EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Maart 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R29,99
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy ek is ek...

ELKEEN VAN ONS is soveel meer en tegelyk soveel minder as die som van ons dele. Om dit ’n bietjie duideliker te stel: Ons is wie ons is as ons besig bly met wie ons is, en ophou om te probeer wees wie ons dink ons behoort te wees. Ons kom vroeg-vroeg agter wie ander dink ons behoort te wees, want hulle sê vir ons ... maak so, moenie so maak, dink, doen of glo nie. Nog lank voordat ons onsself herken, word ons gewys wie ons behoort te wees, soos wie ons behoort te wees, wat ons moet wees om ander gelukkig te maak of tevrede te stel. Noudat ek kleinkinders het, besef ek eers dat ons in die wêreld kom as volwaardige wesens. Wat ouers eintlik behoort te doen is…

access_time2 min.
gesels saam skryf &wen

PLANT ’N SAADJIE Ek het ’n probleem. Ek is saadjieverskrik. Sade trek my aan en kan hulle nie uitlos nie. Eet ek tamatieslaai, moet ek my met moeite bedwing om nie die pitjies uit die slaaibak te gaps nie. Lees ek die resepte in rooi rose is my oë is vasgenael op die sesamsaadjies op die broodjies. Dit wat ek wel in die hande kry, plant ek oral - in blikkies, koppies, potte. Waar ’n plant eensaam lyk, druk ek langsaan vir hom ’n saadmaatjie in. Die kinders by die skool het lankal agtergekom dat hierdie juffrou se grommerige bui soos handomkeer verander as daar, vanuit die niet, ’n paar saadjies op haar lessenaar beland! Ek is kinderlik opgewonde toe die lietsjiesprietjies vanoggend skielik bogronds verskyn. My man slaan sy oë op: “My…

access_time1 min.
wenbrief

SUSARA EN DIE SERINGBOME Die seringbome blom weer, ontydig so ná die eerste reën te midde van die uitmergelende droogte. Seringbome en Susara is vir my sinoniem. Susara, die skoolopsigter toe ek doerie jare as groentjie-onderwyser by haar skool aangetree het. Susara wat nooit stilgesit het nie. Die sportveld is voor sonop al netjies gesny, trekker en grassnyer weer netjies skoon gebêre. (Ja, sy kon selfs trekker bestuur). Altyd vriendelik, opgewek, reg om behulpsaam te wees. Ons is gereeld op Susara se goeie hoedanighede en voortreflike diens gewys. Vir die skoolhoof het afkoms nie getel nie, ook nie of jy ryk of arm, oud of jonk is nie. As jou werk goed is, is dit goed en dit moet geprys word. Ons moet Susara bedank vir mooi skoon klaskamers, vir die onberispelike sportterrein.…

access_time1 min.
rooiroseco.za

WEN Twee gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R2 730 van RVB Skinlab wen. Die geskenke sluit RVB Skinlab se Icon Time Renewal Cream en Icon Time Trilogy Kit in. Teken in op ons NUUSBRIEWE Ons het twee nuusbriewe wat ons weekliks uitstuur om jou te inspireer. Teken gerus in op ons algemene nuusbrief vir lekkerleesartikels en op ons kookbrief vir heerlike resepte. Besoek ons webblad, klik op “teken in” en kies die nuusbrief waarop jy wil inteken. AGTER DIE SKERMS Ons het te heerlik saam met die ongelooflike Erica Wessels gekuier tydens haar voorbladfotosessie in Kaapstad. Maak ’n Kaapse draai na ons webblad toe en kry ’n kykie agter die skerms. ‘LIKE’ JY ONS? Volg jy ons op twitter, Instagram, en facebook? Ons deel die jongste brokkies en lekkerste stories op ons sosiale…

access_time1 min.
ons love in maart

DROOMMOOI WITCHERY SE SAHARA DREAMING-REEKS INSPIREER ONS MET PRAGTIGE AARDSE KLEURE. FYN, VROULIK, VERLEIDELIK Die blommerige en vrugtige geur van Emporio Armani Because It’s You EDP (R1 100 vir 50 ml) is ’n sprankelende fyngeur met note van framboos, lemoenblom, roos, vanielje en muskus. LES DIE DORS! Fitch & Leedes Blue Tonic is ’n nuwe kina-water wat met sweempies bloubessie en kardemom gegeur is (R50 vir ses 200 ml-blikkies, R52 vir vier 200 ml-glasbottels). VROLIK EN STYLVOL Origine Slim-espadrille (R450) Havaianas. DIS TYD! Frederique Constant se Classics Automatic Heart Beathorlosie is klassiek en elegant. Prys op aanvraag. ’n Bietjie blink MAAK MOOI Borsspeld (R129) H&M. Anna Hoopsoorbelle (R349) Witchery. IN VOLKLEUR KIKKER JOU HERFSUITRUSTINGS OP MET KLEURRYKE HANDSAKKE SOOS DIÉ VAN CHARLES & KEITH (R1 429 EN R1 399). SMAAKVOLLE ETE KIMONO-EETGEREI (R1 900 VIR 16 STUKKE).ESQUE.CO.ZA SIT-SIT SO CHELSEY ROYAL BLUE-VIERSITPLEKBANK (R13 999) @HOME. BLOK JOU STROOIKUSSING (R299)…

access_time1 min.
lesersforum sluit aan enwen!

Christelle Botha (47), huisvrou, George. Boeke, altyd! Of wol van Cowgirlblues? Dalk ’n botteltjie Narciso! Dawn Arendse (45), geleentheidskoördineerder, Paarl Vir seker ’n pedikuur, ’n mens voel sommer splinternuut as jou voete ’n bietjie gepamperlang word. Amanda Jacobs (39), persoonlike assistent, Pretoria Kaas met vrugtestukkies in! Christelle, Dawn en Amanda wen elkeen ’n Logica-handsak van Hedgren ter waarde van R3 499. Hedgren se tydlose ontwerpe is geïnspireer deur die energieke stadslewe en is slim ontwerp om by die behoeftes van die besige vrou te pas. Die Hedgren Logica-handsak is ’n nuttige, groot sak wat jy na die gim, kantoor of op enige daguitstappie kan neem. Die sak het ’n verstelbare skouerband, ’n sakkie vir jou selfoon en selfs ’n penhouer sodat alles byderhand is. Bel 031 205 9219 vir meer inligting. Ons stuur elke…

help