EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE August 2018

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R38,40
SUBSCRIBE
R432
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
michélle sê ...

Daar’s báie vroue wat ek #bewonder. Báie wat my inspireer. Ek sien hulle elke dag in aksie, hoor hulle praat, ervaar wat hulle bereik. Soms against all odds, dikwels in ’n manswêreld waar hulle voortbeur en stroomop swem, én anderkant uitkom.Ek het nog altyd gedink as ek in die geskiedenis kon teruggaan, sou ek graag vir Cleopatra wou ontmoet. Ons prentjie van haar is dié van ’n beeldskone, betowerende vrou – soos gespeel deur die mooie Elizabeth Taylor in die 1963-rolprent Cleopatra. Tog wys ou muntstukke die regte Cleopatra was baie ver van tradisioneel mooi. Maar dat sy magtig was, in ’n manswêreld, dié is seker. Dat sy as die laaste farao van Egipte en ’n spreker van vele tale ander met haar intellek en sjarme kon inspireer,…

access_time1 min.
ons inspirasie

‘Ek wil my mooiste rooi rok en stiletto’s aantrek, by jou inhaak en die strate . . . aan die brand dans’Aanhaling uit leser Antoinette Schoeman, Riebeeckstad, se brief aan SARIE, Mei 2017 Prys: Vanaf R775 tot R1 310 vir 30 ml, 50 ml en 75 ml Wonderlik vroulik. ’n Unieke tennis-armband met 5 kar. swart diamante, geset in roosgoud. Te kry: American Swiss. * Sien ook bl. 35 vir meer oor vroue wat ons inspireer. Haar titel: Mej. SA 2018 Haar naam: Tamaryn Green Haar kleur: Rooi Haar parfuum: Montblanc Lady Emblem Elixir * Tamaryn het haar eerste groot mode-fotosessie as Mej. SA vir SARIE gedoen en wys op bl. 88 hoe ons rooi met selfvertroue en styl dra.…

access_time3 min.
ons wêreld

ONS MENSE HOU VAN malls In Amerika sterf reuse-malls die laaste jare ’n stadige dood . . . sommige winkelsentrums staan leeg en vervalle. Maar Suid-Afrika hou net aan bou! Volgens die SA Raad van Winkelsentrums was die vloerruimte van plaaslike sentrums teen Julie 2017 altesame 23,4 vierkante kilometer, en vir vanjaar is minstens 8% meer vloerruimte beplan. Sedert 2010 het gemiddeld 32 nuwe winkelsentrums elke jaar hier geopen. Bron: Business Insider SA TRIPPELDUUR TEKKIESRaadop oor jou tiener al die regte (duur) handelsmerke wil dra? Hou duimvas sy vra nie vir Balenciaga se Triple S-tekkies nie. Cédric Charbit, hoof van dié Franse modehuis, sê ouers keer hom selfs op partytjies voor en vra hom om die produksie van dié gewilde skoene te staak omdat hulle soveel…

access_time1 min.
van familie tot ou bekendes by silwerskerm

Kyk watter name duik op onder die 20 kort- en kort-kortfilms wat by die kykNET Silwerskermfees (van 22 tot 25 Augustus) in Kampsbaai draai. Danielle Retief, dogter van aktrise Karen Retief en kleindogter van filmmaker Daan Retief, is die vervaardiger van Baai-baai Josef K. Marcel Spaumer, tweelingbroer van Marco (Tim in Suidooster ), het Die Uitstappie geskryf. En Frank Opperman se seun Frankie is die vervaardiger van die kortfilm Die Ongenooides . Ou bekendes in ander “rolle” is Milan Murray (foto), wat medevervaardiger en regisseur is van Kromkieriefontein , geskoei op haar nuwe kinderboek. Akteur Erik Holm doen die regie van die kortfilm Buiteperd .…

access_time6 min.
julle sê ...

INSPIRASIE VAN DIE MAAND WEES ’N PLEISTER, NIE ’N WAPEN ’n Bietjie ongemaklik sit en wag ek vir Donnalee Roberts, Simoné Nortmann en Caroline-Grace om die Bloemhofverhoog op Stellenbosch te betree.Hande in my skoot, sit ek heel voor teen die verhoog terwyl die drie beroemde dames die verhoog opstap. Eerste is dit Caroline-Grace se stem wat skielik die saal vul, en my hart wen.Volgende is Simoné aan die beurt, sy deel met die gehoor haar lewenstorie. Hoe haar lewe by seer begin en by krag geëindig het. Vandag bou sy vroue op en gee hulle hoop. Donnalee se toespraak is laaste, en ek sluk-sluk klaar trane weg. Nog nooit het ek as vrou soveel hoop vir die toekoms gehad nie!Ek hoop om eendag ook ’n 21-jarige meisie…

access_time1 min.
op sarie-lesers se emmerskoplys

Italië Frankryk Griekeland HOE LANK MOET JY WAG OM VERLOOF TE RAAK? Ericka du Plessis Cory My man het binne 12 uur gesê dat hy met my gaan trou en 8 maande later is ons. Vandag is ons al 12 jaar baie gelukkig getroud. My eerste man het ek 4 jaar geken voor ons verloof geraak het, en ons was slegs 5 jaar getroud toe ons skei. Tyd bepaal nie of jy gaan gelukkig wees en of dit gaan werk nie. Toewyding tot die verhouding bepaal als! Leze Hurter Neale-May 4 jaar . . . ’n Mens moet ook die “dating”-fase geniet. Al weet jy dis die regte persoon, hoekom als so afjaag? Geniet die oomblik! Alles het sy tyd. Wilma Schutte…

help