EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
LééfLééf

Lééf September 2016

Lééf is vir die hart en siel. Dit is ‘n Afrikaanse vroue tydskrif vir die moderne vrou wat geestelike pitkos soek vir alles oor haar lewe en haar omgewing. Die tydskrif bied aan konstruktiewe artikels en stories wat ‘n riem onder die hart is. Dié tydskrif het ook skoonheid en mode wenke, gesondheid en finansiele raad, reis artikels, raaisels en veel meer.

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R412,80
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
na aan my hart

Ons lente-uitgawe is amper op pad drukkers toe. Teen my kantoormuur is die vrolike bladsye van die uitgawe opgeplak; in sagte skakerings van pienk en blou. Vir dié uitgawe het ons die amptelike Pantone-kleure van 2016, Rose Quartz en Serenity, as tema gekies. Dit voel mos soos lente! Die hele uitgawe is feitlik uitgelê, buiten ’n laaste artikel oor Koekedoor se Wessels van Vuuren – die foto’s kon onvermydelik nou eers geneem word – en my redakteursbrief! Vandag voel dit egter allesbehalwe soos lente, want die hele land is in die greep van ’n ysige kouefront vasgevang. Donkergrys wolke hang swaar op die horison en dit het regdeur die nag gestortreën. Buite is dit yskoud en oor ons kantoor se tuin is ’n digte mislaag gevou. “Hoe op aarde kan ek oor…

access_time1 min.
ons 11de nikon-hartfotofinalis!

Christine Vosloo (41) van Montagu is die September-wenner van ons Wys jou hart-fotokompetisie saam met Nikon in Suid-Afrika. Sy’s nie ’n wintermens nie, maar haar lief-de vir foto’s laat haar gou die veld instap. “Die foto is op ons plaas geneem. Die sonstrale is God se liefde wat ons hart vul met die Heilige Gees.” WEN! Stuur vir ons jóú mooiste foto van enige hart! Elke maandwenner wen ’n COOLPIX L320 van R1600. Die algehele jaarwenner kry ’n Nikon D3200 DSLRkamera plus 18-55mm VR-lens en kamera-opleiding van R7 100. Tweede en derde plek wen elk ’n Nikon COOLPIX P520 van R4 000. SÓ NEEM JY DEEL 1 Stuur jou foto (300 dpi) per e-pos na foto@leef.co.za of pos dit na Léé/Nikon-wedstryd, Posbus 785240, Sandton 2146. 2 Sluit jou volledige kontakbesonderhede by jou…

access_time3 min.
sit jou hart op papier

Wenbrief! Gemoedelikheid Snoesig warm onder die verekombers kom nestel my gemmerkat, Brut, hom teen my nek en spin geluksalig. Ek verlustig my in sy sagte pels en luierende motortjie. Dis die spreekwoordelike kat-tevredenheid. Ons moet net keer of ons vergeet van opstaan! Hoe baie keer baai ons nie in ’n genoegdoening van lekker leef en oorgenoeg hê nie? En dan vergeet ons van die wêreld daarbuite – eintlik net ’n paar blokke verder – wat veel minder as ons het. O, ek bid baie hard vir die hongeres en die koulikes, maar wie moet vir hulle sorg? Is ék hier in my gemaksone nie die een wat God se hande en voete moet wees nie? Mag ek eerder die skaaphond wees wat heeltyd soekend is na werk; om ywerig sy dagtaak te voltooi en…

access_time3 min.
lewenslente

My tannie Freda is nie meer met ons nie. Sy luister nie meer Sondagaande na haar gunsteling-arias uit die operas waarin sy self vroeër so hartstogtelik gesing het nie. Altyd ’n serious spender (in haar dogter se woorde), deel sy ook nie meer links en regs geskenke uit wat die ontvangers én haar bankbestuurder na asem laat snak nie. En haar kleinkinders, graag soos bye om ’n stroopblik by haar, mis veral die weelde en warmte van die skoot waarin hulle hulself so kon inwurm. Die laaste jare van haar lewe het ons gemiddeld drie keer per jaar gedink ons neem afskeid van haar. Ná nog ’n voorval van digby die dood omdraai, gaan besoek ek haar ná haar ontslag uit die hospitaal. Sy is wasbleek en hyg na asem, maar is…

access_time2 min.
vir september

‘…want my juk is sag en my las is lig’ MATTEUS 11:30 ‘Kies om gaaf te wees. Kies om te vergewe. Laat jou liefde groei en blink sodat mense jou voorbeeld kan sien en God verheerlik’ VICTORIA OSTEEN ‘Sagmoedigheid, liefde, reinheid – dís die dinge wat ons moet verryk’ JOSEPH SMITH JR. ‘Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig’ PSALM 36:10 ‘Laat God se beloftes op jou probleme skyn’ CORRIE TEN BOOM Met die koms van die lente vier ons God se genade om ons te vernuwe en mildelik vrugte te laat dra Dagboek 3 AGS Lighuis Pretoria-Wes bied om 10:00 ’n damestee aan. Redakteur Christine Ferreira praat oor “Wat gebeur met ons as vroue as ons in Sy Lig staan” en Marzanne Leroux-Van der Boon gesels oor wat Joodse gebruike vir gelowiges…

access_time7 min.
my eerste liefde

Ek stap op met die trappe na die huis van Heinz (38) en Aletté-Johanni (36) Winckler. Aan die bopunt wink die baldadige rooipienk voordeur. Daaragter kom die klank van vrolike stemme en die verwelkomende reuk van varsgemaakte koffie deur die skiertjies tot by my. Hier lééf mense, dink ek. Ek ontmoet Aletté in die klein sitkamertjie langs haar kantoor. Haar werkplek is gesellig ingerig. Teen die een muur is ’n reling vol uitrustings vir spesiale geleenthede. Tafsy. Sjiffon. Glanskatoen. Kleure en teksture om aan te raak en met jou oë te streel. “Dit is vir my lekker om al die klere net hier te hê,” lag sy. “Aan die een kant is dit deel van my werk as voorkomskonsultant, aan die ander kant hang dit hier omdat my eie klerekaste oorloop!” Mooi klere…

help