EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Junie 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Save 40% on your subscription!
BUY ISSUE
R29,99
SUBSCRIBE
R295,20R177,12
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy pa’s en ander helde

ONS LAND en ons wêreld gaan gebuk onder ’n erge gemis. Baie vroue van verskillende generasies sit met ’n soms ondraaglike en altyd uitdagende situasie: om aan die hoof van ’n enkelouergesin te wees. Daar is vele aspekte van so ’n gesin wat dit ’n uitdaging maak: Die meedoënlose verpligtinge wat dit meebring; om alleen groot besluite te moet neem; om grootliks die verantwoordelikheid te dra vir die welwees van die gesin, fisiek, geestelik en finansieel. Onlangse navorsing in Suid-Afrika toon steeds geen verbetering op die groot probleem van gesinne wat sonder ’n pa moet oorleef nie. Dit hou in dat derduisende kinders in ons land sonder ’n pa grootword. Dit veroorsaak dat daar nie duidelike padwysers vir sulke kinders oor die rol van ’n man in gesinne en gemeenskappe is…

access_time2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Hannon-geskenkpak van R6 363. Hannon is bekend vir sy grimeer-, vel- en haarsorgprodukte wat spesifiek vir die Suid-Afrikaanse mark ontwikkel is. Die Hannon-grimeerreeks bevat produkte soos lipstiffies, oogskadu’s en oogomlyners, en sy velsorgprodukte bied ’n luukse velsorgervaring. En moenie van jou hare en Hannon se uitmuntende produkte vergeet nie. Besoek hannon.co.za vir meer inligting. BEVOORREG Sy trippel onseker rond voor die rak vol duur botteltjies en wonderwerkroompies. Eenkant, so op ’n gerieflike afstand, staan ’n mooi gespierde man en waarskynlik sy jong seun. Dalk sy vrou hier voor die rak? Sy loer onderlangs na my en vat selfbewus aan die bloupers kol op haar wang, daar waar haar onderlaag duidelik nie sy woede kon toesmeer nie. Haar lyf is dalk ook vol pers kolle. Waarom anders…

access_time1 min.
wenbrief

TOE NIE SO MAKLIK NIE Aanvanklik het ek gedink dat ek op dié manier ’n man gaan kry wat soos George Clooney lyk; iemand met ruggraat; ’n man wat nooit snork nie ... Maar om iemand aanlyn te soek was toe nie so maklik nie. Ek het tot dusver darem die volgende geleer: • Mans is op soek na ’n Cindy Crawford-model wat nie kinders het nie, en wat saam met hulle aan adrenalien gedrewe aktiwiteite kan deelneem. • Dit is soms absurd om ’n romantiese gesprek met iemand te probeer voer terwyl jy kosblikke pak en die ballettutu’s regmaak. • Min vriendinne wil weet wat jy doen - hulle is in ’n ander stadium van hul lewe. Dis nie meer soos op universiteit toe hulle wakker gebly het om te…

access_time1 min.
amalia uys

“WOW! Ek het nie mooi genoeg woorde nie. Dis soooo cool! Baie dankie vir een van die lekkerste shoots en onderhoude tot nog toe. Dit was ’n belewenis om by die Norval-stigting te shoot - die energie in die kunswerke en argitektuur het met osmose deel van ons almal geword en ek dink ons het daardie dag iets beautiful geskep. Dit was ook heerlik om saam met fotograaf Kristina Stojiljkovic te werk. ’n Vroue-fotograaf skep net ’n ander soort energie. Dis altyd ’n fees om saam met julle te werk, en dankie dat julle al jare lank ’n pad saam met my stap. Ek kan nie wag om die tydskrif te koop nie. Dis vir seker een vir die versameling. Baie liefde, Amalia.”…

access_time1 min.
rooirose.co.za

Nou aanlyn Op soek na geskenke, die mooiste goed wat jy vir jou huis kan koop, of die lekkerste bederfkopies? Kom loer aanlyn waar ons gereeld die beste nuwe kopies deel. WEN Een gelukkige leser kan ’n SOTHYSgeskenkpak ter waarde van R4 395 WEN. Hou kreatiewe handjies die winter besig met hierdie oulike popstelletjie wat jou kind self kan verf. Dit sluit ’n voorskoot, verf, verfkwas, blinkers en ’n stelletjie van vyf poppies in. Vanaf R345, Tiger-Lily. ‘rooi rose’- winkel Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za AGTER DIE SKERMS Kom kuier saam agter die skerms by ons prettige voorbladfotosessie met AMALIA UYS. FACEBOOK • TWITTER • PINTEREST • NUUSBRIEF • INSTAGRAM FOTO’S: NEINCHPUNCH/ISTOCK IMAGES; AMALIA-FOTO: KRISTINA STOJILJKOVIC…

access_time1 min.
ons lief in mei

SPOGGERIG! DELILAH FEDORA IN VLOOTBLOU (R999) VAN PRINGLE OF SCOTLAND. NATUURLIK GORDEL MET DIERVELMOTIEF (R299) POETRY. Inspirasie uit die Stad van Liefde Die Franse hoofstad, Parys, was die inspirasie vir Over The Moon se elegante en gesofistikeerde herfs/winter 2019-reeks. Prys op aanvraag. PERFEK VIR PA’S Redecker braaiborsel van @home (R119, slegs aanlyn beskikbaar). SIT-SIT SO ... GEMAKLIK FLORA-STOEL (R6 899) IN DANNY DUSTY ROSE MET SWART METAALPOTE VAN SOFACOMPANY.COM ABSOLUUT NUUT ABSOLUT STEL BEKEND ABSOLUT EXTRAKT (R239), ’N SPESERYAGTIGE “SHOT” WAT MET GROEN KARDEMOM GEGEUR IS. NET DIE DING VIR ’N KOUE WINTERSAAND. KOSBAAR Cartier se opwindende nuwe juweelreeks, Clash De Cartier, weerspieël en beklemtoon die interessante (en soms kontrasterende) kenmerke van vroulikheid. Clash de Cartier-diamantarmband met pienk goud (prys op aanvraag). GOEIE SORG NADPLUS+ COMPLEX IS ’N NUWE, INNOVERENDE SUID-AFRIKAANSE TEENVEROUDERINGSAANVULLING MET 19 AKTIEWE BESTANDDELE WAT DIE TEKENS VAN VOORTYDIGE VEROUDERING TEËWERK. (PRYS OP…

help