EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE January 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
michélle sê ...

2019 – o ja, dit gaan ’n Optog! wees. ’n Aaneen-okkasie. Só sê ons op die voorblad en só skop SARIE die nuwe jaar af. As daar ooit ’n woord was wat praat van vorentoe, met fanfare en woema, dan is dit #optog. Hoeka Nataniël se raak benaming vir die nuwe projek van inspireerder en musiekman Matthys Maree – om die kunste landwyd weer “dorp” toe te neem, na die mense toe, na óns toe. Soos destyds, lank voor die kunstefeeste ’n ding was en gemaak het dat ons elke jaar in ons duisende die kunste op hul feesplekke gaan opsoek. Nou verhang Optog! bietjie die bordjies. Want baie van ons gunstelingkunstenaars gaan hul opwagting maak op vele verhongerde verhoë van die platteland – 210 konserte op 47 dorpe en stede oor 10…

access_time2 min.
ons inspirasie

DÍS EK! SÊ SY In 2019 is vroue nie bang om die reëls te verbreek nie; om te sê: Dís ek! Selfs al is sy ’n bruid. Dís die inspirasie agter Estée Lauder Beautiful Belle, ’n nuwe weergawe van Estée Lauder Beautiful, een van die wêreld se mees klassieke parfuums vir bruide. Met elke geurnoot – van lietsjie en roosblare tot iriswortel, suède en marsepein – word die avontuur van ’n liefdesverhouding gevier. Prys: R1 440 vir 50 ml EDP VIR JOU TAFEL Vier die nuwe jaar om die etenstafel, waar herinneringe geskep word. RAkt se kreatiewe ontwerper-papierplekmatjies en klein drupmatjies sal maak dat jou tafel nooit weer nét ’n tafel is nie. Daar’s iets vir elke okkasie, grênd of gemaklik, met blomme, patrone of eenvoudig net wonderlik luuks. R120 vir 8 drupmatjies en R220…

access_time4 min.
ons wêreld

52000 Dis hoeveel pare skoolsokkies die onderneming Sexy Socks al aan minder bevoorregte leerlinge in Suid-Afrika geskenk het. (Koop jy een paar sexy sokkies, skenk hulle ’n paar skoolsokkies.) Stigter Dave Hutchison gebruik ook sy “sock drop” om met die kinders oor maatskaplike entrepreneurskap te gesels. Die sokkies is van ekovriendelike bamboes – die plant gebruik sowat ’n derde minder water as katoen en is die een wat die vinnigste groei op aarde. www.sexysockssa.com Spoegwolf HOU PIEKNIEK Die Afrikaanse musiekgroep Spoegwolf, in 2012 op Stellenbosch gestig om hul studentehuur te betaal, tree vandeesmaand by die jaarlikse somer-piekniekkonsert by Overhex Winery & Bistro naby Worcester op. Die vier musikante, (van links) broers Moskou en Danie du Toit, Albert van der Merwe en Chris von Wielligh, se vierde album, Koma , word in Februarie uitgereik. Vir…

access_time6 min.
julle sê ...

JY’S MEER AS GOED GENOEG Gisteraand het my hart effens gepyn . . . Goed, baie gepyn. Ons het ons eerste laerskool-prysuitdeling bygewoon, waar ’n magdom pryse uitgedeel is vir akademie, sport en kultuur. Ek onderskat geensins die harde werk, deursettingvermoë en tyd wat dit verg nie. En dis nie suur druiwe nie, want ons eie spruit het ook ’n paar pryse gewen met ’n bietjie harde werk en sy kunstalent wat ons hierdie jaar verras het. Dit het my egter begin pla dat ek enigsins sou omgee wat die ouers langs ons sou dink as hy net een, of selfs geen prys kry nie. Ek skaam my sommer vir myself ! Hoe word ’n mens so maklik in dié wêreld ingetrek? Ek kon “hoor” hoe die koppe om my in overdrive…

access_time1 min.
kersfees met herman: ons sarie-lesers sê dankie

Aktrise Jill Levenberg My siel is gelukkig. Dankie, Michélle van Breda, my maag is nou nog seer gelag! Ingrid Jones Die kos en wyn was heerlik! Dankie, Herman Lensing en die SARIE-span! Bitty Terblanche Dankie, Herman Lensing van SARIE Tydskrif! Dit was ’n kosfees! Rani Sidego Baie dankie aan elkeen wat deel was van die Kersete. Ons was Sondag daar en het dit baie geniet! Baie dankie aan Michélle en die pragtige dames wat ons so vriendelik en gasvry verwelkom het. Baie dankie Herman en die studente vir die ongelooflike kosreis. Dit was ’n wonderlike ervaring en ons het sulke wonderlike nuwe vriende gemaak by ons tafel. Ons het klaar afgespreek ons kry mekaar weer volgende jaar by SARIE se Kersfeesete.…

access_time1 min.
teken in & kry afslag teken in of hernu

3 redes waarom jy hierdie kans moet aangryp. Jou SARIEintekening beteken Jy weet jy sal nie ’n uitgawe misloop nie Jy kan kies: jy betaal maandeliks of eenmalig Dis ’n kans om jouself – of iemand vir wie jy omgee – te bederf 087 353 1300 subs@media24.com EN ONS KONTAK JOU SUBS SARIE na 32361 (geen leestekens) EN ONS KONTAK JOU (’n Tarief van R1 per SMS geld) Besoek SARIE.com vir gewone en digitale intekening Bepalings en voorwaardes is van toepassing: Jou intekening word voorsien op ’n vooruitbetaalde basis. Om ononderbroke diens te verseker sal jou intekenaarskap outomaties hernu word en die koste maandeliks verhaal word. Van tyd tot tyd kan die tariewe aangepas word om voorsiening te maak vir omslagprysverhogings. Ons kan ook die betaalinstruksies wysig om ooreen te stem met die tariewe. Dié aanbod geld net…

help