EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose April 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Save 40% on your subscription!
BUY ISSUE
R34,85
SUBSCRIBE
R295,20R177,12
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy dag na dag

EK HET ONLANGS iets raakgelees wat ek as ’n ware aha-oomblik moes herken: wat jy met jou dae doen, bepaal die gang van jou lewe. Dit het my nogal ’n bietjie tot stilstand geruk. Ons kan so besig raak met elke dag se sleur en besig wees, en besig wees met besig wees, dat ons die gang van ons lewe buite rekening laat. Ons dink nie na oor wat ons lewe betekenisvol maak nie, ons laat na om ons siele gereeld aan te vul met wat mooi en goed is, want ons is heeltyd besig met ons daaglikse verpligtinge.Dit sê nogal baie van ons as mense dat ons gereeld moeite doen om ons vel te voed, ons hare versorg, ons naels, ons voetsole – en net nie moeite…

access_time2 min.
gesels saam skryf & wen

SIEN DIE MOOI RAAK Dis maklik om jou te verbeel dat daar net slegte goed in Suid-Afrika gebeur – die media basuin immers daagliks moord, doodslag en korrupsie uit. Maar as ’n mens bewustelik kies om die mooi om jou raak te sien, besef jy gou daar is goeie mense oral om jou. Die bejaarde kliënt by die kitskosrestaurant wat inspring en help tafels skoonmaak toe hy sien dat die personeel nie die Sondagmiddag-stormloop kan hanteer nie.Die vullisverwyderaar wat my hekklokkie kom lui omdat hy sien ek het vergeet om my asblik op die sypaadjie te sit. Die veiligheidswag by my werk wat ondanks sy eie vrees vir katte een laataand help om ’n klein weggooikatjie te red.Edward, wat saans onder ’n brug naby my werk slaap en…

access_time1 min.
wenbrief

DANKIE, ROOI ROSE Hoe sê ’n mens dankie vir ’n tydskrif wat dit vir jou moontlik gemaak het om oor ’n tydperk van amper vyftig jaar duisende rande te spaar? Die verhaal begin in 1970 (dalk 1971) met ’n rooi rose-kompetisie. Die opdrag: “Skryf vir ons ’n verhaal oor jou ouma se Singer-masjien”.Ek was in daardie stadium ’n student en het my ouma se verhaal geskryf. ’n Paar uitgawes later verskyn die wenstories en die lesers moet ’n wenner kies. Nog tyd verloop en een oggend bel die buurvrou en vertel opgewonde dat ek die kompetisie gewen het! My prys: Die grootste, nuutste, mees moderne Singer-masjien in die reeks: die Singer 700 met sy kabinet! Ongeloof, verbasing, vreugde en veral trane oor die herinneringe aan…

access_time1 min.
diaan lawrenson

“Dit is die eerste keer dat ’n tydskrif my vra om my hare pienk te kleur! ’n Mens is nooit te oud vir eerstes nie. Fotograaf Leana Clunies-Ross het my eerste voorblad geskiet en dis elke keer ’n fees om saam met haar te werk. Sy weet net hoe! Suzanne, Cheryl en Justine, dit is altyd ’n voorreg om vir ’n rooi rose-voorblad gekies te word. Dankie dat julle my uitgedaag het om in die uitgawe te verskyn. Baie dankie, Martie en Hannelie.” …

access_time1 min.
as jy wil saampraat

BESOEK ROOIROSE.CO.ZA EN KLIK OP “KONTAK ONS” EN DAN OP “STUUR ’N BRIEF AAN DIE REDAKTEUR” FACEBOOK.COM/ROOIROSE TWITTER @ROOI_ROSE INSTAGRAM @ROOIROSE E-POS ROOIROSE@CAXTON.CO.ZA SLAKKEPOS: POS JOU BRIEF AAN PRAAT SAAM, POSBUS 412982, CRAIGHALL 2024.IN JOU BRIEF MOET JY AANDUI DAT JY DIE BRIEF NIE OOK AAN ANDER TYDSKRIFTE GESTUUR HET NIE.…

access_time1 min.
rooirose.co.za

WEN WEN ’n heerlike geskenkpak van Nuxe ter waarde van R4 385. Hierdie geskenkpak sluit van Nuxe se gewildste produkte vir jou gesig en lyf in, asook ’n heerlike reukwater. KANKER Schmanker Ons deel op ons webblad ’n uittreksel uit Madelein Rust se nuwe boek, ‘Kanker Schmanker’, oor haar stryd teen kanker. Ons het ook ’n keur van haar bloginskrywings wat sy vir ‘rooi rose’ geskryf het, bymekaargemaak. AGTER DIE SKERMS Kom kuier saam by ons prettige pienken-wit voorbladfotosessie met die immer-stylvolle Diaan Lawrenson! ‘rooi rose’-winkel Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals?…

help