EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE November 2018

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
michélle sê ...

Wenners, wenners, wenners, Wenners wil ons wees . . . So sê daardie Afrikaanse liedjie van die 80’s. Die een wat ons ná al die jare tog onthou. ’n Paar jaar gelede maak Charlie Sheen, eens Hollywood se hoogs betaalde TV-akteur en ster van Two and a Half Men, “winning” sy persoonlike mantra. “Winning!” twiet hy daagliks, in ’n tyd dat sy lewe duidelik aan’t uitmekaar val was. Onlangs het Suid-Afrikaners emosioneel toegekyk hoe Pieter-Steph du Toit trane wegvee op die rugbyveld nadat die Bokke gewen het. Nie ’n sommerso wen nie – die Groen-en-goud het die All Blacks goed op hul eie voorstoep geklop. Ekself het net ’n paar weke gelede weer die emosie van wen, en die ongeloof en dankbaarheid daarmee saam, ervaar toe ek SARIE se 10de Voorbladgesig in Pretoria aangekondig…

access_time1 min.
ons inspirasie

EN TOE DIE wenner! Die maande lange soektog is verby en ons spog met ons 10de SARIE Voorbladgesig! By wenner Emari Gieselbach van Centurion en redakteur Michélle van Breda (saam middel) is van links finaliste Chané Venter van Bloemfontein, Anya-Larissa Botha van Malmesbury, Lieze Schlechter van Melkbosstrand, Nelichea Richardson van Benoni, Charicke Carolus van Kraaifontein (wenner kategorie 18-30), Germa Gildenhuys van Heidelberg, Mischke Joshua van Johannesburg, Suné Potgieter van Modimolle en Leandri Truter van George. Die glansgeleentheid is by The Greenhouse Café op Rosemary Hill buite Pretoria gehou. UNIEK MERVYN Eenvoud en verrassing. Dís goeie ontwerp, glo pottebakker Mervyn Gers. Sy handgemaakte keramiekstukke is uniek, ryk aan kleur en tekstuur en hy werk nou saam met van SA se top-sjefs, voorste wildreservate, gastehuise, restaurante en winkels hier en oorsee. Vir meer: mervyngers.com DIS TYD! Jou…

access_time3 min.
ons wêreld

Moederstad VAN GELEENTHEDE Kaapstad het nóg ’n prestasie op sy kerfstok. Die Moederstad is pas deur die internasionale ouditfirma PricewaterhouseCoopers aangewys as die stad in Afrika wat mense die beste geleenthede bied. PwC het dit ook geïdentifiseer as een van die voorste ontluikende stede in die wêreld. Bron: www.capetownetc.com PIEKNIEK MET BOBBY & ROBBIE Dis somer en weer tyd vir die gewilde konsertreeks Pieknieken-Musiek by die Zevenwachtwynlandgoed naby Kuilsrivier, Kaapstad. Bobby van Jaarsveld en Robbie Wessels tree by die eerste konsert op Sondagmiddag 4 November op. Kos, kroeë en piekniekpakkies, wat vooraf bestel moet word, sal beskikbaar wees. SARIE is ’n mediavennoot van Pieknieken-Musiek. Kry jou konsertkaartjies teen R175 by webtickets.co.za of Pick n Pay. Besoek www.piekniekenmusiek.com vir nog konserte in die reeks. DOMFONE KEER TERUG! Slimfone het ’n onontbeerlike deel van ons lewens geword.…

access_time1 min.
500 miljoen

. . . dis hoeveel plastiekstrooitjies jaarliks gebruik word. En daar is nóg skrikwekkende jaarlikse syfers: 300 miljoen ton nuwe plastiek word vervaardig, 8 miljoen ton beland in die oseaan, en soveel plastiek word weggegooi dat dit vier keer om die aarde sou strek . . . Wanneer jy Turning the Tide on Plastic deur die Britse joernalis Lucy Siegle lees, besef jy hoe noodsaaklik dit is dat die plastiekpandemie gestop word. Dis ’n praktiese en inspirerende boek met raad oor hoe jy self elke dag iets daaraan kan doen. (Orion, UK, R280)…

access_time6 min.
julle sê ...

SAAM IN MY BOKS VAN HERINNERINGE Ek en SARIE kom al jare lank saam (te danke aan my ma). My maandelikse ritueel is om die tydskrif te koop en dan gaan lê ek in die bad en lees. Dit was toe ons nog water gehad het. Deesdae gaan lê ons op die bed in die spaarkamer of gaan sit op die stoep met ’n glas wyn of ’n pot tee. En elke woord, selfs die advertensies, word noukeurig gelees. Augustus se uitgawe het baie emosies gewek. Ek was geïnspireer, trots dat ons in Suid-Afrika so ’n gehaltetydskrif het, gevul met hoop. Want met soveel fenomenale vroue – en dis slegs die paar wat in die tydskrif verskyn, dink net hoeveel duisende ander is daar – kan die toekoms net wondere inhou. 2017 en…

access_time1 min.
ons vra op sosiale media: kies jou gunsteling-voorblad! en die wenner is . . .

Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: mysetel@sarie.com . Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespreek in lesersbriewe is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. REËLS: Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknommer en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronklik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.…

help