EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
SARIESARIE

SARIE August 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: BIG40
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
michélle sê ...

Mense vra my gereeld wié die SARIE-leser is. Sy’s die vrou wat sáámgesels, antwoord ek. Iemand wat gesond nuuskierig is oor die wêreld. Wat luister en leer. Dinge wil weet en dinge wil ervaar. Wat floreer op inligting en inspirasie. Lief is vir Afrikaans, die land. En áltyd voeg ek by . . . sy’s ’n sterk vrou. Met die beplanning van die Augustus-uitgawe vra ’n redaksielid: Wat ís ’n sterk vrou? Die vraag vang my onkant. Want wát bedoel ek wanneer ek sê SARIE-lesers is “sterk vroue”? Die woord “sterk” het vir seker ’n manlike konnotasie. Is dít dan ’n sterk vrou – iemand wat gefokus vorentoe beur, emosies oënskynlik netjies onder beheer? En wat as jy nie sterk is nie – in jou eie oë of dalk in dié van ander. Beteken…

access_time2 min.
ons inspirasie

‘NÉT ONS TWEE’ ’n Soet oomblik en die son sak oor Santorini waar Blitsbok Werner Kok en sy meisie van baie jare, Zanyika, onlangs getroud is. Dit was nét hulle twee en ’n eilandsee. Nes hulle gedroom het. By SARIE se kantoor het ons ná die tyd saam met die paartjie foto’s gekyk en gekies vir hul eksklusiewe fotostorie op bl. 54. Mooier kon dit nie. Meer perfek kon hul “alleen”-troue nie gewees het nie. Vir ons pure inspirasie! – MvB Glas van die Venesiese eiland Murano – luuks en gesog al vir eeue. En die inspirasie agter die wondermooie bottel van die parfuum Jimmy Choo (sien bl. 92). Jimmy Choo-parfuums is ’n borg van SARIE Voorbladgesig 2019 500+ VROUE Dís hoeveel lesers al by Slanker met SARIE aangesluit het. Hoekom? Die oefen- en eetplanne is…

access_time4 min.
ons wêreld

SA SE QUEEN B ’N WENNER! Die bekende SA sosialemedia-persoonlikheid Bonang Matheba is in die Tsjeggiese hoofstad, Praag, as die inspirasie-eninvloedwenner by die Global Social Awards aangewys. Queen B, soos sy onder haar aanhangers bekend staan, het 2,7 miljoen Instagramen 3,47 miljoen Twittervolgelinge. Vanjaar het 40 invloedrykes van oor die wêreld deelgeneem. Bonang se eerste fliek, Public Figure, het ook in Junie by die internasionale dokumentêre filmfees Encounters in Kaapstad en Johannesburg gedebuteer. SUPERKOS VIR JOU VEL Skoonheidsprodukte en gesigbehandelings wat deur “superkosse” geïnspireer word, is deesdae ’n groot tendens. Dié kosse is ryk aan voedingstowwe soos antioksidante, viamiene en minerale en dus baie gesond – ook vir jou vel. Probeer gerus die plaaslike velsorghuis Placecol se drie nuwe Food for Facebehandelings. Vitamien A in die Oxygenating Vitamin A Facial sorg vir ’n…

access_time6 min.
julle sê ...

’N NUWE GENERASIE LESER Ek sit op ’n Maandagmôre op die stoep en lees my nuwe SARIE. Oor naweke neem drie woelwaters, werk, kerk en sosiale opvangsessies my tyd in beslag. Dis ’n prentjiemooi oggend en ek probeer nét daarop fokus, maar agter in my kop maal dit. My man, nog ’n jong, aantreklike 35-jarige wat plekplek begin grys word, sukkel met angs, hoofpyne en moontlik depressie. My geduld is op, my simpatie min en my mooi woorde het die pad gevat. Ek probeer die probleem analiseer en oplos met min sukses. Wat kan ek doen? Ek moet myself, die huis, my kinders, my werk, die kospotte en, helaas, my liewe man aan die gang hou. Die lewe is soms genadeloos, veral vir jong mans. Soveel druk en soveel verwagtinge. Ek kry ’n…

access_time1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma 021 406 3832 Anéne de Klerk (assistent) 021 406 4546 STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica Pienaar 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) SENIOR JOERNALIS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970…

access_time3 min.
nataniël sê ...

Gisteraand het ek die soveelste dokumentêre film oor die skokkende gevolge van goedkoop modes – “quick fashion” – op my rekenaar raakgeloop. Tieners en studente is uitgevra oor hulle kleredrag, die druk om by elke partytjie in ’n nuwe uitrusting te verskyn, hoeveel kledingstukke aangekoop maar nooit gedra word nie. Hulle het grappies gemaak, verbouereerd verduidelik dat hulle nie geld mors nie (hulle staan tou by uitverkopings), gegril vir die idee van klere herhaaldelik dra, geglimlag oor die aanbidding van gesogte handelsname en bleek geraak toe daar gevra is of stukkende klere ooit herstel word. Tonne en tonne klere word elke jaar weggegooi, die meeste hiervan is bitter min gedra, nie altyd weens die koper se hoogmoed nie, dikwels omdat dit van so ’n swak gehalte was dat dit ná een…

help