REDAKTEURSBRIEF
Ek sal dit hardop erken. Ek het aanvanklik nie die waarde van ’n lugbraaier verstaan nie. Om my het vriende en gesinne mal gegaan oor die toestel wat besig was om hul lewens te verander. Die manier hoe hulle kosmaak was nou só maklik en soomloos. Ek het geweier. Ek het geglo dis maar min of meer dieselfde as die konveksieoond waarmee my ma jaar in en jaar uit vir ons vaal hoender by die see gemaak het. Tot een mooi dag toe ek ’n boks ontvang met ’n lugbraaier in – ’n groot swart nommer met liggies wat flits en klokkies wat lui, kompleet soos ’n mini-maantuig… Ek en sy staan en staar vir mekaar in die kombuis. Asof sy weet ek hou nie van haar nie, en asof…