EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
LééfLééf

Lééf December 2016

Lééf is vir die hart en siel. Dit is ‘n Afrikaanse vroue tydskrif vir die moderne vrou wat geestelike pitkos soek vir alles oor haar lewe en haar omgewing. Die tydskrif bied aan konstruktiewe artikels en stories wat ‘n riem onder die hart is. Dié tydskrif het ook skoonheid en mode wenke, gesondheid en finansiele raad, reis artikels, raaisels en veel meer.

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R412,80
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
na aan my hart

“Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!” (Lukas 2:10-11) Ná ’n paar dae se lekker buie somerreën, is die stad skoongewas en is die tuin weer in lieflike skakerings van groen getooi. Vir die eerste keer in weke voel ek hoe ek vry asemhaal en ’n groot stuk hoop weer in my hart begin posvat. Die Kerstyd is op ons. Ter voorbereiding op die Kaapse span se besoek aan Johannesburg, word die groot kartondose met Kersversierings van die boonste rak in die waskamer gehaal en uitgepak. Van die versierings is al jare oud, maar vir my steeds bekoorlik. Daar’s geverfde houtengele wat…

access_time3 min.
sit jou hart op papier

Wenbrief! Die krag van musiek Ek besit ’n musieksentrum op Bothaville en is tans 13 weke swanger. Wat ’n voorreg om my baba elke dag die beste stimulasie te kan gee terwyl ek werk. Liedere – van Bach, Beethoven en Chopin tot Die eensame herder van James Last en moderne musiek soos David Foster se komposisie St Elmo’s fire – sorg dat ek en my baba rustigheid het oor die lewe. Omdat musiek jou gemoedstoestand kan verander, is dit maklik om elke dag in ’n vrolike stemming te leef en die mooi in die lewe te sien en hoor. Gebruik musiek, dit is daar vir ons, want selfs al bespeel jy nie self ’n instrument nie, het ons die tegnologie tot ons beskikking. Laat ons dus God se Naam loof en prys. Soos…

access_time3 min.
nuwe asem

A an die einde van ’n jaar erken baie mense hulle het nou eers genoeg gehad. Jy hét probeer keer, maar jou voete begin sleep. Sat geloop oor die skerptes van menswees en al die werk en kwelvrae. Ons raak “te klip om te boom”, lui die titel van ’n D.J. Opperman-gedig. In die lig hiervan verras ’n onlangse skrywe van ’n vriendin wie se siekte haar nie veel genade betoon nie my des te meer: “Ek het mos ’n avokadoboom wat ons nie uitgeroei kry nie,” vertel sy. “Al alles probeer. Ek sê vir my broer ek voel soos ’n moordenaar. Die boom is gemaak om te groei en vrugte te dra en dis al wat hy verstaan. “Maar my erf het nie ’n grensdraad nie en so het my gelukkige,…

access_time2 min.
vir desember

‘U is die bron van die lewe, deur U lig lewe ons’ PSALM 36:10 ‘U is waarlik die seun van God’ MATTEUS 14:33B ‘Die Advent maak mense núwe mense’ DIETRICH BONHOEFFER ‘Die krag van geloof skyn dikwels die blinkste in ’n brose mens’ AUGUSTUS HARE ‘Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring’ JESAJA 9:6 ‘Solank ons in ons hart weet wat Kersfees behoort te wees, sal daar Kersfees wees’ ERIC SEVAREID Dagboek 24 Nov.-2 Des.Geniet plattelandse gasvryheid en kies pragtige geskenke by die Kersmark van die Volle Evangelie kerk op Louis Trichardt. Toe-gang is gratis met volop veilige parkering. Bel Heleen by 072 550 4614 of besoek www.krismiskous.co.za 8 Des.-8 Jan. Die Witsand-Kersmark in die historiese wolskuur op die Breedezichtlandgoed het vanjaar sowat 150 uitstallers onder een dak met enigiets van handgemaakte…

access_time8 min.
liefdesduet

‘Baie mense vertel ná ’n vertoning hulle kan sien hoe lief ons mekaar het. Dáárin lê ons persoonlike getuienis’ Anders as soveel ander glanspaartjies kies Wynand en Chereé Strydom om hul gesin ver van die stadsgewoel groot te maak. Dit beteken wel baie ure op ’n vliegtuig, maar nie een van hulle sou dit anders wou hê nie. “Kyk, dis baie makliker om in die stad te woon,” sê Chereé (37), “veral in Pretoria, wat die hart van die bedryf is, maar ons vertonings is dwarsoor Suid-Afrika, so reis moet jy reis. Dis dalk moeiliker op die platteland, maar ons sal dit vir niks verruil nie.” Wynand (41), of Wynie, soos Chereé liefderyk na hom verwys, stem saam. “Ons is net ’n vlug weg van enige vertoning.” Die Strydoms woon al tien jaar…

access_time6 min.
om ons kers tafel

Dis ’n sondeurdrenkte somersdag. ’n Briesie speel in die koeltebome. ’n Duif kom neem klein slukkies by die waterfontein agter die laventelbos. Die tuin weerklink met voëlgesang. Die Lééf-span kon nie ’n mooier dag bestel het vir ’n luilekker kuier om ’n langtafel op die stoep van redakteur Christine Ferreira nie. Van vroeg af woel dit in huis en tuin, laaste voorbereidings en grimeersessies, spelende kinders en honde wat saam poseer vir foto’s. Die redaksionele bestuurder, Veronika van den Berg, se spruite, Kara (1) en Lia (3), is siervol getooi met bloekomblaarkrone. Almal dra wit. Want dis Feestyd, Christustyd, en die span kan uitspan en vergeet van spertye. “Ontspan” nooi ’n gebuigde draadwoord voor ’n pot in ’n hoekie in die tuin. Peace en Joy weerskante van die skuifdeure eggo die vredesboodskap. Kom sit…

help