ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
SARIE

SARIE Sarie Woon 2015

Add to favorites

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Monthly
SUBSCRIBE
R 234
6 Issues

in this issue

1 min.
in ons sarie-wereld

SARIE WOON Foto Henk Hattingh Sien die res van hierdie mooi huis in ’n Stukkie Afrika op bl. 44 SARIE Die Desemberuitgawe van SARIE, met ’n sonbril spesiaal vir die somer, is te koop tot 13 Desember SARIE KOS Die Des/Jan 2016-uitgawe met 4 bladsye vol braaiinspirasie en 10 koekie-resepte is teen R42 te koop tot 26 Januarie SARIE BRUID Ons nuwe trouboek vol idees vir elke nuwe bruid met temas, tafels, koeke, blomme en haarstyle. Plus 11 regte troues vir ekstra inspirasie. Te koop teen R55 * Koopgids op bl. 121 * Verfkleure kan effens verskil weens die drukproses ‘LIKE‘ ONS BY SARIETYDSKRIF TWIET SAAM BY @SARIETYDSKRIF KOM KYK SAAM! Wat ons seker die beste van ons kuier op die Tuinroete sal onthou, is die bitter kruiegeur wat jy kry as jy oor die bult by Mosselbaai afsak. En daarna die mooiste mooi…

3 min.
denim & indigo

HET JY GEWEET? Indigo is al sedert die Middeleeue met ons en die diepblou kleurstof is tradisioneel verkry uit die plant Indigofera tinctoria en verwante spesies. KLASSIEK MET INDIGO Blou-en-wit vir porselein tel onder die heel gewildste kleurkombinasies. Kombineer dit met ’n indigo doek (R550) van Lim. Die blommetjiesbeker (R159) en die diep bak (R149) is van Home etc. Die koffiebeker (vanaf R35) is van Woolworths en die boekie (R13,99) van Mr Price Home. MAAK BLOMME EN BLARE VAN DENIM Knip uit oorskiet-denimlappe blomme en blare wat jy op die sykante van jou tafeldoek vaswerk. Knip ‘n eenvoudige madeliefie-patroon uit die lap en plaas ‘n paar kruis en dwars oormekaar om digte blomblare te kry. Werk in die middel vas met ‘n knopie of ‘n sierstreek. Stik “are” op die blare en werk rondom die…

2 min.
wen meubels vir jou huis

VRAAG In watter jaar is Ashley’s gestig? Ashley Furniture HomeStore, wat in 1945 gestig is, is een van die grootste vervaardigers van meubels in die wêreld, met meer as 530 winkels in 120 lande. Nou open hulle begin November hul eerste winkel in SA in Centurion, Gauteng. Met meer as 50 jaar van ondervinding en innovasie sal jy kan kies en keur uit ’n wye verskeidenheid meubels van gehalte in en om jou huis, wat in byna elke smaak sal voorsien. Ashley Furniture HomeStore ontwerp, vervaardig en vervoer self hul produkte, wat beteken jy bespaar op die eindproduk. Dié nuwe winkel is geleë langs die Samrand-afrit op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg. Loer gerus in. Hul slagspreuk is nie verniet “this is home” nie. SMS EN NEEM DEEL SMS die sleutelwoord ASHLEY gevolg deur die antwoord…

9 min.
al langs die tuinroete

“Ongelooflike natuurskoon op jou voorstoep Elaine Levitte, binneversierder van Knysna Dis wanneer jy Mosselbaai in die verte sien – die poort na die Tuinroete as jy uit die suide kom – dat jy die kenmerkende reuk van hierdie streek kry en voel hoe die stadstres van jou afgly. Die geur maak al jou sintuie wakker en jy bespeur die belofte van vakansie, naderende avontuur en natuurprag, die geheime van die woud, die vele waters, die kunstenaarsparadys en die vibey plaasmarkte. Die Tuinroete is 200 km lank en strek van Mosselbaai in die Suid-Kaap tot by Stormsrivier in die Oos-Kaap. Met sy blougroen Outeniekwa- en Tsitsikamma-bergreekse, vele spieëlgladde mere en digte groen woude, val hierdie wêreld sag op die oog. Dit is onder meer gewild omdat temperature selde onder 10 °C in die winter…

2 min.
ontmoet carlize

Hoe lank het jy al jou onderneming, en hoe het dit als begin? Ek het in 2009 by ’n bekende binneversierder op George as konsultant begin werk. Dit was van onskatbare waarde om alles van die begin af te leer. My aanvanklike taak was om die instapkliënte te help. So het ek baie mensekennis opgedoen en my liefde vir die bedryf het ontstaan. Ek is ’n regte mens-mens en dit is baie bevredigend om te sien hoe ’n kliënt blom as jy die regte goed bymekaarsit. Ná vyf jaar se markblootstelling en opleiding was dit tyd om ’n skuif te maak. In Januarie 2015 het ek en my skoonma, Sumari, besluit om Earle Design op die been te bring. Sover gaan dit regtig voor die wind met ons. Wat is jou agtergrond? My…

4 min.
argitek in die wildernis

Sowat 15 jaar gelede het Eddie, ’n argitek, en Clare da Silva hul droomhuis,’n moderne struktuur met oorgroot vensters en glasdeure sodat jy vanuit byna elke venster ’n uitsig het, hier aan die rand van die strandmeer kom staanmaak. Dit was ’n projek wat in stadiums gebou is, en die garages en swembad het eers later gevolg. Volgens die Da Silvas was hulle nog nie ’n oomblik spyt oor dié besluit nie en verruil hulle hul leefstyl vir niks op aarde nie. Hulle bring hope vrye tyd in die buitelug deur en hul kinders, Ella (15) en Sebastian (13), het as’t ware op die strand grootgeword. Binne is die styl van die huis eklekties en ontspanne sonder om informeel te wees. Die meubels is klassiek-modern en in ’n sagte kleurpalet wat die…