Caxton Magazines

shopping_cart_outlined
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose

November 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R29,99
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
die moeilikheid

HIERDIE NOVEMBER-UITGAWE is aan die dapperheid van mense, en veral vroue toegewy. Om in vandag se tye te oorleef en selfs bokant uitdagings uit te styg, verg moed. Ons land en die wêreld gaan gebuk onder probleme. Ons is in die moeilikheid. Die ding met moeilikheid is, hy slaan niemand oor nie. Valiant skryf vandeesmaand van ’n vliegtuig wat moes omdraai weens probleme (bl. 5). Daarna moes hulle maar net weer ’n ander vliegtuig bestyg en hul reis hervat, moedig en in die geloof dat dinge hierdie keer sal reg uitwerk. Marita van der Vyver (bl. 22) herinner ons in haar nuwe boek aan die grensoorlog en sy dodelike skaduwee wat nou al dekades lank oor ons land en sy mense hang. Sovele mense wat daardeur verwond is, geestelik of fisiek,…

access_time3 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNONgeskenkpak van R4 682. Wanneer dit by skoonheid kom, is HANNON ’n vertroude naam. Sy reeks gehalteprodukte strek van grimering soos Colour Blend-lipstiffies, Candy Sugar-lipglanse, oogskadu, oogomlyners en meer. Dan is daar ook velsorgprodukte, soos die Gentle Facial Wash, Neck and Bust Firming Crème, asook uitstekende haarprodukte. Besoek hannon.co.za vir meer inligting. • Baie dankie, rooi rose, vir rrRadio en Botox, Barbies en Bietse . Ek geniet Elize Cawood se lewendige voorlesings. Ek laai die episodes af en stuur dit vir my tannie wat slegs 15% sig het en nie meer kan lees nie. Sy geniet dit net so baie. Sy ontvang Boeke op band maar sê die lesers lees so eentonig dat sy aan die slaap raak. So, jul vervolgverhale is ook…

access_time1 min.
wenbrief

ONS PLEK Ek sit in die hospitaal langs my seuntjie se bed. Lyf is seer van regop in ’n stoel slaap. My man het vir my ’n paar tydskrifte gekoop en vir die eerste keer in jare kry ek die kans om regtig stil te sit en te lees. Ek lees ook Christine Barkhuizen-Le Roux se rubriek “Waar jou plek is” (rooi rose, September 2019) en my hart klop sommer weer trots Suid-Afrikaans. Soveel mense emigreer, en op sosiale media word Suid-Afrika uitgebeeld as een van die aakligste plekke waar jy kan bly. Maar wanneer die Bokke of die Proteas op die veld stap, klop my hart in afwagting, of wanneer daar weer gewys word hoe Ryk Neethling en sy span die goue medalje op die Olimpiese Spele wen, kry ek…

access_time4 min.
swart op wit ’n ai by die braai

OP ’N SONNIGE Maandagoggend in Johannesburg neem ek en Lanelle ons sitplekke in op ’n vlug na Kaapstad. Sy het ’n week tevore by my kom aansluit in die Noorde, waar ek op toer was met optredes. Ons het uitgesien na ’n blye tuiskoms en ’n strandstappie en ’n braaivuurtjie by ons huis in die Kaap. Kort voor lank was almal aan boord en reg om te laat waai. Ons gordels was vas, die blikstem se storie was uit, en die kaptein het begin vet gee teen die aanloopbaan af. Ons omarm die tegnologie met vertroue en vrymoedigheid, ondanks ongelukke en ineenstortings Ons het terra firma swiepend verlaat en begin opstyg. Lanelle het by die venster gesit en uitkyk hoe Johannesburg kleiner word onder ons. Dit het my opgeval dat die klim nogal stamperig…

access_time1 min.
ons lief in november

Stylvol in die son VERONA-SONHOED (R699) VAN WITCHERY. HOU TYD! Zenith ontwerp ikoniese horlosies vir sterk vroue met selfvertroue. Defy Classic White Ceramichorlosie. Prys op aanvraag. BELELLA ILLUSION-HALTERNEKSWEMBROEK (R1 900) VAN TED BAKER. Witchery se Modern Beauty-reeks is elegant en stylvol. Jy sal gereed wees vir enige iets – van die kantoor tot die jaareindpartytjie Dolce & Gabbana se jongste grimeerreeks, Eternal Love, vier tydlose skoonheid met speelse polkakolle en hartjies op die verpakking. Dolce & Gabbana Eye Loves Dots Eyeshadow Palette (R1 175). NET BETYDS VIR DIE SOMER Avondale het twee elegante witwyne bekend gestel: Anima 2016 (R260) is ’n ligte, vrugtige chenin blanc en Cyclus 2016 (R330) is ’n versnit. Beskikbaar by die landgoed en uitgesoekte wynwinkels. NUUT IN SA! Maison Berdoues-fyngeure uit Frankryk se Collection Grands Crus-reeks is nou eksklusief beskikbaar by Foschini-winkels (R1 595 elk). H&M in…

access_time2 min.
lesers-forum sluit aan en wen!

Jesica Janse van Rensburg (43), onderwyser Ek sou meer tyd aan my welstand wou bestee het. Die jaar is nog nie verby nie en ek is optimisties dat ek nog iets daaraan kan doen. Dit sal vir seker my huislike en ook werkslewe positief beïnvloed. Louisa du Plessis (48), interne verkoopsdame Ek sou meer aandag aan my fotografiestokperdjie wou gee. Dis ’n droom om alles wat so wonderlik in die natuur is vas te vang. Ek glo so ek kan nog iets daaraan doen, ek moet net begin spaar! Rietjie van Vuuren (56), tuisteskepper Ons het meer as ’n jaar gelede afgeskaal en op Warmbad (Bela-Bela) afgetree. My doelwit was om alles uit te gooi wat nie meer gebruik word nie, maar helaas, ek het dit nog nie reggekry nie! Manlief het vir my Marie…

help