ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Sarie Partytjie

Sarie Partytjie

2020

Die tweede SARIE partytjie – alles wat jy nodig het om die beste kinderpartytjie nóg te reël! 70 partytjie-idees plus 5 koek-planne, uitnodigings, speletjies én aflaai en uitdruk ontwerpe om die dag spesiaal te maak!.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off

in this issue

4 min.
melkskommelweg

Op planeet Melkskommelweg het hulle graag partytjie gehou. Daar was nie ’n verjaardag waar daar nie ’n GROOT makietie was nie, die hele land is dan vir die fees genooi. Kallie Kaneel en Maria Soufflé was die hoofkokkedore wat partytjies gereël het en hul hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hulle het saam uitnodigings en ander mooi dinge gemaak, speletjies beplan en natuurlik gebak en gebrou aan die eetgoed. Maar op een mooi dag breek die grootste dilemma denkbaar aan: Die Goue Kers wat al vir duisende jare op elke verjaardagkoek pronk, was skoonveld! Daar was geen ander keuse nie: Kallie Kaneel en Maria Soufflé moes sélf in die pad val en na die Goue Kers gaan soek, tot in die verste uithoeke van die land. Die twee se eerste stop…

7 min.
dis 'n ys-paradys

DIE TEMA DIE KOEK DIE EETGOED Ys-paradys doughnuts Niemand kan nee sê nie. GENOEG VIR 8 • 125 ml louwarm melk • 30 ml strooisuiker • 20 ml heuning • 80 g botter, gesmelt • 2 eiers • 1 x 10 g-sakkie kitsgis • 350 g (625 ml) koekmeel plus ekstra vir uitrol • 5 ml vanieljegeursel • 130 g (250 ml) versiersuiker • sap van 1 suurlemoen • pienk koskleursel • olie vir diepbraai • 200 g (250 ml) kaneelsuiker • hand vol kleurstrooisels (hundreds and thousands) Plaas melk, suiker, heuning, botter, eiers, gis, koekmeel en geursel in elektriese menger se bak. Klits by hoë spoed met mengspaan (K-beater) tot mengsel in een bal saamkom. Sit deeg in skoon bak. Draai toe met kleefplastiek en laat rys 45-60 minute op ’ n warm plek of tot…

6 min.
goggas en grille

DIE TEMA DIE KOEK DIE EETGOED Slange wat deur die modder seil… njammies! Broodslakke Koop winkeldeeg vir kortpad. GENOEG VIR 12 • 500 g winkeldeeg • koekmeel vir uitrol • 125 g-houer tamatiepesto • 24 heel naeltjies • 12 pretzel-stokkies, middeldeur gebreek Verhit oond tot 180 °C. Verdeel winkeldeeg in 12 dele en rol elke deel met ekstra koekmeel in lang wors van 20 cm lank. Gebruik koekroller en rol ⅔ van die deegwors plat. Smeer tamatiepesto op plat deel en rol stewig op – dis die dop van die slak. Plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Herhaal met res van deegworse, steek twee naeltjies in elke slak vir oë en twee pretzelstokkies vir horings. Bak vir 12-25 minute of tot goudbruin en bros. Laat effens afkoel. Gebruik skerp mes en sny kante van…

6 min.
kom ons dans

Juffrou Rosa het vir hulle pienk roomys en veerligte skuimpies gevoer…Melkskommelweg-sprokie Blombak-koekies Koop bakkies sjokolademousse. GENOEG VIR 8 • 155 g (170 ml) botter • 280 g (500 ml) koekmeel • 50 g (60 ml) strooisuiker • 45 ml yswater • 1 x 500 ml-houer sjokolademousse • 200 g sjokoladekoekies, fyngekrummel (soos Romany Creams) • versiersuikerblomme, vasgesteek op sosatiestokkies Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, meel en suiker in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot tekstuur van fyn broodkrummels. Voeg water geleidelik by terwyl die menger loop totdat deeg in een bal saamkom. Verdeel deeg in 8 en vorm balletjies. Rol uit op meelbestrooide werkvlak tot sowat 5 mm dik. Spuit agterkant van muffinpan goed met kleefwerende kossproei, plaas deegsirkels bo-oor gespuite holtes en druk stewig vas. Bak vir 10-15 minute of tot goudbruin…

6 min.
woudvriende

Malvalekkers Laat die kinders hul eie malvalekkers oor die kole braai. GENOEG VIR 12 LET WEL Volwasse toesig is noodsaaklik wanneer kinders naby ’n vuur of warm kole is. • 30 ml gelatien • 125 ml koue water • 440 g (500 ml) strooisuiker • 250 ml kookwater • 5 ml vanieljegeursel • 100 g fyn klapper • 200 g donkersjokolade, gesmelt • 1 x 250 g-pakkie Marie-koekies Week gelatien in koue water vir 5 minute. Smelt in pot oor kookwater. Plaas in elektriese menger se bak saam met suiker, kookwater en vanielje. Klits by hoë spoed vir 10 minute of tot dik mengsel. Gooi mengsel in 30 x 20 cm-bak wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat stol in yskas vir 2-3 uur. Keer uit op kapplank. Gebruik ronde koekiedrukker met 3 cm-deursnee…

5 min.
dis ’nreënboog!

Tot vandag toe word die Goue Kers vir elke partytjie in Melkskommelweg bewaar aan die einde van die reënboog. Jy moet gaan kyk, net voor die son sak, want dan kan jy hom sien brand in sy goue pot Sjokoladereënboogkoek (STAP VIR STAP OP BL. 58)Melkskommelweg-sprokie Fantasie-sjokolade Hierdie lekkerte sal enige kinderhart bly maak! GENOEG VIR 8-10 • 185 ml room • 400 g donkersjokolade, fyngekap • 1 x 100 g-pakkie sjokoladewafelkoekies • 1 x 100 g-pakkie aarbeigeurwafelkoekies • 50 g kleurstrooisels (hundreds and thousands) Voer ’n broodpan van 18 x 10 cm met bakpapier uit. Verhit room tot kookpunt. Gooi oor gekapte sjokolade en roer tot sjokolade gesmelt is. Gooi ’n laag van sowat 1 cm dik onderin die pan. Pak ’n laag sjokolade-wafelkoekies bo-op. Gooi genoeg sjokolade oor sodat koekies net bedek is.…