menu
close
search
EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose September 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: BLACK40
BUY ISSUE
R29,99
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
blou, blouer, blouste

VIR MY is die voordag blou. Vroegoggend, nog voor die dag breek, is daar so ’n vae grysblouheid aan die lug. Dit kan wees dat ek dit sien as ’n tyd nog vol belofte, voor die son opkom en die dag hom in al sy ware kleure aan jou openbaar, of so iets ... Daarna volg die kenmerkende goue gloed, afhangende van die seisoen en die weersomstandighede, en dan begin die son gewoonlik klim op sy pad deur die lug – en kort voor lank wéét jy presies met watter soort dag jy te make het. Gister was byvoorbeeld heeldag blou, daardie knaende die-een-moeilikheid-opdie-ander soort blou, nogal volop op saktyd. Op pad werk toe het ek naby die kantoor gou uitgespring vir wegneemkoffie - waar hulle my al ken en my…

access_time2 min.
skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNON-geskenkpak van R6 258. Wanneer dit by skoonheid kom, is HANNON ’n vertroude naam. Sy reeks gehalteprodukte strek van grimering soos Colour Blend-lipstiffies, Candy Sugar-lipglanse, oogskadu, oogomlyners en meer. Dan is daar ook velsorgprodukte, soos die Gentle Facial Wash, asook uitstekende haarprodukte. Besoek hannon.co.za vir meer inligting. RRRADIO: BOTOX, BARBIES EN BIETSE • Ek geniet die voorlesings so baie, kan nie wag vir die volgende aflewerings nie. Trix van Niekerk. • Het dit nou baaaie geniet. Kan nie wag vir die volgende episode nie. Ek het as kind radiostories geluister, en daar is net iets aan ’n radiostorie. Hierdie is wel ’n voorlesing, maar ek sien die hele prentjie. Ek gaan dit beslis klaar luister, en het reeds ’n vriendin hiervan vertel. Dankie, julle! Colleen Fourie. • Beste rooi…

access_time1 min.
wen brief

MET LEKKERKRY KLAARKRY! Was jy al ooit in die openbare toilette van ’n vulstasie waar daar ’n bos blomme op die toonbank en ’n vrolike blomkrans by elk van die vier wasbakke jou begroet het? Kan dit waar wees? Ja, wat was ek verras toe ek onlangs die badkamer by die Total-vulstasie langs die M2 by die dorpie Buffeljagsrivier in die Wes-Kaap besoek het en alles in so ’n eksie-perfeksie en blomversierde toestand aantref. “Weet jy wie is dit wat dit so mooi maak hier?” vra ek verstom aan die vriendelike vrou wat, toe ek my hande tussen al hierdie blommeweelde was, besig is om die vloer te mop. “Dis maar ek, Mevrou,” glimlag sy skamerig. “Dis pragtig! Waar kom die blomme vandaan?” vra ek weer. “Ek bring dit van my huis af en maak maar…

access_time4 min.
net ’n nommer

SKUINS NÁ die aanvang van die nuwe jaar, met die plofklank van vonkelwynproppe nog vars in ons ore, vertrek ons vroeg op ’n weeksoggend na ’n dorp in die Overberg om by die kantore van Binnelandse Sake ’n paspoortaansoek te gaan indien. Ons dogter is gekeur om vir tien maande as uitruilstudent in Amerika te gaan skoolgaan en haar bestaande paspoort verstryk sowat ’n week voordat sy volgende jaar haar terugvlug sal moet haal, en ’n nuwe aansoekproses was ons voorland. Ons was deeglik voorbereid op die moontlike frustrasie en ergernis wat op ons wag: ellelange toue, onvriendelike, onbeholpe personeel, en ’n wagtyd wat ure kan duur voordat ons aan die beurt kom. In sulke plekke beteken jou status, jou bankbalans en jou blink behangsels net mooi niks nie Op Stellenbosch, die dorp…

access_time1 min.
ons love in september

Die nuwe Princess Marina de Bourbon Cristal Royal-fyngeur (30 ml: R895, 50 ml: R1 195 en 100 ml: R1 595 by Truworths) is geïnspireer deur fyn, tradisionele Franse kristal. Jy ruik peer, bergamot, jasmyn, lelie-van-die-dale en sandelhout. LENTE IN ’N BOTTEL! Die Nicolas Feuillatte Champagne Sakura Edition Réserve Exclusive Rosé (beperkte uitgawe) is met kersiebloeisels, Japan se nasionale blom, versier. Vanaf R780 per bottel by uitgesoekte winkels. SAAMGESTEL DEUR HANNELIE DIEDERICKS EN JUSTINE KROES. HOOFFOTO MILADY’S…

access_time2 min.
het jy gehoor?

SEISOEN 1 Hierdie maand luister ons verder na die drie reekse van die eerste seisoen van rrRADIO. Moenie bekommerd wees as jy die vorige episodes gemis het nie, want dit is steeds beskikbaar en jy kan enige tyd daarna luister. BOTOX, BARBIES & BIETSE In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Episodes 10-14: Liesl het gedink die ding tussen Konrad en Isa is net ’n doodgewone affair, maar hier is iets onheilspellends aan die gang. Liesl is nietemin bly dat sy uiteindelik antwoorde op honderde vrae gaan kry. TEE & TAAI TOFFIES In September gesels…

help