EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE June 2018

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R38,40
SUBSCRIBE
R432
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
michélle sê ...

Gedra jou, die mense kyk vir jou . . . Wie ken nie dié kostelike sêding nie? ’n Ma wat so nie-subtiel waarsku dat jy nie rammetjie-uitnek moet raak nie!Dis maar een van die juweeltjies in dié maand se SARIE waarin heelparty manne saamgesels. Die gedra-jou-stukkie-wysheid is deel van die antwoord van akteur Hans Strydom, Binnelanders se At Koster, op die vraag hoe hy ná soveel jare en soveel bekendheid nog plat op die aarde bly.’n Goeie vraag. Want vandat ons Hans met die potblou oë in die 70’s-rolprent Môre, môre gesien en hy ons voete onder ons uitgeslaan het, het ons hom nooit vergeet nie. Nou’s hy ouer, wyser en g’n lus om doekies om te draai nie. Maar luister na hom, dié kan jy . .…

access_time2 min.
ons inspirasie

(FOTO DONNA LEWIS) BRAVO! DIS PARTYTJIE-TYD Die betowering, die vlinders op jou maag. Prinsesse, swane, treine, hansworse . . . Elke kinderpartytjie is iets vir altyd onthou. Saam met kosredakteur Herman Lensing vier ons dit met ’n spesiale tydskrif, SARIE Partytjie. Bravo! se Tracey Lange is saam sirkus toe en het als vir TV verfilm. Te koop: vanaf 11 Junie Prys: R60,60 Bravo! -insetsel: Sondag 10 Junie om 19:30 op kykNET * Sien ook bl. 125 Si! VIR GELUK Mooi soos jou gunstelingrooi lipstiffie. En met note van roos, jasmyn en vanielje is dit ’n geur om te onthou. Sì Passione is die nuutste parfuum in dié Giorgio Armanireeks en vroue wat dit al geruik…

access_time3 min.
ons wêreld

Gelukkige SELFIE-DAG! 21 Junie is Internasionale Selfiedag. Maar voor jy dink dis net vir selfbeheptes . . .’n studie aan die Amerikaanse Brigham Younguniversiteit wys veel meer as narsisme speel ’n rol by dié foto’s. Volgens die studie kry jy drie soorte selfienemers: Kommunikeerders bly in gesprek met hul vriende, familie of aanhangers. Outobiograwe verewig groot oomblikke en belangrike gebeurtenisse in hul lewe. En selfbemarkers is die kleinste groep, al sou jy anders dink! Hulle dokumenteer hul hele lewe . . . maar beeld alles positief uit. Soos die Kardashians, wie se Instagram-selfies meestal net gelukkige tye wys, ten spyte van gerugte van goor tye en familiedramas. Bron: SARIE.com STRESVOLLE SKOTTELGOEDDis ’n feit, aldus navorsing: Skottelgoed-was veroorsaak meer verhoudingstres as enige ander…

access_time7 min.
julle sê ...

INSPIRASIE VAN DIE MAAND MY SPESIALE ‘ASPIE’-KIND My seuntjie is met ’n noodkeiser gebore. Tuisgekom, het hy baie gehuil. Koliek, het mense gesê. Dalk pyn sy ore. Ek, nuwe ma, het nie van beter geweet nie. Hy wou van kleintyd buite wees, het nie daarvan gehou as ek hom styf vashou nie. Maar hy wou tog by my wees. Dis al hoe ek hom aan die slaap kon kry. Langs my in die bed, terwyl ek sy rug krap en “watermusiek” speel. Hy is steeds so.Op vyf moes ek by ’n oueraand hoor sy stokmannetjie is nie “op standaard” nie. Was ek ontsteld! Want dis tog net ’n stokmannetjie? Sy juffrou het arbeidsterapie voorgestel. Hier het ons drie jaar lange pad begin om uit te vind…

access_time3 min.
nataniël sê ...

Sy’s nie my beste vriendin nie, wel ’n kennis, en ’n aangename, verrassende vrou. Wanneer ons mekaar die dag raakloop, gesels ons heerlik. Ek is genooi na ’n ete en besluit om ’n bottel van die beste sjampanje saam te neem. Daar is een drankwinkel in ons stad wat bekend is vir die invoer van uitsonderlike sjampanje, ek parkeer en hardloop die plek binne.Hoe gaan dit? sê ’n bekende stem. Maar ek sien net vreemdes.Jy is altyd aan die hardloop, sê die stem.Voor my staan ’n vrou met twee bottels wyn onder die arm. Sy het die gesig van my goeie kennis, maar op haar kop is ’n grys boskasie wat lyk asof sy nou gaan vuur maak en ’n brousel kook wat prinse in paddas kan verander.My…

access_time11 min.
kastele, koue en ’n vol hart . . .

(Hemp en baadjie Country Road)  “Het jy al besluit wat jy gaan kook?” lui die teksboodskap van Nataniël, ’n week voor ons beoogde kookdag vir sy program Edik van Nantes Winter by die Avaray-kasteel in die Loire-vallei. Nantes word Klein-Parys genoem . . . en met regNataniël Ek het eerlikwaar gedink dié slag skil ek net ’n ui en staan hom by, so die boodskap het my ietwat gegooi.Nataniël dink soos ’n witwarm blits op sy voete. En as jy saam met hom kook, het ek al geleer, moet jy óók.Omdat ek toevallig dieselfde tyd as die verfilming van die vierde Edik van Nantes-reeks naby Blois in die Loire-vallei sou wees, het Nataniël gesê ek moet aan die slot-episode deelneem.In een van die koudste winters in dekades (sê hulle mos…

help