EXPLOREMY LIBRARY
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Oktober 2019

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Frequency:
Interrupted
Read More
BUY ISSUE
R 29,99

in this issue

2 min.
ek & jy in hoofletters

MY DAE volg mekaar met gereelde gang op, met afgemete pas, met tye eenselwig, geroetineerd. Ek volg die nuus, ek volg die weervoorspelling, loer gou op Twitter, facebook, Instagram. Ry gou hiernatoe, daarnatoe, beplan, tref reëlings vir die dae, weke wat kom. Jy merk dae in jou kalender, so en so se verjaarsdag, die dag toe sy dit of dat behaal het, die geboorte van ’n kleinkind, die sterfdatum van ’n geliefde ... Maar belangrike dae gaan net so vinnig verby soos die gewone dae. Jy kan nie aan enige oomblik langer vashou as ’n ander een nie. Maar ek voel jy kan hulle in jou gedagtes merk. Daardie dag toe ... en in jou geheue ’n blink ster daarby plak. In hierdie dae waar ons so beïnvloed word deur wat…

2 min.
skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNONgeskenkpak van R4 682. Wanneer dit by skoonheid kom, is HANNON ’n vertroude naam. Sy reeks gehalteprodukte strek van grimering soos Colour Blend-lipstiffies, Candy Sugar-lipglanse, oogskadu oogomlyners en meer. Dan is daar ook velsorgprodukte, soos die Gentle Facial Wash, Neck and Burst Firming Creme, asook uitstekende haarprodukte. Besoek hannon.co.za vir meer inligting. • Baie dankie vir die gratis podsendings. Ek het eers na al die episodes van Botox, Barbies en Bietse geluister en nou geniet ek die Tussen Ons-podsendings. Dit word smaakvol aangebied. ’n Klapsoen vir die mens wat dit uitgedink het. - Marlene Kruger • Ek geniet Botox, Barbies en Bietse so baie. - Louise Ferreira • Ek kan nie wag vir die volgende episodes van Botox, Barbies en Bietse nie. My man herinner my…

1 min.
wenbrief

BLOED DIKKER AS WATER? Toe gebeur wat almal vrees: Ouma val en breek haar heup. Ná die operasie waarsku die spesialis dat sy ses weke lank liefs moet lê. Net daar propeller my ongekompliseerde bestaan uit sy gemaklike baan. Dit is vir my ’n voorreg om haar te versorg, maar my nuwe rol as kits-verpleegster betrap my onverhoeds. Ek kry opnuut respek vir dié beroep. My huis is omtrent 50 m van Ouma s’n en ek hol heen en weer tussen die twee huise om albei huishoudings te probeer behartig. Snags slaap ek by Ouma en moet haar omtrent vyf keer badkamer toe help. Ek stel ’n versorger vir die nag voor, maar Ouma verseg. My menslike wenslysie word gereduseer tot ’n eenvoudige versugting om tog net één ononderbroke nagrus te mag…

2 min.
lesers-forum sluit aan enwen!

Erna Joubert Die boekvoorlesing Botox, Barbies & Bietse . Ek is mal oor die beeldspraak, die mildelike gebruik van byvoeglike naamwoorde, die speel met woorde sodat ’n heel nuwe wêreld my insluk en deel van die verhaal maak. Anri Basson Ja! Ek het sommer al die eerste podsendings afgelaai en ek luister daarna wanneer ek reis. Ek hou van Tee en Taai Toffies , asook die Tussen Ons . Ek verkies die gesprekke waaruit ek iets kan leer. Marina Stain-Alberts Ja! My gunsteling is Tee en Taai Toffies. Dis regtig verfrissend om daarna te luister. Miskien sal ’n reeks wat oor gesondheid en fiksheid handel ook byval vind. Erna, Anri en Marina wen elkeen ’n paar Hi-Tec Ladies V-Lite OX Trail Racerstekkies en sokkies alles ter waarde van R1 058! Dis tyd om aan die beweeg…

4 min.
veels geluk, liewe maatjie

ELKEEN WAT bevoorreg is om hierdie tydskrif te kan lees – of jy dit nou elke maand by die winkel aanskaf, of ’n intekenaar is, of les bes, “by die dokter se spreekkamer” onder oë kry, het iets gemeen: ons het al dikwels in ons lewe geskenke gegee – en ontvang. Die twee vernaamste geleenthede waar geskenke aangedra word, is met verjaarsdae en op Kersfees. Dan is daar natuurlik troues en geboortes, huweliksherdenkings, Valentynsdag, ’n ooievaarstee, en soms ook die vier van ’n prestasie wat ’n beloning regverdig – graadvang, bevordering ... Dis waarskynlik in die kol om te raai dat daar daagliks op aarde miljoene geskenke hande verwissel. Dis jou plig om elke geskenk, hoe beskeie, lelik, of ‘cheapskate’ ook al met geesdrif te ontvang Dis ’n wonderlike ding om ’n geskenk te…

2 min.
het jy gehoor? rrradio seisoen 2 begin!

SEISOEN 2 einde Hierdie , maar maand moenie kom sug die nie eerste , want seisoene die tweede van Tussen seisoen Ons van en elkeen Tee & begin Taai To dadelik ffies tot daarna ’n met interessante nuwe temas en gaste. Die avonture van Liesl Burger in Botox, Barbies en Bietse kom ook tot ’n einde, maar dan begin ons splinternuwe spanningsvolle dramareeks, Dans met die rooi rok. Onthou die vorige reekse en episodes is steeds, enige tyd, beskikbaar om na te luister! HOE OM TE LUISTER Al die rrRADIO-podsendings kan vanaf rooirose.co.za of iono.fm gespeel word. Klik net op die rrRADIO skakel boaan die rooirose.co.za tuisblad of soek vir die rrRADIO-kanaal op iono.fm Die podsendingsreekse is ook beskikbaar op iTunes, Player.FM, Pocket Casts, Spotify en Google Podcasts. As jy dit…