EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
LééfLééf

Lééf October 2016

Lééf is vir die hart en siel. Dit is ‘n Afrikaanse vroue tydskrif vir die moderne vrou wat geestelike pitkos soek vir alles oor haar lewe en haar omgewing. Die tydskrif bied aan konstruktiewe artikels en stories wat ‘n riem onder die hart is. Dié tydskrif het ook skoonheid en mode wenke, gesondheid en finansiele raad, reis artikels, raaisels en veel meer.

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R412,80
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
na aan my hart

Dis heerlik warm en die lug sag en vogtig toe ek by die King Shaka- internasionale lughawe land. Ek is op pad na Pietermaritzburg waar ek ’n vrouenaweek vir die vroue van KwaZulu-Natal se NG Kerksinode aanbied. Ek laai my swaar tasse in die klein, wit huurmotortjie en pak die opdraande pad na my bestemming. Die hoofweg is besig en daar is heelwat groot vragmotors op die pad. Ek is dankbaar om uiteindelik ná byna twee uur op die pad stil te hou voor my chalet by die kampterrein waar die naweek plaasvind. Ek word hartlik deur ’n komiteelid verwelkom. Die omgewing is pragtig, daar is groot bome, ’n bamboeswoud en plantegroei eie aan dié mooie deel van ons land. Die vroue wat die naweek bywoon, kom van regoor KwaZulu-Natal, selfs so…

access_time1 min.
kreatief met jou kamera!

Kom leer meer oor fotografie by Léé se interaktiewe fotografie-werksessie by L’WiiDA Lodge en Konferensiesentrum net 20 minute se ry buite Johannesburg en Pretoria. Kom leer om die volmaakte sonsondergang, blomme van naby en wilde diere af te neem en vra alles waaroor jy nog altyd wonder! leer saam DATUM Saterdag 5 November 2016 PLEK La'WiiDA Lodge en Konferensiesentrum TYD 07:30-18:00 AANBIEDER Stephen Segal KOSTE R650 per persoon – dit sluit in versnaperings, middagete en ’n Nikon/Lééf-geskenkpak. BESPEEK BY Yolandé 011 888 5898 /yolande.roodt@leef.co.za WEN! Een gas wat die dag bywoon, kan ’n Nikon Coolpix S2800 in swart met 5x optiese zoemlens, eenvoudige kontrole en slim outomatiese tegnologie, ter waarde van R1 742 wen.…

access_time1 min.
ons 12de nikon-hartfotofinalis!

Mia Dijkstra (40) van Irene is die Oktober-wenner van ons Wys jou hart-fotokompetisie saam met Nikon in Suid-Afrika. “My 40ste verjaardaggeskenk was die wysheid om te besef ’n mossel is nie die mooiste skulp nie, maar in mooi lig is dit asemrowend. Net so is sondige mense skitterend as ons in God se Lig wandel.” WEN! Stuur vir ons jóú mooiste foto van enige hart! Elke maandwenner wen ’n COOLPIX L320 van R1600. Die algehele jaarwenner kry ’n Nikon D3200 DSLRkamera plus 18-55mm VR-lens en kamera-opleiding van R7 100. Tweede en derde plek wen elk ’n Nikon COOLPIX P520 van R4 000. SÓ NEEM JY DEEL 1 Stuur jou foto (300 dpi) per e-pos na foto@leef.co.za of pos dit na Léé/Nikon-wedstryd, Posbus 785240, Sandton 2146. 2 Sluit jou volledige kontakbesonderhede by jou…

access_time3 min.
sit jou hart op papier

Wenbrief! Genade my loflied In die oggendure van 26 Junie lees ek Psalm 18:33: “God rus my toe met krag, Hy maak my pad veilig” Min het ek geweet wat op my wag. My man, Stefan, lê in ongevalle. Ná twee verkeerde diagnoses en onsekerheid, openbaar die Here vyf dae later die fout en sy galblaas word verwyder. Ná baie gebede, trane en smeking breek die lig uiteindelik deur die duisternis. So met die storm het ek geleer: Wanneer jy siek is, leer ken jy die genade van genesing. Wanneer jy alleen is, leer ken jy die genade van samesyn. Wanneer jy teëspoed ervaar, leer ken jy die genade van voorspoed. Wanneer angs en benoudheid aan jou deur klop, leer ken jy God se genade van vrede en kalmte. Vanoggend is my man saam…

access_time3 min.
onthou

In die jare veertig van die vorige eeu het my grootouers die dapper besluit geneem om die oudste van hul vyf kinders in die destydse Tanganjika (vandag Tanzanië) na die Unie van Suid-Afrika te stuur sodat hy hier kan kom matriek skryf en verder studeer. Hul lewe as pioniers op plase digby die berg Kilimandjaro was vir kinders in vele opsigte ’n soort paradys en ’n leerskool sonder gelyke. Maar ander opvoedingsgeleenthede was dun gesaai. Die enigste toets vir skoolgereedheid was of ’n kind lank genoeg aan ’n donkie se rug kon bly klou om die eenmanskooltjie in een stuk te haal. My oom Ouboet Malan het dus die reis na die onbekende aangepak. Sy ouers het geweet voortaan sou briewe en gebede al vorm van kontak wees wat hulle met hul…

access_time2 min.
vir oktober

‘Laat ons die dag vergeet waarop ons nie gedans het nie’ FRIEDRICH NIETSCHE ‘Wat U gedoen het, vervul my met verwondering’ PSALM 139:14 ‘Ek kies om in volkleur te leef’ DAVID HOCKNEZ ‘Kommer keer nie môre se hartseer nie, dit steel net vandag se geluk’ LEO BRUSCAGLIA Ontdek dié maand die lieflike, ryk patrone wat God deur die skepping én jou lewe geweef het Dagboek 1-2 Geniet ’n gesinsdag en pluk jou eie aarbeie by die Roomys-en-aarbeifees op Redberry Farm in Geelhoutboomweg buite George. Heerlike kos en wyn is ook te koop. Bespreek op www.strawberryfestival.co.za of besoek www.redberryfarm.co.za 4-7 Christian Revival Church (CRC) se Droomweek is ’n inspirerende konferensie in Bloemfontein en Pretoria wat deur pastore At en Nyretta Boshoff gelei word. Dis gemik op leiers, pastore, entrepreneurs en studente om die volgende geslag te bemagtig. Bespreek by Computicket. www.crc.org.za 5-10 Snuffel…

help