EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Fashion
Rooi RoseRooi Rose

Rooi Rose Oktober 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: BDAY40
BUY ISSUE
R34,85
SUBSCRIBE
R295,20
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
ek & jy geluk!

EK HET NOG NOOIT aan myself gedink as besonder “gelukkig” as dit by wen kom nie. Ek het in my kinderdae presies een keer iets by ’n basaar gewen: ’n bottel ingelegde lemoene. “Gelukkig” hou ek van marmelade, maar so ’n wen verryk hoogstens ontbyt vir ’n paar weke, veral as die hele gesin saameet. As jong volwassene het ek een keer ’n lappieskombers gewen in ’n gelukkige trekking ten bate van ’n ouetehuis. En toe heelwat later in my lewe ’n wasmasjien as tweede prys in ’n kompetisie by ’n bekendstelling. Dit sou hier dalk van pas wees om te bieg dat ek nou nie juis ’n gewoonte daarvan maak om vir kompetisies in te skryf nie ... Daarby is dit ook seker belangrik om te erken…

access_time2 min.
skryf &wen

SOEKPrediker in die Bybel vermaan ons om nie haastig te wees om jou te vererg nie. Tog het elke mens mos maar iewers in sy vlamkas ’n kort lont wat terstond kan ontplof. Myne ontplof wanneer ek na iets moet soek. Ek beskou my as besadig en wanneer ek in Dwarskersbos draai, is my gemoed selfs nog vrediger. Die las van die dinge waarop ek my gedagtes hou, vervaag dan. Maar om terug te kom by “soek”. Vanoggend soek ek ’n eierspaan toe ek eiers bak. Ná ’n paar laaie oopgeruk is, draai ek toe maar die eiers met twee vurke om. Met wrewel moes ek toekyk hoe die eiergeel begin loop, en my gemoed is terstond ontwrig.Wat word van die goed wat elke dag in ’n huis voor…

access_time1 min.
as jy wil saampraat

BESOEK ROOIROSE.CO.ZA EN KLIK OP “KONTAK ONS” EN DAN OP “STUUR ’N BRIEF AAN DIE REDAKTEUR” FACEBOOK.COM/ROOIROSE TWITTER @ROOI_ROSE INSTAGRAM @ROOIROSE E-POS ROOIROSE@CAXTON.CO.ZA SLAKKEPOS: POS JOU BRIEF AAN PRAAT SAAM, POSBUS 412982, CRAIGHALL 2024.IN JOU BRIEF MOET JY AANDUI DAT JY DIE BRIEF NIE OOK AAN ANDER TYDSKRIFTE GESTUUR HET NIE. ■…

access_time1 min.
wenbrief

Wanneer mense praat van “in die ou dae” wonder ek altyd na wie se ou dae daar verwys word. My ou dae en jou ou dae verskil. So verskil generasies se “in die ou dae” ook. Mense beweer graag dat dinge in die “ou dae” beter was. Vir party mense is herinneringe aan die ou dae dalk goed, maar vir ander hou daardie tye hartseer en nare dinge in.Daar word ook te maklik veralgemeen: die kinders van die ou dae was kwansuis sulke goeie kinders in vergelyking met die hedendaagse kinders. Dinge om ons verander, maar ons aardbewoners bly maar dieselfde. Die sondes van toe is ook die sondes van nou. Om die waarheid te sê dink ek die kinders van vandag is meer doelgerig, spontaan, bewus van en…

access_time1 min.
leandie du randt bosch

“Hierdie rooi rose-voorblad- shoot was een van my lekkerstes. So ’n goeie en aangename span dames en lekker atmosfeer. Wat ’n voorreg om vir ’n dag deel van die glanstydskrif te kon wees.” • Ons het almal bagasie! Of dit nou in Louis Vuitton-tasse gepak is of in ’n Dis-Chemgrimeertassie. Dis daar. Is joune al uitgegooi, uitgesorteer, of weggegooi? Of staan jou bagasie al jare lank bo in die kas en muf ? Noem dit op sy naam en hanteer dit. Nou!• Elke geleentheid het ’n rakleeftyd. Benut elkeen wat na jou kant toe kom.• As jy as “mal” geklassifiseer word omdat jy ’n maaltyd om mayonnaise beplan, of die nuusleser op die kassie teruggroet, so be it! Einstein het…

access_time1 min.
rooirose.co.za

LASER BEAUTIQUE WEN met Laser Beautique: Een gelukkige leser kan ’n pynvrye laser-haarverwydering by the Laser Beautique wen. Hierdie prys ter waarde van R4 980 sluit ’n onderarm-, Hollywood bikini- en beenhaar-verwydering in. Belgiese linneservet met blompatroon (R170) Lapoplap. ‘rooi rose’- WINKEL Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za Vier vlekvryestaalstrooitjies met sakkie en skoonmaker (R165) 6 Degrees East. AGTER DIE SKERMS Ons het op ons voorbladfotosessie groot pret saam met die lieflike Leandie du Randt Bosch gehad. Kyk op ons webblad wat haar gunstelinguitrusting…

help