EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
LééfLééf

Lééf November 2016

Lééf is vir die hart en siel. Dit is ‘n Afrikaanse vroue tydskrif vir die moderne vrou wat geestelike pitkos soek vir alles oor haar lewe en haar omgewing. Die tydskrif bied aan konstruktiewe artikels en stories wat ‘n riem onder die hart is. Dié tydskrif het ook skoonheid en mode wenke, gesondheid en finansiele raad, reis artikels, raaisels en veel meer.

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R412,80
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
na aan my hart

Elke dag hou ek die toep op my foon dop wat die weer voorspel. Soms kyk ek meer as een keer per dag daarna om te sien of dit nie dalk tog laatmiddag of in die nag gaan reën nie. Die tuin is droog. Kurkdroog. En daar is strawwe waterbeperkinge ingestel. Geen tuin mag natgelei word nie, swembaddens mag nie opgevul word nie. Die damme is leeg en die watertafel aan’t sak. Ná die afgelope erge droogte, het ek uitgesien na ’n nat somer en swaar buie reën wat ná die winter oor die stowwerige stad gaan uitsak. Bedags waai die wind en is die strate op pad werk toe troosteloos. Ook by ons kantoor en die spa kwyn die tuin en die grasperk is spierwit en dood. Op die sypaadjie…

access_time3 min.
sit jou hart op papier

Wenbrief! Nuwe seisoen Ses maande gelede het ek my geliefde eggenoot aan die dood afgestaan en sedertien kon ek net nie weer ’n Lééf koop nie, want dit was sy gunstelingtydskryf. Julle het hom deur kanker, chemo-behandeling en toe bestraling gedra. Hy het altyd gesê hoe vrolik Lééf se voorblad is en hoe opbouend die artikels. Ek kon net nie meer die tydskrif lees nie, want die hartseer ontneem mens van so baie dinge. Hierdie maand het ek egter besluit om dit weer te koop. En soos God dit wou hê, handel die gebedskalender oor nuwe seisoene. Ten spyte van die trane in my oë en ’n stukkende hart, glo ek vas dit is nou ook vir my ’n nuwe seisoen. Volgende maand sal Lééf weer haar ereplek inneem in my handsak en…

access_time3 min.
liefde

Ek ontdek onlangs my pa se briewe aan my ma kort voor hul troue in 1953. Sy stem klink helder op uit elke sin. In daardie stadium het hy gespook om op Vredenburg aan die Weskus ’n praktyk as die dorp se eerste tandarts gevestig te kry. Sy aanstaande, wat in Pretoria skoolhou, moes maar op eie houtjie troureëlings tref. Nooit een vir te veel sentiment nie, oorheers die gemeet en pas om kop bo water te hou baie van die voornemende bruidegom se briewe. Hy het praktykskuld en moet huis bou om vir sy bruid ’n dak oor haar kop te gee. ’n Eie motor sal moet wag. Hy het sommer self ’n stel kunstande vir ’n vooraanstaande boer gemaak wat die man gelukkig breed laat glimlag het. “En ek hoop…

access_time2 min.
vir november

‘O, sonskyn! Die kosbaarste goud op aarde’ ROMAN PAZNE ‘Wees altyd bly’ 1 TESSALONISENSE 5:16 ‘ ’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput’ SPREUKE 17:22 ‘…maar mag dié wat U liefhet, wees soos die son wat in sy volle krag skyn’ RIGTERS 5:31 ‘In die dankbare hart is dit voortdurend somer’ CELIA THAXTER Ons verlustig ons dié maand in die vele skakerings van oranje en God se kleurespel en nabyheid Dagboek 1-4 Die Delmas-Kersmark word weer by die Hervormde Kerksaal in Sarel Cilliersstraat gehou. Daar is mandjies vol pragprodukte vir elke smaak en begroting. Lorraine Swanepoel van kykNET se Koekedoor is gasvrou in die teetuin met heerlike bederfkos. Navrae: Ria 082 928 4317 of Jetske 072 746 8713. 5 Kom sit handjie by tydens die eerste Franschhoekhandwerkfees wat op die wynplaas Môreson aangebied word. Snuffel by keurstalletjies met…

access_time7 min.
sonskynkind

‘My hart is vol van die Here en dis iets waaroor ek met trots en blydskap praat’ Wanneer Charlize Berg gesels oor die mense en dinge waarvoor sy lief is, is dit asof haar hele wese sing. Die groot groen oë dans op die maat van haar woorde en die blinkertjies op haar naels laat dartelende liggies skyn soos sy beduie. Haar nuwe album, As jy weet dis liefde, is in April bekendgestel en die liedjies As jy weet dis liefde en Braaf was vinnig treffers. Gesels mens met haar, besef jy sy lééf dié liefde waaroor sy sing. Van haar passie vir musiek tot haar deernis vir haar gesin en opgewondenheid oor haar kêrel van die afgelope agt jaar, Warren Linden. “Alles, ja alles, gaan oor die liefde,” borrel Charlize. Die 23-jarige sangeres…

access_time7 min.
ek hou van oranje!

Toe ek 14 was, het my ma vir my ’n oranje jas gekoop, ’n mooi dubbelborsjas met blink saalsteke. Dieporanje, soos donker marmelade. Geurig soos nartjieskil. Wanneer ek die breë kraag se twee punte voor die spieël reggetrek en die blink knope vasgemaak het, het ek ’n aks regopper gestaan. In die veilige beskutting van my vlamoranje jas het die wye onontdekte wêreld van tienerwees skielik minder bedreigend en onseker gelyk. Onlangs lees ek oranje simboliseer opwinding en avontuur. Vuur, son, warmte, pret. Die energie van rooi gekombineer met die geluk van heldergeel gee oranje, ’n kleur vol goedvoelwarmte. Oranje word selfs beskou as sinoniem met gesondheid. Dit laat jou dink aan luilekker tropiese vakansies met oranjegeel papajas, blink mango’s en tropiese vrugtepons in lang glase by strandkioske. Die kelnerinne se…

help