menu
close
search
EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Julie 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: BLACK40
BUY ISSUE
R29,99
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
ek & jy generasies

HOE MEER dinge verander, des te meer bly dit dieselfde. Hierdie feit soos ’n koei geld vir my ook veral die opeenvolging van generasies met die gang van die tyd. Ek lees onlangs iets baie interessants oor die sogenaamde “Generasie Z”, die groep tussen 13 en 28 wat die Millenniërs opvolg: Hulle neem getalsgewys reeds die voortou en gaan spoedig die grootste generasie tot nog toe wees wat sowat 32% van die wêreldbevolking gaan uitmaak. Hulle voor- en afkere, waardes en beginsels gaan dus baie binnekort die tydsgees bepaal, en so ook die modes en tendense en elke saketransaksie wêreldwyd. Vanselfsprekend word baie navorsing oor hulle gedoen. Die resultate is belangrik, en na my mening, verstommend. Die grootste waardevoorkeur wat hulle kenmerk, is bevind, was ook tiperend van die era wat…

access_time2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n RVB SKINLAB-geskenkpak van R4 955. Die internasionale skoonheidshandelsnaam RVB SKINLAB is sinoniem met professionele velsorg. Navorsing in samewerking met dermatoloë en farmaseutiese departemente van verskeie universiteite verseker dat gevorderde produkte en behandelings ontwikkel word. RVB Cosmetics South Africa @diegodallapalmaprofessional_sa DIE OUDERDOM Op tien weet jy jy is die mooiste kind in die wêreld. Jy gaan eendag ’n belangrike werk doen. Jy gaan met ’n aantreklike, ryk en goeie man trou en julle gaan pragtige, gehoorsame kinders grootmaak. Op twintig begin jy vermoed jy is toe nie die mooiste nie. Aantreklike, ryk en goeie mans is skaars en min kinders is altyd pragtig en gehoorsaam. Op dertig het jy al ontdek die mense wat saak maak, voel vere hoe jy lyk. Niemand dink jou werk is belangrik…

access_time1 min.
wenbrief

KINDERKOS Voor my, het dit gevoel, was die hemel. Ek was sewe jaar oud en vanaf ’n broekielace-stoep het ’n gang gestrek tot by ’n prieel met trosse deurskynende groen druiwe. Dit was my oupa se huis, en sou vir twee jaar my tuiste wees. Die dorp: Graaff-Reinet. Dit was oorlogsjare en my pa het veldwerk as “ingenieur” gekry. Ek en my suster het die tuin soos windhonde gefynkam en op ’n paradys afgekom. Bome vol oranje lukwarte, drie soorte nartjies, ’n amandelboom, geel pruime. Daar was lanings druiwe en grenadellas. Antie Mary, my ma se oudste suster, het oupa bygestaan. Sy was die dorpsbloemiste en het meestal haar eie blomme en loof gekweek. In die agterkamer het baddens vol blomme gestaan, lelies, asters en krisante. Die vreugdes het voortgeduur. My ma…

access_time4 min.
swart op wit laat lees!

LEES IS EEN van my gunstelingtydverdrywe, reeds van kindsbeen af. Van fiksie tot biografieë, en gedigte, tydskrifte, koerante (snuffelkolomme ingesluit), strokiesverhale, rillers, humor – noem maar op, ek lees dit. Selfs jeugverhale. Ek het weer onlangs vir my ’n lekker dik, kleurryke boek met 150 monsterstories in ’n speelgoedwinkel aangeskaf. Eintlik was ek daar om vir ’n vriend se seuntjie ’n verjaardaggeskenk te koop. Hierdie liefde vir die geskrewe woord het juis kleintyd by my posgevat. Ek was daardie outjie wat soggens aan tafel die inligting op die ontbytgraanboksie, die vrugtesap-etiket en die melkbottel gelees het. Die uitleg van die skool- en dorpsbiblioteke het ek soos die palm van my hand geken, van die oorlogverhale tot die doktersboeke. Laasgenoemde het baie, ehm, leersame inligting bevat, toegelig deur besonder knap illustrasies. Dit was al menigmaal…

access_time1 min.
ons love in julie

PURE VREUGDE Die nuwe Giorgio Armani Sì Eau De Parfum Fiori (R1 590 vir 50 ml) word as “blommerige vreugde” beskryf. Die fyngeur bevat ook note van mandaryn en swartbessienektar, vanielje en wit muskus. INHEEMSE BLOMMEKUNS Die nuwe LA PRAIRIE PLATINUM RARE CELLULAR LIFE-LOTION is ’n luukse serum wat platinumpeptiede en ander kragtige bestanddele bevat wat die vel se detoksifiserende meganismes aanwakker. Die serum beloof ’n fyner veltekstuur, gladder vel en sagter plooie. (Prys op aanvraag.) Teetyd Die gewilde Burt’s Beesprodukte is nou in Suid-Afrika beskikbaar by takealot.com en uitgesoekte apteke landwyd. Burt’s Bees Lip Balm in ’n blikkie (R99). DIS NOU TYD! DIE TAG HEUER CARRERA LADY-HORLOSIE (PRYS OP AANVRAAG) HET ’N NUWE VOORKOMS GEKRY.…

access_time5 min.
geniet rooi rose op ’n nuwe manier

WAT MAAK PODSENDINGS SO GEWILD? • Daar is ’n podsending vir elke geit of gier, of jy nou belang stel in visvang, skoonheid, verhoudingsraad of selfsorg, daar is iets wat in jou smaak sal val. • Podsendings kan vermaaklik én leersaam wees. • Jy kan luister, pause en stop wanneer dit jóú pas. • Jy kan enige tyd daarna luister op jou slimtoestel terwyl jy bestuur, werk, oefen, skoonmaak, aantrek of vir die kinders wag. • Behalwe die datakoste is dit gewoonlik verniet. WAT IS PODSENDINGS? • Podsendings is aýaaibare radio- of oudioprogramme waarna jy op jou slimtoestel kan luister. • Jy kan kies om dit te stroom, of om dit af te laai en later te luister. • 'n Mens kry deesdae podsendings oor byna enigiets, soos die ekonomie, die jongste nuus,…

help