ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Sarie Partytjie

Sarie Partytjie 2017

Die tweede SARIE partytjie – alles wat jy nodig het om die beste kinderpartytjie nóg te reël! 70 partytjie-idees plus 5 koek-planne, uitnodigings, speletjies én aflaai en uitdruk ontwerpe om die dag spesiaal te maak!.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off

in this issue

1 min.
editor’s note

In die oë van ’n kind is daar nie sewe wonders van die wêreld nie. Daar’s sewe miljoen! Skrywer Walt Streightiff Daar is min dinge wat so baie liefde vra soos ’n kinderhart. Één manier om daardie hart vir jare nog te laat oorloop van geluk, is met ’n verjaardagkoek wat ’n blywende indruk laat. Kyk na my tierkoek vir my derde verjaardag. Vra jy my nou wat ek van die dag onthou, sal ek sê, nie veel nie. Nie eens wie daar was nie. Maar wat ek steeds voor my oë kan sien, is daai koek. Perfek gemaak deur my ma, Susan. Doen daarom moeite en probeer die koek bak waarvan jou kind droom. Want soos ons almal weet, as grootmens droom jy steeds drome oor daardie spesiale lekkerte...…

1 min.
partytjie dinge

Al in die rondte Met dié koekstaander van Humble & Mash wat in die rondte draai, is dit maklik om die koek reg rondom te versier, R319, www.yuppiechef.com Versier maklik Hierdie fondantversiersel van Woolworths is reg om uit te rol en gebruik (R48,99 elk) KIES ’N PATROON Dis die tuit van die versiersak wat sorg vir die mooi patrone op ’n koek. Was die tuite altyd met baie warm water en laat in louwarm oond droog word. A – Gewone skerprandtuit B – Die stertuit is die bekendste en word gebruik om rosette te spuit C – Klein tuit waarmee fyn detail gespuit word D – Bekend as die roostuit. Kry dit by thebakingtin.co.za Oulike bakkies Jong kinders sal mal wees oor die diermotiefbakkies, R79,99 elk, H&M Vir meng Dié erdeware-mengbak van Tala is mooi en funksioneel, R429, www.yuppiechef.com Poeierlekkers Gebruik die Sweet Heart-lekkers van…

2 min.
koekbak-duo

Wat is die topwenk as jy kinderpartytjiekoeke bak? Trek jou kinderskoene aan en plaas jouself in die wêreld van jou haasbekkie of ampertiener. Vergeet dan al die reëls en geniet die voorreg om iets besonders vir jou kind te doen. Wat mag jy nooit doen as jy so ’n koek bak nie? ’n Skeut rum ingooi nie! En ’n te groot koek bak nie – daar is iets ontsettend hartseer aan ’n onopgeëte gesnyde koek. Wees ook versigtig vir stokkies of te klein goetertjies wat nie eetbaar is nie. Nog ’n wenk: Moenie die koek alleen los met jou kinders voor die partytjie nie. Een van ons s’n het al ’n hap uit die hoek gevat en soldaatspeelgoed in die Frozen-koek gedruk! Wat is tans die koekgier vir kinderpartytjies? Voorheen was 3D-koeke (uitgesnyde gedoentes) in…

1 min.
1 ronde sponskoek, 2 maniere

Uil Kleur basiese vanieljeversiersel (bl. 82) grys en skep in spuitsak met ’n 1 cm-roostuit (sien bl. 4). Maak vinnige heen-en-weer-bewegings oor die koek terwyl jy op die spuitsak druk. Hou so aan tot hele koek bedek is. Sny oe? en neus uit wit, swart en geel fondantversiersel. Sny kartonore en druk in koek, bedek ore met grys fondantversiersel. Beertjie Skep basiese vanieljeversiersel (bl. 82) in spuitsak met ’n 1 cmroostuit (sien bl. 4). Maak vinnige heen-en-weer-bewegings oor die koek terwyl jy op die spuitsak druk. Hou so aan tot hele koek bedek is. Sny oe?, neus en mond uit swart, wit en pienk fondantversiersel. Sny karton-ore en druk in koek, bedek ore met vanieljeversiersel soos die gesig.…

6 min.
kom ons kamp

Bitterlemoensjokoladetruffels Maak dié ryk truffels vooraf om om die kampvuur te geniet. genoeg vir 30 blokkies • 50 g strooisuiker • 30 ml water • 200 ml varsuitgedrukte lemoensap (so 3 lemoene) • 250 g goeie donkersjokolade, fyngekap • 100 ml dik room • 10 ml ligte muscovado-suiker • knippie sout • 25 g fyngekapte versuikerde lemoenskil • kakaopoeier vir oorsif Voer ’n vierkantige bakpan van 17 × 17 cm met bakpapier uit. Verhit strooisuiker en 30 ml water in klein kastrol tot kookpunt. Laat kook tot dit ’n goue karamelkleur kry en draai en kantel die kastrol sodat dit eweredig bruin raak – hoogstens ’n paar minute. Haal van plaat af en voeg lemoensap versigtig by. Laat oor matige hitte kook tot mengsel met helfte verminder het en daar omtrent 100 ml stroop oor is. Haal van plaat af. Sit intussen…

6 min.
my hartjie, my liefie

Kolwyntjieversiertafel Bak kolwyntjies in verskillende kolwyntjiepapiere of -koppies. Spuit versiersel op afgekoelde kolwyntjies en pak dit uit saam met bakkies met lekkergoed sodat die kinders hul kolwyntjies self kan versier. genoeg vir 14 KOLWYNTJIES • 125 g sagte botter • 170 g strooisuiker • 2 groot eiers • 5 ml vanieljegeursel • 280 g bruismeel • 200 ml melk • lekkergoed vir versiering VERSIERSE • 110 g sagte botter • 230 g versiersuiker, gesif • 25-30 ml melk • koskleursel Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg vanieljegeursel by en klits goed. Vou meel en melk om die beurt by bottermengsel in tot net-net gemeng. Voer ’n kolwyntjie- of muffinpan met kolwyntjiepapiere uit en verdeel beslag tussen papiere. Bak in warm oond vir 12-15 minute of tot kolwyntjies…