EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Desember 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Save 40% on your subscription!
BUY ISSUE
R29,99
SUBSCRIBE
R295,20R177,12
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy kersboom, o kersboom

DIS WEER TYD vir Kersbome, “The Little Drummer Boy” herhaaldelik in die oorvol, malende winkelsentrums, redenasies oor spyskaarte en die vooren nadele van braai op Kersdag. Dis min of meer die sikliese gang van die Kerstyd soos ek dit deur die jare sien word het. Ons moderne mense bly besig met die dinge van Kersfees, maar dit gaan minder en minder oor die ware betekenis daarvan. Die ware gees van die Liefdesfees kom eers tot sy reg as ons dit met ander deel. En die heel diepste ervaring daarvan lees ’n mens in die oë van kinders. Kinders wat in verwondering kyk na die liggies, die boom, die pakkies daaronder. Van my kosbaarste kinderherinneringe het juis te make met Kersfees, die uitsien daarna en die belewenis daarvan. Net soos Rolanda hierdie…

access_time2 min.
skryf & wen

ONTSPAN! DIS NET KERSFEES Die vooruitsig van die fees- en vakansiedae wat voorlê, is seker veronderstel om ’n mens te vul met aangename gevoelens van afwagting en opwinding, maar vir baie van ons voel dit soos ’n nagmerrie wat wag om te gebeur. Ellelange doenlysies wat net nie wil krimp nie, seer voete in raserige, oorvol inkopiesentrums, verkeer uit die bose en swaarverdiende geld wat met verbysterende spoed in ’n swart gat af verdwyn. Elke jaar dieselfde ... Maar vanjaar gaan anders wees, besluit ek. Net ’n bietjie my ingesteldheid verander. ’n Bietjie meer geduld met my liewe medemense hê. Rustig bly te midde van die chaos om my. Onthou om lekker diep asem te haal - stres gee jou net plooie voor jou tyd. Ek gaan ’n toonbeeld wees van kalmte en…

access_time1 min.
wenbrief

DIE ONTHOU ... In September 2015 het ek die verhaal “Die Soen” deur Elsa Winckler in rooi rose gelees. My gedagtes was skielik in Julie 1984 op ’n Landsdienskamp. Hy is 18, ek 17. Ek is in die lekkerruikfase van my jong lewe. Alles moes lekker ruik: my hare, my handeroom, my klere ... Musk Lip Ice. Die Spearmint-kougom en muskus is ’n trefferkombinasie vir vars asem. Dis pouse tydens ’n natuurbewaringsrolprent en die aandlug is kraakvars en yskoud. Hy buk af en pluk vir my ’n aandblommetjie. Ek kyk af na die ligpers blommetjie in sy hand en toe ek opkyk, is ons lippe millimeters van mekaar af. Sag en soekend is sy lieflike lippe skielik op myne ... Die geskrewe woord sal die oomblik nie verder kan beskryf nie. Soms gaan staan…

access_time2 min.
lesersforum sluit aan enwen!

Leonor Breytenbach (41), skrywer, Kaapstad Ek is geseënd met vriende wat my aangeneem het - in hul familie, asook in hul huis! So, Kersfees is saam met my “sielsfamilie” met baie lag, sonskyn en heerlike etes. Ek is mal daaroor om geskenke vir mense te maak, en selfs die toedraai daarvan is deel van die pret. Dis ’n liefdesdaad. Geen Kersfees is reg sonder om ’n Kersdiens by te woon nie. Dit is immers ’n Christusfees waar ons Sy geboorte en genade vier. Natasha Combrink (22), student, Upington Ek en my man kuier dié Kersfees by my ouers. Ons gaan ’n dankbaarheidsfees hou, pleks van die gewone Kersfeesvieringe. My ma beplan alles, en hoewel ek min weet, weet ek dit gaan diep spore in ons elkeen se hart los. Marinda van Wyk…

access_time1 min.
rooi rose.co.za

Met die hulp van Personal Touch kan jy makliker van kreukels in jou klere ontslae raak. Vyf gelukkige lesers kan elk ’n Personal Touchgeskenkpak ter waarde van R1 000 wen. Dit sluit in Personal Touch se jongste produk, die Wrinkle Relaxer, wat jou help om sonder ’n strykyster van kreukels in jou klere ontslae te raak. GESKENKGIDS Op ons webblad is daar nog baie idees en inspirasie vir geskenke vir jou geliefdes. AGTER DIE SKERMS Dit was so spesiaal om die beeldskone Rolanda Marais en haar man, Jozua Malherbe, en hul skattige dogtertjie, Charlotte, vir dié uitgawe te kon afneem. Op ons webblad kan jy sien hoe dit agter die skerms by die feestelike voorblad-fotosessie verloop het. ‘rooi rose’- WINKEL Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n…

access_time4 min.
net liefde

VIR DIE MEESTE VAN VANDAG se kinders en jong volwassenes was die eerste grafiese uitbeelding wat hulle gesien het, seker ’n Teletubby of ’n dergelike strokieskarakter, kleintyd op televisie, daar waar die mamma of oppasser hulle in ’n wiegstoeltjie geïnstalleer het. Vir mense van my generasie is die eerste stukkie grafika wat in jou geheuebank vasgelê is, bes moontlik jou ouers se troufoto. Sedert jou vroegste jare op aarde leer jy al daardie portret op die vertoonkas ken: jou ma en pa op hul mooiste dag – hy in sy deftige pak, sy in haar wit rok, stralend in die vooruitsig van ’n gedeelde lewenspad. ’n Prentjie van die liefde. Vir die gelukkiges onder ons staan daardie vennootskap nog sterk – indien albei jou ouers nog lewe, natuurlik. Vir die minder gelukkiges was…

help