menu
close
search
EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Augustus 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R29,99
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
vrouekrag

AS DIT NIE vir vroue was nie, was ons wêreld sekerlik in nog groter moeilikheid as wat dit reeds is. Die tydsgees is toenemend negatief en aggressief. Wêreldleiers kan ’n bepalende rol speel in hierdie verband, en vroue soos Jacinda Ardern van Nieu-Seeland en die alombekende Angela Merkel is al uitgesonder vir die rol wat hulle speel om wêreldwyd ’n positiewe invloed uit te oefen. Sulke vroueleiers word juis gekenmerk deur warmte teenoor ander en goeie verhoudings. ’n Ma is mos ideaal gesproke die een by wie jy daardie belangrike lewenslesse leer – die een mens wat altyd aan jou kant is, waar jy altyd ’n toevlug het. Daar word soms verskonend van selfs die wreedste moordenaars en skelms gesê dat elkeen mos ’n ma het, daarom is daar steeds vir…

access_time2 min.
skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNON-geskenkpak van R6 258. Wanneer dit by skoonheid kom, is HANNON ’n vertroude naam. Sy reeks gehalteprodukte strek van grimering soos Colour Blend-lipstiffies, Candy Sugar-lipglanse, oogskadu, oogomlyners en meer. Dan is daar ook velsorgprodukte, soos die Gentle Facial Wash, asook uitstekende haarprodukte. Besoek hannon.co.za vir meer inligting. DIE VREUGDE VAN GEE Die vars sjokoladekoek staan uitlokkend op die kombuistoonbank. Dit is die mooiste geskenk, en een wat die vrou ’n paar rand in die sak kon bring. Sy het op ’n WhatsApp-groepie gevra vir ou kussings sodat sy haar sitkamerbanke kon stop. Later vertel sy verleë dat sy ’n staatspensioen kry, en met haar tuisgebak probeer sy ook die wolf van die deur weghou. My kussings was lankal verby hul leeftyd en ek was eintlik…

access_time1 min.
wenbrief

PROBLEEM! Ek bly op ’n plaas so tien kilometer van die dorp af. Elke Vrydag ry ek dorp toe om die naweek se proviand te gaan koop. Op pad is daar ook Vrydae ’n vendusie, en die meeste diere en pluimvee word boonop op my pad vervoer. Nou moet ek byvoeg dat ek ontsettend lief is vir diere en my altyd in hul “skoene” plaas. Ek was nog altyd ’n diereliefhebber, maar noudat ek ouer word, word dit ekstreem. As daar kalfies in die kampe langs die pad is, en hulle bokspring van uitgelatenheid, moet ek my oë knip sodat ek nie tjank nie, want waarvoor is hulle eintlik bestem? En soos die duiwel dit wil hê, is daar altyd ’n sleepwaentjie met beeste en skape voor my wat ek nie…

access_time1 min.
rooi rose

JOHANNESBURG REDAKTEUR Martie Pansegrouw ADJUNK-REDAKTEUR Hannelie Diedericks ONTWERP & UITLEG Linda Ehlers TEKSREDAKTEUR Hugonette Theron PRODUKSIEHOOF Anelle Tewson anelle@caxton.co.za PRODUKSIE-ASSISTENT/ FOTOREDAKTEUR Melissa-Jade Myburgh melissajm@caxton.co.za VERHAALREDAKTEUR Corlia Fourie corlia@caxton.co.za SENIOR SPESIALISJOERNALIS Mariette Snyman mariettes@caxton.co.za BOEKE EN VERMAAK Sonnette Lombaard slombaard@caxton.co.za DIGITALE REDAKTEUR Catherine Schenck catherines@caxton.co.za KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel rooirose@caxton.co.za REDAKSIONELE ASSISTENT Suzan Lekwape KAAPSTAD SKOONHEIDSREDAKTEUR Suzanne Kotzé suzannek@ctp-mail.co.za ASSISTENT Corné Greeff MODEREDAKTEUR Susra Matthee susram@ctp-mail.co.za ASSISTENT Bea Lingenfelder KOSREDAKTEUR Vickie de Beer vickie@hardrain.co.za LEEFSTYLREDAKTEUR Cornél Dunn cornel@ctp-mail.co.za ASSISTENT Elandré Swart GESONDHEIDSREDAKTEUR Salomé Delport salomed@ctp-mail.co.za BEMARKING & KOMPETISIES Adriana Grundlingh adrianag@ctp-mail.co.za MEDEWERKERS Margaret Gardiner, Justine Kroes, Magdaleen Malan, Martjie Roos, Ilse Salzwedel, Anet Schoeman, Martie Swanepoel, Valiant Swart, KAAPSTAD Posbus 260, Howard Place 7450 Tel. 021 001 2401 Caxton-gebou, Old Mill-weg 36, Ndabeni rooirose@ctp-mail.co.za JOHANNESBURG Posbus 412982, Craighall 2024 Tel. 087 158 1832 Caxton House, Jan Smutslaan 368, Craighall.rooirose@caxton.co.za…

access_time2 min.
sluit aan enwen!

Deoné Meyer (19), rekenmeestersklerk, Vrystaat My ma is my rolmodel. Ek bewonder haar opregtheid en lojaliteit. Haar deur staan oop vir almal en sy sal eerder ander mense help as wat sy iets vir haarself sal doen. Sy sien nie neer op ander nie, en sien net die mooiste in almal raak. Sy is ’n vrou van God, ’n aardse engel. Ek probeer dit in my eie lewe toepas deur soos sy te wees: nederig. Dorette Jonker (36), regsadviseur, Kaapstad My baas is my rolmodel. Sy het in die apartheidsjare as ’n bruin vrou in ’n arm gebied grootgeword maar bo haar omstandighede uitgestyg. Sy doen altyd die regte ding, wat ’n uitdaging is in die korporatiewe wêreld. Sy weier om in kantoorpolitiek betrokke te raak of dat ander haar intimideer…

access_time4 min.
sonderpouse

’n Mens is rondte vir rondte herinner aan hoe snel en vlietend die lewe eintlik maar is TEEN ONS kombuismuur hang ’n horlosie wat reeds sedert ons vroegste gesinsjare deel van die huishouding is. Dis ’n eenvoudige, ronde plastiekmodel met ’n helder rooi raam wat met klein flitsbatterye werk. Ons het hom sowat vyf-en-twintig jaar gelede aangeskaf. Rooi, om te pas by die rooi-en-wit geruite gordyntjies in ons kothuiskombuis van destyds. Die getroue rooi horlosie het nog nooit tyd verloor of gewen nie, en die battery word hoogstens een maal per jaar vervang. As ek snags ná ’n optrede saggies by die tjoepstil huis inloop, het die gerusstellende, gedempte tik…tik…tik vanuit die kombuis my altyd verwelkom. Tot 1 Januarie vanjaar. My tienerdogter het my na die plaaslike mall gesleep om iets met haar…

help