolprentmaker Bonné de Bod glo die Bosveld hou ’n besonderse bekoring in vir elkeen wat daarvoor lief is. “Vir my is dit waar ek hoort. Dit is die plek waar ek die naaste aan my Skepper voel” Deur haar werk kan Bonné haar droom om die wêreld as ’n beter plek agter te laat met ander Suid-Afrikaners deel. Sy is veral bekend vir haar betrokkenheid by die natuurlewetelevisieprogram 50/50 en haar dokumentêre rolprent Stroop waarin sy die renosterstroopkrisis in diepte ondersoek (die fliek word in September vanjaar uitgereik). “Ek het van kleins af geweet ek wil ’n belangrike…

help