EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE July 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time8 min.
michellese...

REDAKTEURSBRIEF 6 Julie 1949. By SARIE ’n onthou-datum, elke jaar. Die dag toe Sarie Marais vir die eerste keer die strate en rakke getref en binne ure uitverkoop het. Regdeur Suid-Afrika tot bo in die destydse Rhodesië en Suidwes. Toe die langverwagte tydskrif uiteindelik in die hande van haar lesers was en haar reis oor sewe dekades begin het. Sewe dekades, dis ’n lang tyd. En nou is ’n ander tyd, ’n ander millennium, ’n ander wêreld. Ek wonder . . . wat sou die eerste klein groepie redaksielede gesê het as hulle SARIE vandag kon sien. Dalk verbaas gewees het dat ons nog sterk staan? Want in sewentig jaar het baie tydskrifte gekom en gegaan, die mededinging was fel en raak by die dag feller. Dit was juis die eerste redakteur se versugting dat…

access_time1 min.
het jy geweet?

Carike Keuzenkamp op die 1990-Kersuitgawe het verkope van 258 263 behaal, die meeste nog in ons bestaan. SARIE was die inspirasie vir die tydskrifte Visi, Weg, Lééf en die eerste aanlyn tydskrifwinkel, Spree. Dalene Matthee het haar skrywersloopbaan in 1974 in SARIE afgeskop met die verhaal “Mercurius se seun”. Lees ’n stukkie van haar 1986-onderhoud met SARIE se Izak de Villiers (bl. 62). Op bl. 166 is ’n uittreksel uit haar boek Fiela se kind. Vertaalde werke was ook in SARIE te lees, onder meer dié van Nadine Gordimer. Lees op bl. 63 hoe Suzette Truter haar 1998-onderhoud met die Nobelpryswenner onthou. Toe redakteur Fred le Roux in 1968 bedank het, was SARIE die grootste vrouetydskrif in die land met verkope van 100 000+. Vandag is SARIE SA se top-glanstydskrif en maak maandeliks…

access_time1 min.
ons wêreld

’N IKOON Coco Chanel was verlief op die kamelia en het dié blom dikwels in haar ontwerpe uitgebeeld. Die kamelia het ook ’n velsorgvoordeel: Dis superbevogtigend en versterk die velwand. Die vogroom* Chanel Hydra Beauty Camellia Water Cream bevat kamelia-ekstrak in ’n ligte, vloeibare formule. Dit absorbeer vinnig om jou vel in ’n kits vars, bevog en plomp te laat lyk. Gebruik dit soggens of wend dit net voor jou onderlaag aan vir ’n vel wat lyk asof dit van binne af straal. Prys: R1 000 * Vogroom is ’n SARIE-woord. Sien bl. 12. PLAT SKOENE IN DIE LUG Norwegian Air se jongste voorkomshandleiding het so ’n oproer veroorsaak dat die lugdiens aangekondig het hul vroulike kajuitpersoneel is nié meer verplig om grimering of hoëhakskoene te dra nie. (Aanvanklik moes hulle selfs buite die…

access_time1 min.
sarie-advertensies toe: verleidelik, vermaaklik, sjiek

SUPERSLIM VOGROOM Die velsorghuis Dermalogica put nou voordeel uit ons daaglikse blootstelling aan UV-strale. Hul nuwe alles-in-een-vogroom Dermalogica Prisma Protect Light-Activated Skin Defense SPF 30 (R1 099) bevat spesiale tegnologie wat ’n tipe groen alg in jou vel se fibroblaste (die selle wat kollageen en elastien vervaardig) vrystel. Sodra die alge aan UV-lig blootgestel word, stimuleer dit die fibroblaste, wat jou vel dan plomper en stralend laat lyk. Die formule beskerm jou vel teen tot 85% van besoedeling, aldus die velsorghuis.– Monica Pienaar ’N TV VIR MILLENNIËRS ’n Nuwe TV wat vertikaal kan draai, is deur Samsung bekendgestel. Die Sero is op millenniërs gemik vanweë hul voorliefde vir slimfone. Horisontaal funksioneer die Sero soos ’n standaard-slim-TV. Dié een kan jy egter 90 grade draai om Instagram en ander slimfoon-media wat vir vertikale skerms…

access_time1 min.
watter sarie-oomblik sal jy altyd onthou?

Griet Meyer Daardie eerste SARIE wat ek oopgemaak het toe ek so 15/16 was. Ek het by my niggies gekuier. Dit was hemels om dit deur te lees. Ná die vakansie het my ma ook die tydskrif gekoop. Ek glo nie ek het al een tydskrif gemis nie. SARIE, jy is tops. Jou verjaardag lê voor. Daardie uitgawe word veilig bewaar. Bibi Samuels Carolus Het jare die Voorbladgesigkompetisie gevolg . . . toe skryf my dogter in en sy wen. Die gevoel sal ek nooit in woorde kan beskryf nie . . . SARIE sal maar altyd my gunsteling-tydskrif bly. Met julle het haar drome waar geword . . . Hou so aan. * Charicke Carolus was kategoriewenner van SARIE Voorbladgesig 2018 Janine van Jaarsveldt Enige voorblad met Anna-Mart. Sy is tydloos en stylvol, nes SARIE. Antoinette…

access_time6 min.
julle sê ...

ONS BEHOORT HIER Tydens die afgelope verkiesing het ons as gesin baiekeer weer gewonder: Hoekom bly ons? Suid-Afrika is vol uitdagings en probleme. Ek het nie nodig om dit uit te lig nie. As mense my vra hoekom emigreer ons nie (want ons sou redelik maklik kon), is my antwoord altyd iets vaags oor ons familie wat hier is. Ek het onlangs besef dis nie die volle waarheid nie. Ons is hier gebore en miskien belangriker, so ook ons kinders. Hulle weet van en is ewe lief vir naweekbraai, biltong en droëwors, melktert, koeksisters, piesangbrood en Ina Paarman se sjokoladekoek; ek werk nog aan bobotie! Ons oudste dogter van nege weet wie is Siya Kolisi en skree net so hard saam vir die Bokke en die Stormers. Ons jongste het kom vertel ons nasionale…

help