EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Mei 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Save 50% on your subscription!
BUY ISSUE
R34,85
SUBSCRIBE
R295,20R147,60
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
ek & jy dink, voel en doen

DEESDAE is die Internet behoorlik gesaai met landmyne, ons loop heeltyd gevaar om êrens ingeloop of uitgevang te word, of voor fopnuus te swig. In tye van politieke hoogty en ander tye wanneer emosies hoog loop, en veral as die finansies knyp, is mense geneig om op hul gevoelens te vertrou, en nie hul verstand nie. Die eintlike rede wat ons die maklikste laat swig voor ’n swendel, is ’n sin van dringendheid wat spesiaal geskep word om jou emosies te be-trek. Vir ’n bedrogspul is dit die gedagte dat dit ’n spesiale aanbod is, en dat jy min tyd het voordat dit neusie verby is, dat jy ’n kans gaan verbeur, wat jou aanvuur om die knoppie te druk. Vir fopnuus is dit gewoonlik die gedagte dat jy die eerste…

access_time2 min.
gesels saam skryf & wen

GOEIE KEUSES Hoe lekker is dit nie om keuses in jou lewe te kan maak wat ’n groot verskil aan jou lewensgehalte en geluk kan maak nie. Ek het besluit om net na goeie musiek te luister, sag op die oor en voedsel vir die gees. Sit ’n boek neer as dit jou nie boei of opbou nie, gebruik jou tyd wys deur iets te lees wat die moeite werd is. Dis nie ’n prestasie om te sê jy het ’n swak boek gelees, of ’n so-so fliek gekyk nie. Bederf jou minstens een keer per week met jou gunstelingkos, sien uit daarna en moenie skuldig voel daaroor nie. Bring meer tyd in die natuur deur en doen moeite om fyn besonderhede van plante, diertjies en voëls raak te sien. Stel jou…

access_time1 min.
donnalee roberts

Kaapstad het nog altyd ’n stukkie van my hart besit en dit was só ’n voorreg om vir die eerste keer ’n voorblad- shoot in die Moederstad te kon doen. Dit was ’n fees van kreatiwiteit, lag en saamwerk! Ons het “winter” op een van die warmste dae in die Kaap moes shoot - maar saam met hierdie span mense pak ek winter enige dag, enige tyd weer aan. Ek het niemand geken toe ek die oggend daar instap nie en teen die middag het ek met ’n vol hart en nuwe vriende huis toe gery. Dankie, rooi rose vir een van my mooiste, eerste herinneringe noudat ek die Kaap huis kan noem. Liefde, Donnalee.…

access_time1 min.
wenbrief

LEEF VOLUIT Volgens die Bybel het ek reeds die eerste mylpaal van die beloofde jare verbygesteek en is ek nou op ’n stewige drafstappie op koers na die tweede ene. So dit is nou vir seker tyd dat ek begin uitgooi wat nie meer belangrik is nie en ophou wroeg oor die dinge wat ek nie kan verander nie. Ek wil nou ligter leef en my omring met mense wat nie allerhande kwessies het nie. Vriende wat saam met my kan lag oor ’n grappie (as hulle dit tog nog net kan snap ... ) Ek wil baldadig opgewonde wees oor goeie nuus en onvoorwaardelik lief wees vir my naaste. Ek wil nie meer tyd mors en wroeg oor die rand wat val of die petrolprys wat styg nie. Ons vergeet…

access_time1 min.
rooirose.co.za

WEN Ses lesers kan elk SIX Sensational Skincare-serums ter waarde van R1 000 wen. ‘rooi rose’- winkel Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za Knusste kussings ’n Kussing is vyftig persent van jou slaapgemak. Hier is agt belangrike keuses en die nege beste vulsels waarvan jy moet weet voor jy koop. AGTER DIE SKERMS Dit was so lekker om saam met Donnalee te werk om ons pragtige Mei-voorblad te skep dat ons dit met jou wil deel. Kom kuier saam agter die skerms op ons webblad. Aanlyn-KURSUS Kry 50% afslag op Craig Wilkinson se aanlynkursus, The Ultimate Dad. Lees meer op bl. 86. WEN klere van Donna-lee se nuwe reeks! Donnalee het onlangs ’n nuwe klerereeks begin en jy kan hierdie baadjie, ’n paar leerskoene…

access_time2 min.
lesersforum sluit aan en wen!

Connie Theunissen (46), sake-eienaar, Boksburg Die winter-blues maak my erg morbied. Kom uit, gryp jou bestie aan die hand, gaan soek elke winkel se special uit, drink koffie of ’n wyntjie, en koop daardie duur winterstewels met die vreeslike hakke, ’n stywe denim en die grootste, warmste serp. Jy gaan spoggerig, warm en geliefd voel, én lyk. Birgit Wilhelm (62), tuisteskepper, Odendaalsrus Gaan stap ’n ent. Om vars lug in te asem en die spiere ’n bietjie te werk is die beste medisyne teen die winter-blues. Dan hoef jy ook minder skuldig te voel oor die tweede skeppie bredie of sop. Lynzey Isaacs (36), voorkomskonsultant en stilis, Durbanville Ek is nie ’n wintermens nie, dalk omdat ek in die hartjie van die somer gebore is. Ek verlustig my in die jongste wintermodes…

help