ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE 2020/2021

Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

2 min.
redaksioneel

Soms beset ’n plek jou hart en dis huis, vir altyd. Dis die Overberg en sy wêreld vir my. Caledon my grootwordplek, Hermanus waar ek vele somer-en wintervakansies deurgebring het. Dikwels ook naweke, want met Hemel-en-Aarde se ou kronkelstofpad tussen plase deur (nog lank voordat dit wynland was) was die see net om die draai. En net toe ek begin werk, het ek soms die bus van Kaapstad gehaal huis toe. Waar die hoofpad splits vir seelangs verby Kleinmond na Hermanus en verder Stanford se kant toe, of tussen graanlande deur Caledon toe, daar by die Botrivier-kafeetjie, ons enigste stop. Dán het ek geweet dis nog net ’n halfuur tot by my dorp en kon ek terugsit en die wêreld aanskou – aaneen-heuwels en Babilonstoringpiek in die verte. Jare later besoek ek…

1 min.
sarie woon

REDAKSIONELE SPAN REDAKTEUR Michélle van Breda PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw Ifourie@sarie.com, arossouw@sarie.com ONTWERPDIREKTEUR Hanri Gerischer TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt & Natasja Lochner REPRODUKSIE Noorieyah Fakier & Dewald Spies KANTOORBESTUURDER Amina Essop 021 406 2205 REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar 073 272 0707 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis Bowles Sarah.CurtisBowles@media24.com SLEUTELKLIËNTBESTUURDERS Susan Pienaar spienaar@media24.com Charlene Meyer Charlene.Meyer@media24.com Daniela Di Giovanni Daniela.DiGiovanni@media24.com HANDELSBESTUURDER Lise Coetsee lise.coetsee@media24.com MEDIA24 LIVE GELEENTHEIDSHOOF 021 406 2376 Francois Malan HOOF VAN BORGSKAPPE 011 713 9147 Nikki Ruttimann BEMARKINGSBESTUURDER 021 406 2257 Andile Nkosi GELEENTHEIDSDIREKTEUR 082 820 1454 Carmen Botma GELEENTHEIDSASSISTENT 021 406 4546 Anéne de Klerk MEDIA24 LIFESTYLE CREATE STUDIO KREATIEWE DIREKTEUR 021 406 3512 Michael de Beer HANDELSREDAKTEUR 021 406 2217 Gerda Engelbrecht KORPORATIEF UITVOERENDE HOOF MEDIA24 Ishmet Davidson UITVOERENDE HOOF DRUKMEDIA Rika Swart HOOFBESTUURDER LEEFSTYL Minette Ferreira BEMARKINGSHOOF MEDIA24 LEEFSTYL Nerisa Coetzee FINANSIËLE BESTUURDER Jameelah Conway SIRKULASIEBESTUURDER Riaan Weyers 021 503 7179…

2 min.
nuut & nou

1 WIT, WITTER, WITSTE Wit versinnebeeld positiwiteit en higiëne – alles waarna ons nou streef. Byna ’n nuwe begin. Deur wit te gebruik vir die grootste deel van ’n vertrek en dit nie oorvol te maak nie, skep jy dadelik kalmte. In dié sitkamer registreer die plakpapier van GROEN (groenjan.co.za) ook as wit. Hier kan jy lees, werk en selfs ’n middagslapie vang. 2 KOMBUIS VIR SAAMKLOEK Die kombuis word die nuwe sosiale bymekaarkomplek, waar selfs gewerk en gezoom word. Almal bak en brou meer. Ouma se ou resepteboek word afgestof en ure spandeer aan geregte van nuuts af gekook. Die skoonmaak-gier is groot. Nes werkoppervlakke is spatborde teen die muur solied en verkieslik sonder voegbry (grout), soos hierdie luukse een van Caesarstone, genoem 5031 Statuario Maximus. 3 PROP DIT UIT Veral slaapkamers word gestroop van TV…

2 min.
terug na die natuur

'n Nuwe jaar, ’n nuwe begin. Met die fokus opnuut op rus en kalmte, op ons huise. Dulux se kleur van die jaar vir 2021 is Brave Ground™, ’n warm, neutrale kleur wat jou weer in aanraking met die natuur sal bring. Hetsy in kombinasie met aardse skakerings of helder komplementêre kleure, dié veelsydige kleur laat ander kleure lewe, die perfekte basis vir jou dekor. Brave Ground™ sal ’n gevoel van koestering en balans na jou ruimtes toe bring, in pas met die huidige tydsgees waarin mense opnuut van hul welstand bewus is. Ons weet kleur kan ’n groot rol hierin speel. Omskep dus jou huis met hierdie kalmerende, natuurlike kleur, jou basis om die nuwe wêreld skeppend binne te gaan. 1 'n Plek waar jy veilig voel Rig ’n leefruimte in waar jy en…

14 min.
overstrand se skatkis

Toe die Hollandse onderwyser Hermanus Pieters in die eerste helfte van die 1800’s met sy skape langs ’n olifantpaadjie deur die Hemel-en-Aardevallei gestap het om kamp op te slaan by ’n varswaterfontein aan die kus, sou hy nie kon raai dat dié plek sy naam vir eeue sal dra nie. Die vissermanne wat by die Ou Hawe op hul skuite uitgegaan het, het dit sommer Visbaai genoem omdat die vis so volop was. Eers in 1857 is die vissersdorpie op die groen rand van die Indiese Oseaan tot Hermanuspietersfontein herdoop, wat in 1902 tot Hermanus verkort is. Mnr. Gift, die destydse posmeester, het besluit dat die uitskryf van die ellelange naam net té tydrowend was. Om eerlik te wees, toe ek hoor van die dorp se nuwe status het ek ook…

28 min.
hemel op aarde

Waar in die wêreld kry jy ’n etiket met sulke mooi Afrikaanse name soos “Bloos”, “Kaalvoet Meisie”, “Swartskaap” en ons gunsteling, “Kat met die Houtbeen” … Dit kan net Hermanuspietersfontein wees. Die enigste wynkelder in Suid-Afrika met net Afrikaanse etikette. Maar dan is die inwoners van die Overstrand ’n innoverende klomp mense met hul hart op die regte plek. Dit sluit verantwoordelike en volhoubare boerderymetodes in, sowel as die vervaardiging van oorspronklike, plaaslike produkte van gehalte. VIR DIE MOOI ÉN LEKKER Ons wou sáám met die natuur werk MARELIZE IVANOV Vroegoggend, wanneer die son net-net kop uitsteek, is die mooiste tyd van die dag op die plaas Sophia. Die blommetjies gaan oop, ’n malse verskeidenheid van kleur en geur. Die reuke nou, voor die dag se hitte, op hul sterkste. Op enige gegewe tyd is…