EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Februarie 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: BDAY40
BUY ISSUE
R34,85
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy om te wag

AS EK nou mooi daaroor dink, daar is soveel dinge waarvoor ’n mens maar net moet wag, dinge neem maar hul tyd: ’n koek in die oond, die vakansie waarna jy uitsien, die uitslae van die toetse, die antwoord op jou vraag ... In ons lewe is dit ’n integrale deel van elke dag se woordeskat, word dit dikwels nodig om saam met die kleingoed slapies te tel. Hulle is mos nie van nature geneë om met grasie te wag nie. Dis beslis een van die lesse wat die lewe ons leer: om te wag sonder dat die ongeduld jou opvreet, sonder om moedeloos te word.In Elisabeth Eybers se gedig, “Lewe”, beskryf sy so aangrypend ’n vrou wat “stil geword (het) van baie wag”. Iemand wat maar in…

access_time3 min.
gesels saam skryf & wen

DIE KUS Terwyl ons deur ou dokumentasie van my ouers gaan (wat albei oorlede is), kom ek af op ’n kortverhaal “Die Laaste Kus” wat in November 1955 in r ooi rose verskyn het!As kind was ek bewus daarvan dat my pa, Gay de Kock, ’n verhaal geskryf het, wat julle ook in ’n rooi rose -gedenkalbum ingesluit het. Ek het nog die album.Dis vir my interessant dat my pa die bladsye van die rooi rose  sowel as die kommentaar van die redakteur (November 1955) in ’n boek geplak het. (Ek was nog nie in staat om die ander gepubliseerde verhale waarna die redaksie verwys te kry nie - miskien het hy dié verhale onder ’n ander naam geskryf.)Noudat ek die verhaal vir die eerste keer gelees het,…

access_time1 min.
wenbrief

SO ONNODIG Seker een van die grootste foute wat ouers kan maak, is om hul kinders met mekaar te vergelyk of teen mekaar af te speel. Ek dink nie dis nodig dat kinders moet hoor dat een mooier of slimmer as die ander een is nie. Kinders in ’n gesin let self die onderlinge verskille op, maar dis nie lekker om daaraan herinner te word nie. As jy hoor jou suster gaan eendag die mooiste bruid wees, smoor dit die dogtertjiedroom in jou eie hart. Nog hartseerder is as ouers se optrede ’n wig tussen kinders indryf en hulle nooit ’n spesiale band vorm nie. Miskien is dit nie algemeen nie, maar dit was in ons huis die geval en vandag pluk ons steeds die wrang vrugte daarvan.…

access_time1 min.
tamaryn green

“Ek het regtig die fotosessie vir rooi rose geniet. Die span is ongelooflik en ons het soveel pret gehad! Ons het die foto’s in ’n asemrowende omgewing geneem terwyl die reën die heeltyd gedreig het, en tog het ons dit reggekry om pragtige foto’s te neem. Ek kan nie wag om die Februarieuitgawe te sien nie!” ■…

access_time1 min.
as jy wil saampraat

FACEBOOK.COM/ROOIROSE TWITTER @ROOI_ROSE INSTAGRAM @ROOIROSE E-POS ROOIROSE@CAXTON.CO.ZA SLAKKEPOS: POS JOU BRIEF AAN PRAAT SAAM, POSBUS 412982, CRAIGHALL 2024.IN JOU BRIEF MOET JY AANDUI DAT JY DIE BRIEF NIE OOK AAN ANDER TYDSKRIFTE GESTUUR HET NIE. ■…

access_time1 min.
rooiroseco.za

WEN Een leser kan ’n Nominationhangertjie ter waarde van R4 000 wen. Ontdek die verpersoonlikte hangertjies van die nuwe Wishes-reeks van Nomination. Die reeks is geïnspireer deur die eeue oue tradisie om muntstukke te dra as simbole van liefde, geluk en die belangrikste waardes in jou lewe. Jy kan jou juwele verpersoonlik en muntstukke kies wat al die belangrike gebeurtenisse in jou lewe uitbeeld. SUPER-sensitiwiteite Kinders wat oorontvanklik is vir stimuli op intellektuele, sensuele, emosionele, psigomotoriese of verbeeldingsverwante gebied, is dikwels begaafd. Lees hoe ouers dit kan hanteer. Margaret se Wêreld Margaret Gardiner, ons Hollywoodkorrespondent, blog vir ‘rooi rose’. Sy reis wêreldwyd om onderhoude met…

help