EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Januarie 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R34,85
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy loodvoete of vlerke?

DIE ERGSTE van ’n probleem of ’n krisis is dat jy in so ’n mate daarin kan vasval dat dit jou grootliks verlam. Dis in elk geval hoe dit my tref as ek my pens en pootjies in die spreekwoordelike noute bevind, in die (warm)water en sonder die redding van ’n roeispaan. Vanuit daardie noute sien ek kant nog wal, al wat oorbly, is om op te kyk, waar dit soms steeds bra donker daar uitsien.Daar is vele aanhalings wat ons daarop wys dat ons moet opkyk na die sterre: Oscar Wilde het opgemerk dat almal eintlik daagliks in die rioolsloot van die lewe rondploeter, en dat ons na bo moet kyk en die sterre raaksien. Dale Carnegie het allegories vertel van twee mense wat in ’n tronksel…

access_time2 min.
skryf &wen

’N GROOT BESLUIT Ek lees die artikel “Is jy reg vir jou gene?” deur Salomé Delport ( rooi rose , November 2018) en vandag kan ek getuig ’n genetoets was die beste ding wat ek tot nog toe laat doen het.My storie begin nadat my ma aan kanker oorlede is. Ek het haar versorg, en ná haar dood het ek die Here gevra om my te help om voorsorg te tref sodat ek net nie kanker kry nie.Ek het in 2011 die kankergeentoets laat doen. Die uitslag: 80% borskanker en 40% ovariumkanker. Ná ’n jaar het ek ’n dubbele mastektomie laat doen. Met die operasie was kanker, in die beginstadium, reeds in my linkerbors.Dit was ’n groot besluit, maar met die ondersteuning van my kinders en familie, was…

access_time1 min.
wenbrief

WONDERWERKE GEBEUR NOG Twee jaar gelede groet ons ons kinders op Sydney-lughawe. Altyd ’n hartseeroomblik. My dogter druk ’n leerbeursie in my hand. “Ma, dink aan my.”Vanjaar was dit hulle beurt om te kom kuier en ons het gemik vir ’n vakansie op ’n Kaapse wynlandgoed. In my beursie het ek vir elkeen ’n geskenkgeldjie gespaar. By ons aankoms moes ons eers gou by ’n supermark uitkom. Ek het vir die kinders hul geld gegee en die kleinseun sou sy deel die oggend kry.Daardie aand verloor ek my beursie met die spaargeld by ’n supermark so 30 km van die plaas af. Toe ek dit by die huis agterkom, is ek lam van die skok en hartseer. En ek weet van nou af sal die dae sleg wees…

access_time1 min.
trix & lea vivier

TRIX (REGS): My emosies het lekker tougetrek die aand voor die shoot : Ek was vrek opgewonde om saam met my suster ’n dag op stel deur te bring, en terselfdertyd nogal senuweeagtig omdat dit my eerste voorbladervaring was. Maar sjoe, what a jol! Ek en Lea is van nature gemaklik met mekaar en ons individualiteit vul mekaar aan. Die fotograaf, Leana Clunies-Ross, en die hele produksiespan het my werklik soos ’n miljoen dollar laat voel. Maar dit was gerieflik om ná die tyd my skoene uit te skop, pajamas aan te trek en al die grimering af te haal. Ek is maar ’n all natural kinda girl.LEA: Ek is gewoonlik op my senuwees wanneer dit kom by ’n volle dag se fotosessie - maar met Trix het ek…

access_time1 min.
as jy wil saampraat

BESOEK ROOIROSE.CO.ZA EN KLIK OP “KONTAK ONS” EN DAN OP “STUUR ’N BRIEF AAN DIE REDAKTEUR” FACEBOOK.COM/ROOIROSE TWITTER @ROOI_ROSE INSTAGRAM @ROOIROSE E-POS ROOIROSE@CAXTON.CO.ZA SLAKKEPOS: POS JOU BRIEF AAN PRAAT SAAM, POSBUS 412982, CRAIGHALL 2024.IN JOU BRIEF MOET JY AANDUI DAT JY DIE BRIEF NIE OOK AAN ANDER TYDSKRIFTE GESTUUR HET NIE. ■…

access_time1 min.
rooirose.co.za

Gatineau kombineer natuurlike bestanddele met innoverende biotegnologie en skep sodoende gevorderde velsorgprodukte. Gatineau se salongehalte produkte en reeks skoonheidsbehandelings word deur velsorgkundiges wêreldwyd gebruik. Een gelukkige leser kan ’n Gatineau geskenkpak ter waarde van R5 655 wen. ‘rooi rose’-WINKEL Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za Kleure van die Liefde saamgestel deur Corlia Fourie (R150) Caxtontydskrifte. OM DIE TAFEL Mariëtte Crafford skryf al sedert 2001 maandeliks haar rubriek “Om die tafel” vir “rooi rose”. Oor die afgelope 18 jaar het sy met haar kenmerkende woordvernuf en spesiale uitkyk op kos en op die…

help