EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE December 2018

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
michélle sê ...

Dis Kersfees . . . ’n Tyd van die jaar soos geen ander nie, want dit raak aan jou hart. Maak nie saak waar jy jou in die wêreld of in jou gemoed bevind nie. Die winkels is sierlik getooi, party strate versier en tussen gewyde Kerskonserte en Boney M se I Want to Wish You a Merry Christmas kom byna die hele mensdom in ’n feesbui. Tevrede dat die jaar afwentel en almal asem kan skep. Die wêreld sê vir ons dis ’n tyd vir familie en vriende, van vonkelliggies en geskenke in blink papier, van tafels gelaai met die beste en smaaklikste en vakansies wat sorgeloos-gelukkig is . . . prentjieperfek, soos dié op Instagram. Vir sommige is Kersfees seker al hierdie dinge. Maar vir baie nie. Net ’n paar openhartige gesprekke met…

access_time1 min.
ons inspirasie

STADSAAL-SJARME Goeie musiek en die nostalgie van die 113 jaar oue Kaapse stadsaal is ’n verbintenis gemaak in die hemel. Onlangs is restourasiewerk aan die pragtige gebou voltooi en musiekkonserte saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes word byna weekliks gehou. Ons is mal oor die ouwêreldse sjarme! Net vir jou Dis ’n huldeblyk aan vroue. Versace Dylan Blue Pour Femme is ’n vrugtige blomgeur en kom in ’n luukse diepblou-en-goue bottel. ’n Parfuum waarmee jy jouself wil bederf! IN DIE KOL Kersfees is rooi, groen en blink. Le Creuset is in die kol met hul Metallics Collection. Ons Kerskouskeuse? Die fluweelrooi en woudgroen bekers met hul pêrelafwerking. By Le Creusetwinkels en www.lecreuset.co.za HET JY GEWEET? Kersliedere in die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad is jaarliks ’n belewenis. Vanjaar is dit die 30ste herdenking – dié keer met…

access_time2 min.
ons wêreld

DRIE HOERA’S VIR Micky Die ikoniese Walt Disney-karakter Mickey Mouse het op 18 November 90* geword, maar die wêreld vier al heeljaar fees. In SA het 10 kunstenaars die kans gekry om vir dié beroemde muis ’n Afrika-baadjie te gee. Mickey the True Original South African Exhibition is nog tot einde November in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad te sien. Deel ook jou spesiale Mickey Mouseoomblikke by #Mickey90Africa. * Sy eerste verskyning was in die fliek Steamboat Willie in 1928. ALMAL MIK HOËR VIR LIEFDE Mik jy vir kandidate “buite jou liga” as jy ’n kans waag met die liefde? ’n Groot nuwe Amerikaanse studie wys mans én vroue wat afspraak-webwerwe gebruik, doen dit en die meeste het uitgereik na potensiële maats wat sowat 25% meer “begeerlik” as hulle is. Dié bevinding is gemaak…

access_time1 min.
ons kies konserte!

IN PRETORIA & STELLENBOSCH • Konsert MESSENGER (Nataniël), Atterbury-teater, Pretoria; Oude Libertasamfiteater, Stellenbosch Wanneer? 27 Nov-2 Des (Pretoria); 12-15 Des (Stellenbosch) Wat? Nuwe verhale, oorspronklike komposisies en tydlose musiek voorheen gesing deur Tom Jones, Amy Winehouse en B.B. King. ’n Fees vir die fynproewer! Kaartjies R250-R270 by Computicket IN DIE KAAP • Konsert Piekniek en Musiek, Zevenwacht-wynplaas Wanneer? 8 Desember Wat? Jo Black en Elvis Blue, met kostrokke, kroeë en piekniekpakkies (bestel vooraf). Eie kos en drank nie toegelaat nie. Kaartjies R85-R175 by webtickets.co.za en Pick n Pay Aangebied deur kykNET, Bok Radio, SARIE en Die Burger in samewerking met Pick n Pay OP HARTENBOS • Konsert Skree In Afrikaans Wanneer? 22 Desember Wat? Steve Hofmeyr, plus ’n paar ander verrassings • Konsert Kersfees In Afrikaans Wanneer? 24 Desember Wat? Die hele gesin sing op Oukersaand by kerslig saam Kersliedere. Kunstenaars Jan de Wet, Douvoordag en Roan Ash • Konsert Hartenbos…

access_time5 min.
julle sê ...

ONS HARTSDINGE As jy byna 51 jaar getroud was en jy begin die goed bekyk wat ná die doodstorm op jou strand uitgespoel het, dan wonder jy seker of jy alles moet hou en saans in die koue teen jou hart moet vasdruk en die mens wat hy was daaruit moet optower. Of moet jy dit net weggooi? Jy kry ’n geroeste blikkie agter in ’n laai en dwing dit met ’n mes oop. Binne lê aangepakte medaljes van lank vergete oorloë – jou man se oupa wat in 1914 opgeroep is om vir vreemde moondhede te gaan veg. Kaartjies met boodskappe van ’n ma wat wonder of haar seun, wat in ’n konsentrasiekamp in die Vrystaat gebore is, weet wie die eintlike vyand is. Dis so hartseer en jy wil net…

access_time1 min.
ál meer bruidspare vra gaste om te betaal om hul troue by te woon. een bruid vra r150 per kop.is dit aanvaarbaar in vandag se ekonomiese klimaat, of is dit iets wat jou in jou ontbytpap laat stik?

Addison Bergh Ek sal met liefde R250 betaal vir ’n troue. Dis tog ek wat die kos eet en die aand saam met vriende geniet . . . ’n Aand uit sou my baie meer kos. Yolanda van der Westhuizen Nee, jou troue is nie ’n “show” waarvoor ek ’n kaartjie koop om dit te kan bywoon nie. Marlize Pretorius Hierdie is desperate tye mense. Etiket in SA is lankal net ’n voorreg vir ryk mense. As jy ’n geselligheid bywoon, betaal jy. Hoekom nie ’n troue nie? Elanie Meyer Dis soos om gaste te nooi vir ete en sê hulle moet elkeen R150 betaal . . . dis vreemd. Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: mysetel@sarie.com . Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om…

help