EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose November 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: YES40
BUY ISSUE
R34,85
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy liefde is ’n werkwoord

EK DINK al ’n geruime tyd hieroor na, en omdat ons onlangs ’n besonderse familietroue gevier het met al die vreugde en plesier wat daarmee gepaardgaan, is die liefde nou vars in my gedagtes. Die bruid en bruidegom, jonk en met sterre in hul oë, is al van skool af verlief en ken mekaar al ’n volle 14 jaar. Juis daarom was dit anders en verfrissend om te sien hoedat hulle die jare wat verloop het, gebruik het om aan hul verhouding te bou, om in mekaar en in hul wedersydse liefde te belê. Onlangs lees ek die volgende raak: Daar is byna geen menslike aktiwiteit of onderneming wat met soveel hoop en verwagtinge afskop en tog so gereeld misluk as juis die liefde nie. (Die filosoof Erich Fromm in sy…

access_time3 min.
gesels saam skryf &wen

DANKIE Baie dankie vir Magdaleen Malan se rubriek “’n Stukkie Afrika” (rooi rose, September 2018). Dit het die verlange teruggebring na my wonder-like kinderdae op die plaas. Ek wens ons kleinkinders kon dit ook beleef. Maar Oumi se tuin in die stad moet maar goed genoeg wees. Daar is darem baie liefde en lekker kos. Ingrid Berry (Brief verkort -red.) VAN KRAG TOT KRAG Die Hannon-produkte wat in rooi rose gewen kan word, neem my 25 jaar terug: Ons is ’n groep skoonheidskonsultante en kliënte wat bespreek is vir ’n haar-en-grimeersessie, en ons sien soos opgewonde skooldogters uit na die metamorfose. Twee aantreklike, netjies geklede mans haal ’n paar tassies uit ’n wit Golf, en mik in ons rigting. Ons make-overs begin. Ons sien hoe Hannon vaal vroue in skoonhede omtower. Ons hang aan sy lippe! Alles…

access_time1 min.
wenbrief

DIE MOOI GLIP VERBY Ons hedendaagse bestaan getuig van vol dagboeke en lywige agendas. Ons het hoër geboue, maar korter humeure. Ons bewoon groot huise gevul met luukshede, maar ons het klein gesinne en min tyd om hulle te geniet. Ons praat te veel en luister te min. Ons is grootmense, maar het klein karakters. Ons het meer grade, maar minder gesonde verstand, meer kennis, maar geen oordeelsvermoë nie. Ons het kitskos, maar stadige spysverterings, meer medisyne, maar bly siek. Daar is wêreldvrede, maar oorlog in ons gesinne. Tyd kan nie opgegaar, herwin of gebêre word nie. Tyd kan nie aan- of afgeskakel word nie. Tyd kan ook nie gekoop word nie. Tyd kan slegs benut of vermors word. Tyd is beperk. Die mooi van die lewe glip by ons verby. Ons sweet en ons swoeg,…

access_time2 min.
lesers forum sluit aan en wen!

Nadia van der Merwe (37), administratiewe beampte, Kaapstad. Ek is besig om my troue te beplan en het tot dusver alles gedoen gekry wat ek moes afhandel. Marina Stain-Alberts (64), persoonlike assistent, Kraaifontein. Ek het my voorgeneem om gesonder te lewe en meer dikwels én harder te oefen. Ek oefen wel maar nie hard genoeg nie. Ek wou teen die einde van 2018 al 10 km kafdraf, maar ek is nog nie daar nie. Die oorblywende paar maande sal ek beslis moet sweet! Dorette Jonker Ons het onlangs ’n ou huis gekoop en my plan was om elke drie maande een vertrek oor te doen. Ek het nog een vertrek oor - die spaarkamer. As ek een dag per week ná werk iets afhandel, soos mure verf, behoort ek betyds klaar te…

access_time1 min.
rooirose .co.za

VELSORGBEDERF Vyf gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R1 000 van Clere wen! Dit sluit Clere se nuwe Vanilla Honey Cream in wat twee van hul gunsteling-geure kombineer: heuning en vanielje. Die room is vir ’n baie droë vel ontwikkel. AGTER DIE SKERMS Kom kuier agter die skerms saam met die lieflike Tracey Lange tydens ons voorbladfotosessie in die mooie Kaapstad. ‘rooi rose’- WINKEL Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za TANNIE EVITA Ilse Salzwedel het saam met Tannie Evita Bezuidenhout gaan tee drink (en koeksisters geëet, natuurlik!) Hulle het oor die hoogtepunte in haar loopbaan gesels én ’n bietjie geskinder oor daardie doring in haar vlees, Pieter-Dirk Uys. Lees ook ons onderhoud met Pieter-Dirk op bl. 32. FACEBOOK…

access_time2 min.
ons in november

Inner Secrets Lingerie is nie net ’n vervaardiger van pragtige, ragfyn onderklere nie, maar ook van stylvolle swemklere en bykomstighede, soos hierdie Maryan Mehlhorn-kaftan (R5 165).Innersecrets.co.za KLEURRYKE STYL EN GEMAK Espadril se SS18 Amanzi-reeks is deur die somer, see en son geïnspireer. ESPADRIL ASA (R990). Kiekies Fujifilm se nuwe instax SQUARE SQ6-KAMERA (R1 999) stel jou in staat om binne drie minute foto’s in die vierkantige 1 x 1 ratio te druk wat die gewilde formaat vir sosiale media, soos Instagram is. Beskikbaar in drie kleure: goud, grys en wit. Al drie die nuwe, unieke Chanel-fyngeure, Les Eaux de Chanel, Paris-Deauville, Paris-Biarritz en Paris-Venise is deur Gabrielle Chanel se gunstelingplekke geïnspireer. Die geure word as vars beskryf (Les Eaux de Chanel, R2 270 vir 125 ml). LEANDIE DU RANDT BOSCH SE EERSTE WYN, DU RANDT BOSCH…

help